Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

KZN: Lyk van vermiste baba (1) in veld gekry
Aug 18 2008 07:14:06:653PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend

Durban. – ’n Plaaswerker wat gedink het hy sien ’n stukkende pop in die veld, het die naweek die ontbindende lyk van ’n eenjarige babameisie in die Bergville-omgewing ontdek.

Die werker het Saterdag kort voor 07:00 op die lyk van Ayanda Nene afgekom. Sy is sowat twee weke tevore as vermis aangemeld. Die polisie het ’n dossier van ontvoering geopen nadat polisiehonde en -beamptes einde Julie geen spoor van die kind kon kry nie, het kapt. Charmaine Struwig, polisiewoordvoerder, gesê.

Die verminkte lyk is op ’n buurplaas sowat2 km van haar ouerhuis op die plaas Eastwood gekry. ’n Lykskouing vandeesweek sal die polisie help om vas stel hoe en wanneer sy dood is.

Op die oog af lyk dit vir die polisie nie of sy dieselfde dag dood is wat sy vermis geraak het nie. Die nadoodse ondersoek sal ook moet help vasstel of sy tyde van haar dood vermink is.

Van die kind se ledemate word vermis en die lykie was aan stukke toe dit in die veld gekry is. Dit is egter moontlik dat diere die lyk kon verskeur het, sê Struwig. – Dries Liebenberg


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |