Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Geveerde toeris het SA voëlkykers gaande
Aug 14 2008 10:01:20:217PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
'n Franklinse meeu (links) en 'n gryskopmeeu op die Centurionmeer. Foto: Neels Jackson
Neels Jackson

Talle hoogs tevrede voëlkykers het gister om die Centurionmeer rondgestaan en breed geglimlag oor die jongste merkie op hul lewenslys: die Franklinse meeu.

Dié Amerikaanse spesie het sover bekend slegs die tweede keer sy verskyning in die binneland van Suid-Afrika gemaak. Die vorige keer was in November 1986, toe ’n Franklinse meeu op die Rolfe-pan aan die Oos-Rand opgemerk is.

Mnr. Michal Groenewald, ’n plaaslike voëlkyker, vertel dat hy die voël eergistermiddag op die meer opgemerk het.

Hy sou nie normaalweg daar gaan voëls kyk het nie, maar hy neem aan die Suid-Afrikaanse voëlatlasprojek deel en wou met die oog daarop gaan kyk wat op die meer is.

Toe hy dié vreemde meeu met die swart kop sien, het hy dadelik besef dit is iets spesiaals.

Die enigste ander meeue wat gewoonlik op Gautengse waters gesien word, is gryskopmeeue.

Groenewald sê hy het vermoed dis ’n Franklinse meeu en nie ’n swartkopmeeu nie, maar het mnr. Etienne Marais, ’n plaaslike professionele voëlgids, gebel. Dié het kom kyk en dit bevestig.

Mnr. Trevor Hardaker, een van Suid-Afrika se topkenners van skaars voëls, sê Franklinse meeue migreer gewoonlik tussen Noord- en Suid-Amerika.

Soms waai ’n storm hulle oor die Atlantiese Oseaan na Europa en dan migreer hulle volgens hul normale patroon suidwaarts. Normaalweg word hulle net as swerwers aan die Suid-Afrikaanse kus aangeteken. Die binnelandse verskyning van dié meeu is seldsaam.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |