Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Ouderling in hof oor molestering
Jul 22 2008 07:32:49:377PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Mnr. Alwyn Zandberg
Gloria Edwards

’n Vooraanstaande kerkman van die Oos-Rand wat destyds weens korrupsie uit die polisie geskors is, het gister in die Benoni-landdroshof op 'n aanklag van die onsedelike aanranding van ’n 14-jarige meisie verskyn.

Mnr. Alwyn Johannes Zandberg (67), ’n ouderling in ’n kerk in Witfield, het op 10 Maart skuldig gepleit dat hy die meisie (toe 14) glo twee jaar lank gemolesteer het.

Die meisie (nou 16) se pa het gister gesê hy het op 11 Mei verlede jaar uitgevind wat Zandberg met sy dogter “aangevang” het.

“Ons was so geskok. Hoe kon ons dit nie raakgesien het nie? Mens dink mos nie dit kan met jou gesin gebeur nie.”

Hy het bygevoeg dat sy dogter steeds sukkel om dit te verwerk. “Sy is vreeslik getraumatiseer en sukkel nou met gedragsprobleme.”

Mev. Alda Smit, die maatskaplike werker wat die saak hanteer, het gesê die emosionele skade wat aan die meisie gedoen is, is oorweldigend. “Dit het ’n lang termyn letsel gelaat wat waarskynlik haar verhoudinge in die toekoms sal benadeel.”

Luidens berigte in The Citizen is Zandberg in 1984 as adjudant-offisier van die Hillbrow-polisie geskors nadat hy glo aan korrupsie skuldig bevind en ’n opgeskorte vonnis opgelê is. Hy is aangekla dat hy glo omkoopgeld van twee moordverdagtes ontvang het.

Die onsedelike aanrandingsaak is gister na 28 Augustus uitgestel vir vonnis, nadat landdros Ian Cox, wat Zandberg gister sou vonnis, besluit het om die verslae van ’n sielkundige en twee maatskaplike werkers te bestudeer voordat hy op ’n gepaste vonnis besluit.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |