Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Ek het gehuil, sê Kallie
Jul 14 2008 08:36:47:200AM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Verwante Berigte
  • Tannie Riekie se plek is leeg
  • 2006: 'Die Bek vergeet nie sy vriende'
  • Die voormalige Suid-Afrikaanse swaargewig-bokskampioen Mike "Die Tenk" Schutte (57) is vroeg Maandag in Vanderbijlpark dood.

    Volgens Sapa is Schutte omstreeks 04:00 oorlede, moontlik omdat sy organe ingegee het, nadat hy 'n ruk gelede siek geword het.

    Hy was 'n onderskatte bokser wat in die middel-sestigerjare so byna teen die legendariese Muhammad Ali geveg het.

    Schutte, wat deur wyle Alan Toweel afgerig is, sal hoofsaaklik onthou word vir sy gevegte teen mede-Suid-Afrikaners Jimmy Richards, Kallie Knoetze en Gerrie Coetzee.

    Hy het die SA swaargewigtitel in 1975 gewen toe hy Richards verslaan het, maar moes dié kroon die volgende jaar aan Coetzee afstaan.

    Knoetze het Maandag aan Sapa gesê hy het gehuil toe hy van sy eertydse vyand (in die kryt) en later goeie vriend se dood verneem het.

    "As ons in die kryt ontmoet het, het ons mekaar met oorgawe getakel. Daardie selfde passie is later oorgedra na ons vriendskap - ek het 'n dierbare vriend verloor," het Knoetze gesê.

    "Van der Merwe-grappe was die in-ding in Suid-Afrika voordat hulle met Mike en Kallie-grappe vervang is.

    "Ons het dié grappe net soveel geniet as hulle wat dit vertel het. Ja, Mike het daarvan gehou om met homself te spot en dit het van hom die goeie vriend en persoon gemaak wat hy was."

    Schutte se begrafnis vind Donderdag plaas. - Sapa

    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |