Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Vavi-verklaring ‘voldoende’
Jul 22 2008 08:28:18:150PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Herman Scholtz

Mnr. Zwelinzima Vavi, sekretaris-generaal van die vakverbond Cosatu, meen steeds comrades moet bereid wees om dood te maak vir mnr. Jacob Zuma – en die Menseregtekommissie (MRK) het gister bes gegee in sy eise dat Vavi dié stellings terugtrek.

Vavi het vroeër tydens die begrafnis van me. Pretty Nomhle Singonzo-Shuping, ’n struggle-held, die omstrede stelling herhaal dat comrades bereid moet wees om “dood te maak vir Zuma”.

Die MRK se onderhandelings met Vavi het dieselfde verloop as dié met mnr. Julius Malema, ANC-jeugleier, wat vroeër ook verskoon is sonder om sy uitlatings terug te trek.

Anders as Malema het Vavi ook nie die onderneming gegee om nie weer die uitdrukking te gebruik nie.

’n Afvaardiging van Cosatu het gister sy sekretaris-generaal ondersteun in sy gesprek met die MRK by dié se kantore in Johannesburg.

Ná byna vyf uur se onderhandelings het Vavi ’n verklaring onderteken wat deur die MRK aanvaar is.

“Ek het bloot ’n beginsel verkondig dat comrades mekaar moet verdedig en dit mag doodmaak insluit indien nodig. Ek verstaan dat die woord ‘doodmaak’ teen sekere mense se sensitiwiteite indruis en daaroor is ek spyt. Dit verander nie aan die beginsel dat gewapende verdediging altyd ’n moontlikheid is nie, maar nie onder die huidige omstandighede nie,” lui die verklaring.

Op ’n vraag van verslaggewers of hy nie om verskoning gaan vra vir sy uitlatings nie, het hy gesê: “Vir wie moet ek jammer sê? Vir julle?”

Mnr. Jody Kollapen, MRK-voorsitter, het toe gesê hy beskou Vavi se verklaring as voldoende en die saak as afgehandel.

“Mnr. Vavi het sy spyt uitgespreek dat die stelling ander mense ontstel het en dit is genoeg vir ons. Hy stem saam ‘doodmaak’ is ’n baie sterk woord.”

Die MRK het vroeër gedreig om Malema en Vavi voor die gelykheidshof te dagvaar indien hulle nie die stellings terugtrek nie.

Nie een van die partye wou sê wat die verskille en brandpunte in die marathongesprek was nie.

Me. Alina Rantsolase, tesourier van Cosatu, het teruggekap en gesê dit maak nie saak waaroor die gesprek gegaan het nie.

“Al wat saak maak, is dat die partye mekaar verstaan.”


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |