Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

'Bid dat Zim-regering val'
Jul 16 2008 10:40:25:390PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Dr. Allan Boesak pleit vir 'n sterk kerklike standpunt oor Zimbabwe by die kerklike spitsberaad oor dié land wat vandag in Benoni ten einde loop. Foto: Mario van de Wall
Verwante Berigte
  • Boesak noem Bob 'n skurk
  • Hoofartikel: Mbeki
  • SA kwaad vir VSA oor Mbeki
  • Cosatu vra wêreldwye boikot
  • Paar sit grondstryd voort
  • Neels Jackson


    njackson@beeld.com

    Dr. Allan Boesak, assessor van die Verenigende Gereformeerde Kerk, het gister gevra dat Suid-Afrikaanse kerke moet bid vir die val van die Zimbabwiese regering.

    Boesak se versoek gister in Benoni op ’n kerklike spitsberaad oor dié buurstaat van Suid-Afrika is ’n eggo van ’n soortgelyke beroep wat hy in 1979 en weer in 1985 ten opsigte van die destydse apartheidsbewind in Suid-Afrika gedoen het.

    Boesak het gister voorgestel dat so ’n veldtog met ’n groot ekumeniese erediens by Beitbrug begin moet word.

    Mnr. Eddie Makue, hoofsekretaris van die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke, het gesê hulle neem kennis van Boesak se versoek en dit sal verder deur die raad se leiers bespreek word.

    Boesak het vertel hoe hy destyds beskuldig is van aanhitsing tot geweld teen die regering met sy oproep.

    Sy reaksie was hy skryf nie vir God voor hoe die bewindsverandering moet plaasvind nie, maar vra net dat dit moet gebeur.

    Nadat kerke in 1985 met ’n gebedsveldtog vir die beëindiging van onregverdige regering begin het, is die laaste wit verkiesing in 1989 gehou, P.W. Botha se bewind het tot ’n einde gekom, die verbod op die bevrydingsbewegings is in 1990 opgehef, oud-pres. Nelson Mandela is uit die tronk vrygelaat en twee jaar later was onderhandelinge vir ’n nuwe bedeling op koers.

    Boesak het gesê hy is baie sterk oortuig van die krag van gebed, maar ook gewaarsku teen ’n soort gebed wat ’n verskoning word om niks te doen nie.

    ’n Mens moenie vir iets bid as jy nie bereid is dat God jou gaan gebruik om dit te bewerkstellig nie, het Boesak gesê.

    Hy het gesê die Zimbabwiese regering beskou enige pleidooi vir ’n bewindsverandering in die land as verraad.

    Daarom kan so ’n veldtog mense in Zimbabwe hul lewe kos.

    Hy het ook verwys na pres. Robert Mugabe se uitlating dat net God hom uit die kussings kan lig.

    Sy reaksie was: “God, U het hom gehoor. Verwyder hom nou, asseblief.”


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |