Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Cool! Koeëlvaste modedrag!
Die jongste modes is nie net gemaak volgens die snit en kleur van die seisoen nie – dit is ook koeëlvas. Miguel Caballero se unieke klerereeks is gisteraand by The Venue in Melrose Arch, Johannesburg, bekendgestel. Dié koeëlvaste reeks, wat bestaan uit onder meer pakke, leerbaadjies en gemaksdrag, het sy oorsprong in Colombia, die land wat die grootste risiko vir persoonlike veiligheid ter wêreld inhou. Dié soort veiligheid is egter nie goedkoop nie – kopers sal sowat R20 000 vir ’n baadjie moet opdok. Gemak is egter nie ’n kwessie nie, aangesien die klerereeks gemaak is van verkoelingsmateriaal wat die draer se liggaamstemperatuur monitor en konstant bly tussen 13°C en 17°C. Die Miguel Caballero-handelsmerk staan bekend as die Armani van veiligheidsdrag en materiale soos sweedse leer, leer en koordferweel word gebruik. ’n Baadjie is by gisteraand se bekendstelling opgeveil en die wins geskenk aan Courtney Ellerbeck (8), wat verlam is toe sy voor haar geboorte in haar ma se baarmoeder deur ’n rower geskiet is. Mooi én veilig
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|