Gautrein in Beeld
Die Gautrein-projek vorder fluks. Loanna Hoffman het haar kamera byderhand gehad.
Beeld
Wie het wie verneder?
Weideman het dalk bietjie tee oor haar gekry voor 10 of 20 of 100 mense...

Leserskommentaar onderaan.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote


‘Leeumoordenaar’ oor vier weke vrygelaat
Jul 24 2008 10:41:21:290PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend



Mark Scott-Crossley (40), die sogenaamde “leeumoordenaar” van Hoedspruit, sal op 21 Augustus uit die tronk vrygelaat word.

Scott-Crossley is in 2005 lewenslank tronk toe gestuur nadat hy in die hooggeregshof aan “die afgryslike moord” op mnr. Nelson Chisale skuldig bevind is.

Die bevinding van die hof was dat hy en een van sy plaaswerkers Chisale erg aangerand het en daarna lewend in ’n leeukamp gegooi het om deur die leeus verskeur te word.

Die verhoor het landwyd opspraak gemaak. Scott-Crossley, wat ná sy skuldigbevinding die “leeumoordenaar” genoem is, het teen sy skuldigbevinding en vonnis appèl aangeteken, maar die hooggeregshof wou nie verlof tot appèl gee nie.

Daarna is ’n versoekskrif vir appèl aan die president van die appèlhof, regter Craig Howie, voorgelê en die appèlhof het verlof tot appèl toegestaan. Die appèl was suksesvol.

Beeld het gister bevestiging gekry dat die paroolraad ingestem het dat Scott-Crossley op 21 Augustus op parool vrygelaat mag word. Dié vrylating kan egter ingetrek word as Scott-Crossley hom tussen nou en 21 Augustus in die tronk aan wangedrag skuldig maak. – Philip de Bruin


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |