Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Stiefpa in hof oor hy drie glo molesteer
Jul 22 2008 06:57:00:150PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Gloria Edwards

’n Stiefpa van drie het eergister in die Heidelbergse landdroshof verskyn nadat hy hulle glo jare lank gemolesteer het.

Die man (38), ’n motorwerktuigkundige, het glo sy stiefdogters, onderskeidelik 23 en 19, en stiefseun (16) gemolesteer en glo vir hulle geld gegee om stil te bly.

Insp. Christine de Beer, ondersoekbeampte, het gesê die man is op 7 Julie in hegtenis geneem nadat die polisie ’n week lank na hom gesoek het. Hy het dieselfde dag in die hof verskyn op twee aanklagte van onsedelike aanranding (van die 16- en 19-jarige kinders) en is op borgtog van R1 000 vrygelaat. “ ’n Derde klag (van die 23-jarige) sal na verwagting binnekort bygevoeg word.”

Die 19-jarige dogter het beweer sy is glo een keer, haar broer glo van verlede jaar en haar suster glo sowat drie jaar lank gemolesteer.

Al drie ontvang tans berading.

Die saak is tot 4 Augustus uitgestel. – Gloria Edwards


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |