Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Hof beveel blad om inligting dig te hou
Jul 22 2008 07:02:21:190PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend

Die dagblad Business Day is gister in die Johannesburgse hooggeregshof amptelik beveel om nié die inhoud van “sensitiewe” dokumente van die Nasionale Intelligensie-agentskap (NIA) te publiseer nie.

Dít nadat die NIA eergister voor regter Moroa Tsoka aansoek gedoen het om die publikasie stop te sit van die inhoud van NIA-dokumente wat Business Day in sy besit gehad het.

Gister het Tsoka in die hof gesê Business Day het Donderdag ’n media-navraag aan die NIA gerig, waarna die NIA besef het dié koerant het “geklassifiseerde” NIA-dokumente.

Die NIA het onmiddellik daarop aangedring dat die koerant onderneem om nie die inhoud daarvan te publiseer nie.

“Geen so ’n onderneming is gemaak nie,” het Tsoka gesê.

Die NIA het hom toe noodgedwonge tot die hof gewend, het Tsoka gesê. – Magdel Fourie


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |