Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
|||||||||||||||||||||
|
SA vloot kan teen seerowers help veg
Stellenbosch. – Die Suid-Afrikaanse vloot kan eersdaags betrokke begin raak by die stryd om seerowery aan Afrika se kusgebiede te bekamp. Die reuse-toename in maritieme misdaad het dit nou genoodsaak dat die Suid-Afrikaanse vloot en die vlote van die streek ’n meer aggressiewe rol in die bekamping daarvan moet speel. So het vise-adm. Johannes Mudimu, hoof van die vloot, gister die situasie rondom maritieme veiligheid in Suider-Afrika op ’n konferensie by die Stellenbosse Instituut vir Gevorderde Studie opgesom. Volgens Mudimu het toestande aan die Somaliese kus en veral onlangs in die Nigerdelta dermate verswak dat dit die vooruitgang van die vasteland se ekonomieë kan begin beïnvloed. “Ons vloot het die toerusting en die vermoë om ’n meer aggressiewe rol te speel, sowel as om meer in vredesoperasies betrokke te raak,” het Mudimu gesê. – Erika Gibson
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|