Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
||||||||||||||||||||||
|
Plaaswerkers sê hulle het nog gekaap en geskiet
Leandra. – Die polisie soek na twee motoriste wat vermoedelik kapingslagoffers was van plaaswerkers wat weens die moord op ’n boer aangekeer is. Mnre. Johannes Stempie Mokoena (27) en Samuel Mbonani (19) is op 10 Julie in hegtenis geneem weens die moord op mnr. Tienie Nel (33). Nel is op 2 Julie voor sy vrou, Nicolene, en twee kinders, Zanell (2) en Nico (sewe weke), in hul motor geskiet toe twee mans hulle by die plaas Kafferspruit gekaap het. Die mans het na bewering dieselfde dag by ’n huis op die plaas waar hulle gewerk het, Brakspruit, ingebreek en die gesteelde goedere op ’n trekker en ’n sleepwa gelaai en gevlug. Hulle het glo die Nels gekaap kort nadat die trekker onklaar geraak het. Nel is twee keer geskiet en op pad na die hospitaal dood. Mokoena en Mbonani is ’n week ná die moord in Lebohang, ’n woonbuurt van Leandra, aangekeer toe hulle na bewering ’n winkeltjie beroof en op die eienaar geskiet het. ’n Derde man, mnr. Lucky Rantise (19), is saam met hulle in verband met die sake van roof en poging tot moord in Lebohang in hegtenis geneem. ’n Rewolwer wat by die Brakspruit-inbraak gesteel is en ook vermoedelik gebruik is om Nel mee te skiet is by hulle gevind. Hulle het op 11 Julie in die Leandra-landdroshof verskyn. Volgens konst. Khabo Skhosana, woordvoerder van die Leandra-polisie, het Mokoena en Mbonani Maandag die moord-toneel uitgewys, asook ander gesteelde vuurwapens se wegsteekplek. “Ons het die gesteelde vuur-wapens, ’n .308-jaggeweer en ’n windbuks, tussen bosse in ’n veld by Brackenhurst naby Alberton gevind.” Mokoena en Mbonani het intussen beweer dat hulle ná die misdaad na Orange Farm gevlug het waar hulle glo nog twee motoriste gekaap het. “ ’n Man is van sy Jeep Cherokee beroof en later het hulle na bewering nog ’n motoris se Mercedez-Benz gekaap. Dié man is glo in die been geskiet.” Leandra se speurders kon tot dusver geen inligting oor dié voorvalle kry nie. Mense wat dalk kan help, word gevra om insp. Aron Moyo by 079 220 4212 te bel.
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|