Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
|||||||||||||||||||||||||
|
Vermoorde was 'ware heer'
’n Ware heer en opregte "gentle giant". Dit is hoe mev. Nicky van Veijeren haar “ses-voet-vier” lange peetkind, mnr. Jan-Daniel Venter (21), wat Maandag op die plaas Blikkor naby Komatipoort vermoor is, gister beskryf het. Venter en sy pa, Jan (56), is omstreeks 17:00 in hul huurhuis aangeval. Venter jr., ’n deeltydse regstudent in sy tweede jaar, is doodgeskiet toe hy met ’n stoel in die hand op die rowers afgestorm het. Hy is nege keer in die bors en maag geskiet en is minute later dood. Volgens Van Veijeren het die rowers selfs ’n silwer ring van Venter jr. se pinkie afgeruk toe hulle verby sy lyk van die moordtoneel af gevlug het. “Hoe gewetenloos kan ’n mens wees?” Venter sr. is tydens die skietery in die skouer getref. Die koeëlpunt sit steeds daar vas. Venter jr. se boerboelhond, Boela, is ook deur ’n koeël in die poot getref. Die gewonde Boela het ná die skietery bo-op sy vermoorde baas se lyk gaan lê. Die polisie kon aanvanklik nie naby Venter jr. se lyk kom nie omdat die hond baie aggressief was. Hy is glo later deur Venter sr. weggelei en in ’n kamer toegesluit. Van Veijeren (Venter sr. se suster) het gesê hoewel Jan-Daniel se ouers jare lank al geskei is, het hy absoluut vir hulle geleef. “Hy was ’n diep Christen en het ’n hart van goud gehad. “En nou moes sy jong lewe deur gewetenlose buffels van hom weggeneem word,” het Van Veijeren gesê. “Die gesin is platgeslaan. Hulle is stukkend. “Dit gaan glad nie goed met hulle nie,” het Van Veijeren gesê. Pa en seun het Maandagaand TV gekyk toe die drie rowers by die plaashuis instorm. Venter jr. is geskiet toe hy op die rowers afgestorm het. “Hy het dit gedoen om sy pa te beskerm en het sy lewe opgeoffer,” het Van Veijeren gesê. ’n Taakspan van die polisie was gistermiddag reeds warm op die spoor van die drie verdagtes. Venter sr. se bakkie wat ná die moord gesteel is, is gisteroggend naby die Mosambiekse grens gevind. Dit staan tans by die Tonga-polisiekantoor, het konst. Richard Khumalo, polisiewoordvoerder, gesê.
|
|||||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|