Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

'Die kamer was vol bloed soos hulle my ma geslaan het'
Jul 27 2008 09:05:48:690PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Me. Elsje Mulder (76) in die hospitaal. Foto: Elsab?oetzee
Marietie Louw-Carstens


Polokwane. –’n Bejaarde vrou van Levubu in Limpopo is ernstig beseer toe drie rowers haar in haar plaashuis oorval, vasgebind en herhaaldelik oor die kop en in die gesig geslaan het.

Me. Elsje Mulder (76) se aanvallers het ook op haar getrap waar sy vasgebind op die mat in haar slaapkamer gelê het.

Mulder het eers etlike ure nadat sy vasgebind is, daarin geslaag om haar seun, Johan, wat naby haar woon, te bel.

Mulder is gisteroggend uit die Soutpansberg-kliniek ontslaan ná die gru-aanval verlede Donderdagaand.

Sy was gister nog op sterk pynmedikasie en sterk aan by haar dogter, me. Elsabé Coetzee, wat ook op ’n plaas in die Levubu-gebied woon.

“Die kamer was vol bloed soos hulle my ma geslaan het,” het Coetzee gesê. “Dit is verskriklik.” Hulle vermoed haar ma het in ’n stadium haar bewussyn verloor.

Die aanval het Donderdagaand plaasgevind. Mulder het haar honde buite die huis hoor blaf en het ’n houtdeur vir hulle oopgemaak.

“My ma het toe ook die staalhek voor die houtdeur oopgemaak. Dit is toe dat sy die drie rowers gesien het. Hulle was te vinnig op haar voordat sy die staalhek kon toedruk,” het Coetzee gesê.

Die drie mans het Mulder na haar slaapkamer gevat en haar hande met ’n stuk rek vasgebind. Sy het op die mat gelê.

Die rowers het haar toe aangerand en daarna die huis geplunder. Hulle het met Mulder se bankkaarte, ’n selfoon en kontant gevlug.

Mulder het eers omstreeks 02:00 die oggend kombuis toe gestrompel en met ’n gesukkel ’n mes gekry om haar hande mee los te sny. Sy het daarna haar seun gebel en is na die hospitaal geneem.

Die polisie het intussen vyf verdagtes vir ondervraging in hegtenis geneem.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |