Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

'Wat het nou net gebeur?'
Aug 18 2008 11:40:23:620AM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Een van die maskers wat die tromspeler van die Amerikaanse heavy metal-groep Slipknot, Shawn Crahan, dra. Die besete leerling wat mense by sy skool met 'n swaard aangeval het, het 'n soortgelyke swart en bruin masker gedra tydens sy bisarre optrede. Foto: www.wikipedia.org
Leané du Plessis en Amanda Roestoff

'n Gemaskerde matriekseun het Maandagoggend met 'n swaard by sy hoërskool in Krugersdorp opgedaag, 'n mede-leerling doodgesteek en drie ander mense ernstig beseer.

Die eerste slagoffer van die seun, wat glo onder 'n Satanistiese invloed is, is Jacques Pretorius, 'n graad 9-leerling. Sy hoofslagaar in sy nek is raakgesteek en hy is voor 'n klaskamer dood.

Die aanvaller, wat 'n masker opgehad het soos dié wat die Amerikaanse heavy metal-groep Slipknot dra, het nog 'n leerling in die agterkop gesteek en daarna nog twee werkers beseer.

Die bisarre voorval het omstreeks 07:30 Maandagoggend begin toe die gemaskerde leerling by die Nic Diederichs- tegniese skool aangekom het.

Hy het glo aan mede-leerlinge gesê Satan het beveel dat hy drie leerlinge voor die einde van die dag moet doodmaak, anders sal hy doodgemaak word.

Nadat die besete kind die vier mense aangeval het, het hy die swaard glo in die aantreeblok neergepen en gaan sit.

Die skoolhoof het gevra dat hy die masker afhaal. Sy gesig was met skoenpolitoer swart gesmeer.

"Wat het nou net gebeur?" het hy glo gevra.

Die skoolhoof het hom meegedeel dat hy pas 'n mens doodgemaak het.

In die hoof se kantoor het sy kop glo weer "uitgehaak". Hy het na bewering onder meer 'n onderwyser met die dood gedreig en aan 'n klasmaat beduie dat dié seun volgende in die ry van slagoffers is.

Daar is ná die bisarre voorval 'n handgranaat op die skoolgrond gevind. Volgens die nuusdiens Sapa is dit 'n speelgoed-granaat. Van die leerlinge beweer die kind bou "al maande lank bomme".

Die leerling en 'n maat het glo verlede week ook met maskers by die skool opgedaag.

Die skool is gesluit en die leerlinge is tot verdere kennisgewing huistoe gestuur.

Die leering is deur die polisie weggevat.

Twee 18-jarige mans verskyn waarskynlik Dinsdag in die hof in verband met die voorval, het 'n polisiewoordvoerder gesê.

Lees later meer op www.beeld.com en in Beeld.

Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |