Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Kerklid beroof glo sendelinge
Aug 18 2008 05:52:51:873PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Virginia Keppler

’n Lidmaat van die Good News-sendingkerk in Timrand naby Diepsloot, suidwes van Pretoria, is gearresteer nadat hy en nog sewe mans gistermiddag na bewering sewe sendelinge van Suid-Korea by dié kerk vasgebind en beroof het.

Insp. Ilze Jones, polisiewoordvoerder, het gesê die rowers het dié sendelinge glo omstreeks 12:30 oorval. “Een slagoffer het wakker geword net voordat hulle oorval is.

“Hy het hul priester gebel en gesê daar is verdagtes buite die huis. Net ná die telefoongesprek het die rowers hulle glo in die huis oorval.

“Die priester het die polisie ontbied en gesê die sendelinge verkeer moontlik in gevaar, waarop die Wierdabrug-polisie onmiddellik gereageer het,” het Jones gesê.

Volgens haar was die rowers besig om die sendelinge vas te bind toe die polisie opdaag. Hulle het glo ook 22 skootrekenaars gesteel, waarvan 15 dieselfde dag terug gekry is.

“Die polisie het op die rowers geskiet en twee op die kleinhoewe aangekeer. Die ander het gevlug, maar die polisie verwag om hulle binnekort aan te keer.”

Jones het gesê die sendelinge hou die afgelope jaar vir inwoners van Diepsloot kerk. “Een van die aangekeerdes was ’n lidmaat in die kerk.”

Nóg vier verdagtes is gisteroggend by die Waverley Plaza-winkelsentrum in die noordooste van Pretoria gearresteer terwyl hulle deur die dak by by die Pick ’n Pay probeer inbreek het.

Insp. Klaas van der Kooi, Villieria-polisiewoordvoerder, het gesê ’n veiligheidswag het die verdagtes opgemerk en die polisie ontbied.

“Toe die polisie opdaag, het hulle die diewe gekry waar hulle deur die winkel se dak ingebreek het. Die diewe het probeer vlug, maar is gearresteer.

Die verdagtes sal binnekort in die hof verskyn op ’n aanklag van poging tot inbraak.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |