Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Man van lughawe agtervolg, beroof
Aug 11 2008 10:21:57:463PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Mnr. Hugo Human (31) word Saterdagaand behandel deur een van die Amerikaanse dokters wat sendingwerk in Suid-Afrika kom doen.
André Damons


’n Pretoriase sendeling is die afgelope naweek vermoedelik agtervolg, gekaap, beroof en aangerand nadat hy Amerikaanse sendelinge en dokters by die O.R. Tambo-lughawe opgelaai het.

Vier mans in twee motors het hom Saterdagaand omstreeks 20:00 van die R104 buite Atteridgeville naby Pretoria gedwing, het mnr. Hugo Human (31) van Elandsfontein naby Pelindaba, gister aan Beeld vertel.

Al die bagasie was op Human se bakkie, terwyl die besoekers en nóg Suid-Afrikaners vooruit gery het – onbewus van wat met Human agter hulle gebeur. 

Die rowers het sy selfoon en beursie gesteel én met sy bakkie met die sendelinge se bagasie weggery.

Dié Nissan-bakkie is onlangs gesteel, maar gou weer teruggevind.

Twee van die 13 tasse wat agter op die bakkie was, is mediese voorraad van sowat R4 200, wat die besoekers saamgebring het vir hulle werk in die Refilwe -en Zandspruit-plakkerskamp.

“Een van die motors het stadig met sy noodligte aan voor my gery.

“Hy het ál stadiger gery. Later het ek besluit om hom verby te steek, maar toe ry hy weer vinniger.

“ ’n Motor het van agter in my vas gery en vier keer daarna gestamp. Hulle het my van die pad gedwing. Ek kon nie vorentoe of agtertoe nie,” het Human gesê.

Hy was sowat drie jaar gelede ook ’n misdaadslagoffer toe hy in Johannesburg oorval en beroof is.

Volgens hom het die bestuurder van die agterste motor uitgeklim en vir hom gevra wat doen hy.

Die bestuurder van die voorste motor het toe ook uitgeklim en na sy motor geloop.

Die mans het sy sakke deursoek en sy selfoon en beursie gevat.

Een van die rowers het hom met die pistool oor die kop geslaan toe hy hulle gesoebat het om sy bakkie te vat, maar hom te los.

Hulle het hom met ’n bebloede kop in die kattebak van die voorste motor gelaai.

Hy het later steke gekry en is deur een van die Amerikaanse dokters behandel.

Sy ontvoerders het hom in Atteridgeville afgelaai en weggery, maar weer teruggekom om sy bakkie se sleutels te vra.

Hy het sowat 5 km huis toe gestap.

“Ek het besef dat net God ons land kan red.

“Ek is dankbaar dat ek nog lewe en oukei is.

“Ek het hulle onmiddellik vergewe, want ek wil nie met woede en haat rondloop nie,” het hy gesê.

Mnr. Steve Kingsley van die Sebenzela-bediening het gesê die verlies van mediese voorraad kan die hoeveelheid mense raak wat die drie dokters en twee tandartse van die VSA sal kan behandel.

“Ons beplan om sowat 200 mense ’n dag te behandel en ek hoop nie die diefstal raak hul werk nie.

“Ons behoort uit te kom met die voorraad wat ons nog het, omdat ons baie spaarsamig gewerk het.

“Soos Jesus tot God gebid en die brood vermenigvuldig het, so bid ons dat Hy ook die medisyne sal vermenigvuldig.”

Die polisie kon nie gister die voorval bevestig nie.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |