Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Man sterf ná rooftog op plaas by Nelspruit
Jul 28 2008 10:56:47:737PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Verwante Berigte
  • Egpaar oorval ná huweliksete
  • Buks Viljoen


    Mnr. Charles du Plessis (62), wat voorverlede Vrydag tydens ’n aanval op sy plaas buite Nelspruit in die maag gewond is, is dood.

    Du Plessis, van Sterkspruit, is gewond pas nadat hy en sy vrou, Marietjie, die aand van hul huweliksherdenkingsete in Nelspruit by die huis aangekom het.

    Sedert die aanval is Du Plessis, wat jare lank voorsitter van die plaaslike tak van AgriSA in die Laeveld was, in die waaksaal van Nelspruit Medi-Clinic behandel. Hy het nooit sy bewussyn herwin nie.

    Sy toestand het die afgelope paar dae dramaties versleg en hy moes later aan lewensondersteunende toestelle gekoppel word.

    Volgens ’n vriend van die gesin, mnr. Gerhard de Bruin, is die masjiene Sondagmiddag afgeskakel waarna hy dood is.

    Die Du Plessis’s se twee Mitsubishi-voertuie, ’n Pajero en ’n Colt-bakkie, is in die rooftog gebuit.

    Die voertuie is die volgende dag naby Malelane in die Onderberg ontdek waar dit in bosse langs die N4 versteek was.

    Supt. Gerrie Agenbag, bevelvoerder van die speurtak op Nelspruit, het gesê hulle volg steeds verskeie leidrade op, maar dat nog geen verdagtes aangekeer is nie. Begrafnisreëlings was gister nog nie gefinaliseer nie.


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |