Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Vrou wil nie terug na plaas
Aug 17 2008 09:37:32:630PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Marietie Louw-Carstens


mlouw1@beeld.com

Polokwane (Pietersburg). – Die bejaarde vrou van Levubu in Limpopo wat verlede maand erg op haar plaas aangerand is, is te bang om na haar huis terug te keer.

Me. Elsje Mulder (76) woon sedert die aanval by haar dogter, me. Elsabé Coetzee, op hulle plaas in die Levubu-gebied.

Coetzee het gister gesê hulle het aansoekvorms by die Ons Tuiste-ouetehuis in die nabygeleë Louis Trichardt ingedien, waarheen haar ma moontlik sal gaan. “Sy weier om terug te gaan na haar huis en is nog baie bang,” het Coetzee gesê.

“Ons het dit met haar bespreek dat sy moontlik ouetehuis toe sal moet gaan.”

Mulder is verlede maand in haar plaashuis in die Laatsgevonden-gebied in Levubu deur drie mans oorval. Sy is na haar slaapkamer gesleep waar sy herhaaldelik oor die kop en in die gesig geslaan is. Die kamer was ná die aanval vol bloed. Mulder is met ’n ou rek vasgebind.

Nadat die aanvallers die huis geplunder en onder meer geld, ’n tjekboek en huishoudelike ware gesteel het, het hulle gevlug.

Mulder het eers in die vroeë oggendure haar bewussyn herwin en haar seun gebel.

Sy het vir omtrent tien jaar alleen op die plaas gewoon nadat haar man dood is.

Twee plaaswerkers van Mulder en ’n veiligheidswag, wat aangestel is om haar op te pas, is kort ná die aanval in hegtenis geneem. Die polisie kon hulle nie met die aanval verbind nie en hulle is weer vrygelaat.

Coetzee het gister gesê die polisie het sedertien al “omtrent tien” verdagtes ondervra. Niemand kan met die aanval verbind word nie. “Dit is baie vreemd, want die huis was vol bloederige vingerafdrukke.”

Die gesin vermoed dat Zimbabwiërs by die aanval betrokke was. Supt. Humbulani Makuva, bevelvoerder van die Levubu-polisie, het gesê hulle is steeds besig om leidrade op te volg. Vrydagmiddag het polisielede weer na verdagtes gaan soek.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |