Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Armoede verskoon nie moord, sê regter
Jul 15 2008 10:23:22:320PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend

“Ons het miljoene der miljoene arm mense in hierdie land. As hulle almal moord gepleeg het om na hulself om te sien, sou ons almal uitgewis gewees het.”

So het waarnemende regter Ephraim Makgoba gister gesê toe hy ’n melkboer se moordenaar lewenslange tronkstraf opgelê het.

Makgoba het gesê Steven Moloi, wat mnr. Hannes Botha (64) vermoor het, se arm verlede kan nie in sy guns tel nie.

’n “Genadelose” moord is op Botha, van Evander, gepleeg, het Makgoba gesê.

Die Pretoriase hooggeregshof het Moloi (24), van Phuthaditjhaba, ook tot 35 jaar tronkstraf gevonnis omdat hy Botha beroof het.

Die twee vonnisse word samelopend uitgedien. Makgoba het gesê geen woorde kan die gruwel beskryf wat Moloi in September 2006 gepleeg het nie.

Botha is in die kop geskiet en van sowat R800 beroof terwyl hy en drie werknemers melk in die eMbalenhle-township naby Evander afgelewer het.

Me. Ethel Delport, een van Botha se werknemers, is gedwing om die bloedbesmeerde geld te oorhandig terwyl ’n vuurwapen teen haar kop gedruk is.

Delport het haar bloeiende baas probeer help, maar hy het agter sy bakkie se stuurwiel gesterf.

Moloi is die volgende dag gearresteer nadat die polisie die bloedbesmeerde geld en moordwapen in sy plakkershut gekry het.

Botha se weduwee, Anna, het haar teleurstelling ná die verhoor uitgespreek. Sy het gesê sy glo een van haar man se moordenaars is steeds op vrye voete.

Sy het gesê haar man het jare melk afgelewer in eMbalenhle se armste dele en baie mense het hom goed geken. Hy het dikwels gratis melk gegee aan bejaardes en ma’s met babas. – Sapa


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |