Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Misdaad volg haar
Jul 15 2008 08:21:28:623AM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Tisha Steyn

George. - Me. Marissa Coetzee, die jong vrou wat verlede week grusaam hier vermoor is, het onlangs van Heidelberg in Gauteng hierheen verhuis om weg te kom van die vlaag misdaad.

So het Coetzee se werkgewer ge?sê enkele ure nadat 'n forse rugbyspeler van Blan?co, mnr. Vernon de Koker (24), in die landdroshof op aanklag van die moord verskyn het.

Coetzee (20) se lyk is Vrydagoggend naby 'n uitkykplek langs die Outeniekwapas gevind.

"Die verdagte is Saterdag omstreeks 11:00 deur die ondersoekbeampte, insp. Alie du Plessis, in Fortuinstraat in Blanco gearresteer," het mnr. Ntobeko Mangqwengqwe , polisiewoordvoerder, gister gesê.

De Koker het tot in 2005 vir Blanco United in die voorry as stut gesak. Mnr. Kevin van Wyk, klubvoorsitter, het gisteraand gesê hy is oorbluf en was baie geskok om te hoor dat De Koker aangekla word van moord.

"Hy is een van die gaafste en stilste mense wat ek nog ontmoet het."

De Koker was gister geklee in jeans en 'n grys baadjie en het strak voor hom uitgestaar. Die saak is tot môre uitgestel om hom geleentheid te gee om 'n regsverteenwoordiger aan te stel. Hy bly intussen in aanhouding.

Mnr. Stuart Tracey, eienaar van die Glenwood-kortgholfbaan in Knysnaweg waar Coetzee heeltyds gewerk het, was geskok. "Sy was 'n pragtige meisie. Haar glimlag het 'n vertrek opgehelder. Sy het in die winkel en op die oefenbof gehelp en was ook besig om saam met my 'n boekie saam te stel om kinders te leer gholf speel.

"Dis so 'n sinnelose moord. Om te dink sy het ?George toe gekom om weg te kom van misdaad af."

"Marissa het sowat drie maande gelede in George kom woon en het op 1 Mei by ons begin werk," het me. Retha Brink, 'n kollega by die gholklub, gesê.

"Marissa het Vrydag omstreeks 08:50 gebel en gesê haar bakkie sit in die modder vas by haar tuinwoonstel in Blanco, maar dat sy sommer iemand wat verbygeloop het gevra het om haar te help. Dit was die laaste keer wat ek met haar gepraat het."

Volgens Brink het sy aangehou bel, maar Coetzee het nie haar selfoon geantwoord nie. "Toe sy teen 10:00 nog nie opgedaag het nie, het mnr. Blanche Lamprecht, haar vriend wat ook by ons werk, sy ouers gevra om te gaan kyk of sy oukei is."

Omstreeks 13:20 het die polisie Brink ingelig Coetzee se lyk is gevind. Die polisie het haar Toyota-bakkie later in Blanco opgespoor.

"Sy was 'n sprankelende, slim meisie," het Brink gesê.

Coetzee se ouers, mnr. Stef en mev. Elmarie Coetzee, het gister in George aangekom. Hulle was te hartseer om met Beeld te praat.

Inwoners van Montagu?straat, die hoofroete na die gholfoord Fancourt, het gesê hulle het Vrydagoggend niks verdag by die tuinwoonstel agter die huis opgemerk nie.

"Hier loop baie mense verby van Geelhoutboom na die drankwinkel," het een van die inwoners gesê.

Mnr. Marcel Nysschen, bestuurder van die voormalige Blou Bul-rugbykaptein Anton Leonard se koffie?winkel, waar sy naweke gewerk het, het gesê Coetzee het einde verlede maand daar begin werk en was " 'n baie, baie oulike meisie".

Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |