Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Kenner help Becker se prokureur
Aug 13 2008 10:23:56:393PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Verwante Berigte
  • 'God is by my kind'
  • Dít wag op W'kloof-4
  • Tronkdeure klap agter Christoff Becker toe
  • 'Ek is onskuldig, maar sal dit soos 'n man vat'
  • Philip de Bruin


    Een van Suid-Afrika se topkenners van die konstitusionele reg sit gereed om ’n tweede borgtogaansoek namens Christoff Becker in die hooggeregshof te bring.

    Dié wending in die Waterkloof-vier-sage is laat gisteraand deur mnr. Harry Pretorius, Becker se prokureur, aan Beeld bevestig.

    Pretorius (met verskyningsbevoegdheid in die hooggeregshof) het tot dusver Becker se saak alleen hanteer. Nadat regters W. Seriti en J. Ebersohn Maandag in die hooggeregshof geweier het om Becker se borgtog te verleng hangende ’n appèlaansoek na die konstitusionele hof, het Pretorius besluit om die hulp van adv. Con Hartzenberg SC van KwaZulu-Natal in te roep.

    Hartzenberg word beskou as een van die land se topregspraktisyns in die konstitusionele reg.

    Die belangrikste rede waarom Becker se borgtog Maandag geweier is, is omdat die twee regters gemeen het hy het nie veel kans om suksesvol in die konstitusionele hof aansoek om appèl te doen nie.

    “Met adv. Hartzenberg se hulp het ons egter nou grondwetlike punte geïdentifiseer waarop die grondwetlikheid van Christoff se verhoor aangeval kan word. Aanvanklik het ek net daarop gekonsentreer dat Christoff geen regverdige verhoor gehad het nie omdat sy gewese regspan nie al sy opdragte nagekom het nie.

    “Nou is daar nog punte bekend, almal onder die vaandel van die grondwetlike reg op ’n billike verhoor, wat ons gaan aanvoer. Ek het nou geen twyfel meer dat die konstitusionele hof ons appèlaansoek vir mondelinge betoog sal verwys nie.

    “As dit gebeur, sal ek en adv. Hartzenberg onmiddellik ’n nuwe borgtogaansoek bring. As die konstitusionele hof ons aansoek vir mondelinge betoog verwys, beteken dit dat dié hof se regters tog die moontlikheid van ’n suksesvolle appèl voorsien. Dan verval regters Seriti en Ebersohn se rede waarom hulle nie Christoff se borgtog wou verleng nie.

    “Christoff het boonop oor en oor bewys dat hy geen vlugrisiko is nie.”

    As die konstitusionele hof egter weier om die aansoek vir mondelinge betoog te verwys en dit summier weier, sal Becker die res van sy tronkstraf van 12 jaar moet uitdien.

    Mnr. Oeloff de Meyer, die ander drie – Reinach Tiedt, Gert van Schalkwyk en Frikkie du Preez – se regsverteenwoordiger, was nie gisteraand beskikbaar om te sê of hy en adv. Jaap Villiers dieselfde pad met hul drie kliënte sal stap nie.

    De Meyer het Maandag al aan Beeld bevestig dat so ’n appèlaansoek ook namens die drie by die konstitusionele hof ingedien gaan word.

  • pdebruir@beeld.com


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

  • vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |