Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

'Satan sê ek moet moor'
Aug 18 2008 09:43:52:040PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Jacques Pretorius (16), die oorledene. Foto: Verskaf
Verwante Berigte
  • Skool laat nie veiligheidsontleding doen
  • Liedjie inspireer glo moord in VSA
  • Dié onnies mag vuurwapens werk toe vat
  • Leané du Plessis en Amanda Roestoff

    ‘Wil jy iets cool sien?”

    Met dié woorde het ’n “besete” en gemaskerde gr. 12-leerling van ’n Krugersdorpse skool voor sy skoolmaats ’n medeleerling met ’n Oosterse swaard doodgekap.

    “Pasop, hy’t sy kop verloor!” het matriekleerlinge glo geskree oomblikke voordat Morné Harmse (18) van die Hoër Tegniese Skool Nic Diederichs in Krugersdorp-Wes ’n samoerai-swaard uitgeruk en Jacques Pretorius (16) in die nek gekap het.

    Leerlinge het vertel Harmse was “van die duiwel besete” toe hy omstreeks 07:20 sy gewelddadige aanval begin het.

    “Wil jy iets cool sien?” het Harmse glo aan ’n matriekmeisie gesê oomblikke voordat hy Jacques se hoofslagaar deurgekap het.

    Jacques se beste vriend, J.C. Welman (16), het langs hom gestaan toe dit gebeur het. “Ek het nog gewonder of dit nie ’n joke is nie, maar toe sien ek hoe begin die bloed so by Jacques se nek uitborrel,” het J.C. in trane vertel.

    Jacques is op die toneel dood, het mnr. Mark Stokoe, woordvoerder van Netcare 911, gesê.

    Verskrikte leerlinge het vertel hoe Harmse, geklee in skoolklere en met ’n swart-en-bruin masker op sy gesig, in die gang afgeloop en sy swaard rondgeswaai het. Twee werkers van dié skool wie se name slegs as Sam en Joseph deurgegee is, het volgende onder sy swaard deurgeloop. Ook Stefan Bouwer (17) is raakgesteek, en ’n meisie het glo van skok ’n asma-aanval gekry.

    Harmse het eindelik in ’n tuintjie langs die aantreeblok sy swaard se lem in die grond gedruk en gaan sit. Hy het sy masker afgehaal toe onderwysers nader kom en het sy met swart politoer-besmeerde gesig ontbloot.

    “Wat het gebeur, wat het gebeur?” wou hy verdwaas van die onderwysers weet, wat hom personeelkamer toe geneem het.

    Sy broer, Corné, ’n gr. 7-leerling, het later die swaard by hom gevat.

    “Satan het gesê hy gaan my doodmaak as ek hulle nie voor die einde van die dag doodmaak nie,” het Harmse glo vroeër gesê.

    Leerlinge was glo al besig met opening toe hulle polisiesirenes hoor.

    “ ’n Onderwyser het gesê ons moet huis toe gaan tot verdere kennisgewing,” het ’n leerling vertel.

    Volgens ’n betroubare bron het Harmse die oggend vier maskers, soortgelyk aan dié van die heavy metal-groep Slipknot, in sy skoolsak saamgebring. Hy het glo drie samoerai-swaarde by hom gehad.

    Die bron het vertel die een masker was wit (soortgelyk aan dié van Slipknot se tromspeler Joey). Die ander een was ’n narmasker (soortgelyk aan dié van Shawn) en die derde ’n gasmasker wat die DJ, Sid, dra. Morné het glo die hoofsanger, Corey, se masker opgehad tydens die aanval.

    Hy het glo ’n paar van sy vriende probeer oorreed om saam met hom die aanval uit te voer. “Hy’t vir hulle gesê: ‘Vandag is die dag dat julle dié wat teen julle was, kan terugkry.’ ”

    Harmse het ook glo woorde soos “maskerade” en “bloedbad” gebruik.

    “Sy vriende het gesê sy oë was rooi en swart, soos ’n mal mens s’n.”

    J.C. is gister deur sy pa, Johan, sy ma, Christine, en sy vriend, J.P. Britz (17), ondersteun. “Ons het mekaar net ná 07:00 by die boom (naby die hoofhek van die skool) ontmoet, soos wat ons elke dag doen. Toe loop ons snoepie toe; Jacques het vir my rooi Foxi Nax gekoop en ons het dit op die trappe langs die snoepie geëet,” het J.C. vertel.

    Volgens hom het Jacques en Harmse mekaar glad nie geken nie.

    Hulle was op pad saal toe, toe die voorval gebeur het. J.C. het weggehardloop en sy pa op sy selfoon gebel. ’n Paar minute later het sy pa by die skool opgedaag en saam met hom na Jacques toe gegaan.

    “Ek het met hom bly praat, want ek was bang hy verval in ’n koma. Ek het sy been vasgehou . . . sy oë was oop, maar ek het gesien dis reeds te laat,” het J.C. gesê.

    Volgens J.P. Britz is Harmse skraal gebou met swart hare. Hy is glo ’n lid van die skool se noodhulpspan “en is teruggetrokke, maar lag altyd”.

    Me. Elize Froneman, waarnemende direkteur van die Wes-Randse onderwysdepartement, het navrae na die Gautengse onderwysdepartement verwys.

    Die drie beseerdes is na ’n hospitaal gebring. Hulle is almal teen druktyd ontslaan.

    Beeld het vertroulik verneem Harmse en nog ’n 18-jarige seun is gister in hegtenis geneem. Kapt. Jacob Raboroko, polisiewoordvoerder, kon slegs een arrestasie bevestig. Die twee jongmans sal na verwagting more in die Krugersdorp-landdroshof op aanklagte van moord en poging tot moord verskyn.

    Video's

  • Video: 'Hy's langs my doodgesteek'.

  • Slagoffer vertel van aanval.

    Foto's

  • Swaardmoord: Verhaal in foto's.

    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

  •  
    Sies Nadia de Villiers, 19/08/2008, Christine
    Nadia de Villiers, as ons almal met daai "nie so erg nie" houding gaan , sal dit nie jou troos as dit dalk jou boetie of seun was, daai musiek is "af" luister na dit en kyk of dit vir jou iets beteken, maar vir die res van ons wat sin probeer uit maak van die tragedie, sal ons maar by dit wat ons anker troos soek !
    Oordeel, 19/08/2008, Estelle
    Hoe kan enige iemand sê die kind moet doodstraf kry. Sy straf sal hom toekom... maar dit is vir niemand van julle om te besluit!Elke liewe persoon wat 'n tiener kind het, weet jy wat eintlik regtig in sy lewe aangaan? As jy doen weet jy regtig min!
    My simpatie,Liefde en gebed gaan vir altwee die families!!
    Moord, 19/08/2008, Koos
    Op 18 jaar het 'n mens verstand, verantwoordelikheid en word jy toegelaat om motors te bestuur. Op 18 was ek in die weermag met 'n geweer, ek het nie wild en wakker op mense begin skiet nie. Hou op om redes, verskonings en blameerings te soek hy was dood eenvoudig windgat en ek sê hang hom.
    Moenie duiwels gaan soek nie..., 19/08/2008, Nico
    Kom ons wees nou maar eerlik met mekaar: TV, musiek en games gaan nie 'n moordenaar van enige iemand maak nie. Enige grootmens wat dit dink is onnosel.
    Dis weereens 'n goedkoop vingerwysery, in plaas daarvan om na onsself te kyk en te vra wat ONS verkeerd gedoen het. Duidelik is die outjie geboelie. Laat ek raai - hy was nie juis goed met rugby nie? Dis mos genoeg rede onder boerseuns om 'n ander moeilikheid te gee. ONS mense en ONS probleme het hierdie seun gemaak wat hy is. Nie populêre kultuur nie.
    Ek het nog nie een keer iets van dwelms gelees nie, maar skielik word hierdie ou as 'n junkie bestempel? Julle is siek man.
    Dan val hy ook sommer terug in die fundamentalistiese groef, trek 'n Hansie op homself, en sê dit was die duiwel".
    Dis om van siek te word. Ons behandel mense soos gemors, en dan as hulle "buite die reëls" optree, dan maak ons of dit iemand anders se skuld is.
    KAN NIE GLO NIE, 19/08/2008, FiBi
    Ek kan nie dit glo nie, hoe de hel kan niemand in 'n skool of die ouers wat om skool toe gestuur het, niks agter gekom het nie. ek is nog jonk my self en ek is jammer as iemand in die skool iets anders aan gehaat het of iets niets by hom gehat het self net gelyk het of daar iets was, was dit in sekondes op getel, 2de die matriek wat voor hom gestaan het so dat jy kan vekee.
    moet ook dan toe geslyt word, jy is so skuldag soos die steler. my hart gaan uit vir Jacques se familie en sy vriende wat dit beleef het dit is n skok wir baie van SA se mense dat dit moes gebeur het in 'n skool
    LESTER, 19/08/2008, S P
    Kry jou feite agter makaar!!!! Besluit aan watter kant wil jy sit!! Jy kan nie eers die kind wil hang en dan wil hê die ours moet instaan nie!! Kom by man! Daar is actually mense wat seer gekry het!! Hou op oordeel!! Jy/Julle het nie die reg nie!!! Nie een van ons is sonder sonde nie!!!
    musiek of mens, 19/08/2008, ..
    is dit die musiek of die mens wat die kind dood gemaak het? en jy moet weak minded wees om te doen wat musiek se vir jou om te doen. hul kan nie die musiek in hierdie opsig blame nie want al wat deel van die saak is is die manier hoe hy gelyl het! en wat het teveel sakgeld met dit uit te waai! mense verstaan nie waardeur die tieners van vandag moet deur gaan nie julle lewe nie in die selfde wêreld as wat ons in lewe nie.
    julle weet niks nie !dit het ook nie met dissipline te doen nie ..en hoe weet jy dit het iets met sy ouers ook te doen.. hy het sy eie keuses gehad en ja dalk het hy maklik onder groepsdruk geval... maar die punt is hou op ander verskonings te soek oor iets wat gebeur het waar die waarheid so helder soos daglig voor jou is.
    hy was in satanisme in, dit is ook een van die laaste goed wat jy aan satan moet bewys voordat jy officially as n satanis geklassifiseer kan word! en dit is nie die eerste keer wat so iets gebeur nie dit is waar oor die gangsters, dit gebeur elke liewe dag! dit het niks met die skool ook uit te waai nie...en die mense wat dit op musiek gaan blame is die mense wat die minste weet wat aan gaan in die lewe
    Satan het , 19/08/2008, Elsje
    Ja, as daar iets verkeerd gaan is dit altyd apartheid of enige iets/iemand se skuld behalwe die persoon self......!
    Dit slaan my dronk om te weet 'n kind gaan skool toe...gesig pikswart,met masker en 3 swaarde?????? En niemand sien iets raak of doen iets om hom te keer nie!
    Waar is die leerlingraad van die skool of enige onderwyser.....nie eers gepraat van die ouers nie......
    hoekom? , 19/08/2008, anton
    ek stem 100% saam, hoekom moet tv speletjies, musiek en nog talle ander goed die skuld kry as hulle werklik niks daarmee uit te waai het nie, eks 19jaar oud, ek speel "die" steurende tv speletjies, luister musiek soos polisiekar en talle ander metal en rock bands, maar ek het nog noit n neiging gekry om iemand te vermoor of wan gedagtes daaroor te kry nie, die probleem lê by daardie klein monster se opvoeding, as sy ouers meer aandag en belangstelling in hom getoon het sou hy nie die res van sy lewe in die tronk gesit het nie, en ook nie 'n ander familie vernietig het nie, my innige meegevoel aan die familie en vriende.
    Kinders en hul veiligheid, 19/08/2008, Jax
    Hier is dit nou weer 'n voorbeeld van ouers wat dissipline moet toepas soos dit hoort en behoorlik betrokke wees by hulle kinders.
    Die lewe in SA het so 'n gejaagde stryd geraak dan niemand meer omgee nie = nie eens meer vir jou eie kinders nie. As hulle maar net beter van alles het as die bure!
    Daar is geen dissipline in SA nie - nie in die regering nie en nog minder in die huise - die slegste nuus is dat almal na antwoorde soek op die verkeerde plekke!
    Sterkte aan die betrokke families en nabye vriende! Dit is werklik verskriklik - ek sal vir julle bid!
    Ons as voorbeeld, 19/08/2008, anoniem
    ek lees nou deur almal se kommentaar, en wat regtig erg is, is dat ons as groot mense sulke klippe kan gooi oor en weer, watter voorbeeld is ons nie vir ons kinders nie, kyk almal het sy eie opinie, respekteer die mense om jou se opinies. Alle sterkte en my innge simpaie teenoor beide kinders se ouers.
    Absolute onsin, 19/08/2008, Patricia
    Sommige ouers laat toe dat kinders maak en breek soos wat hulle dit goed vind. In die ou dae het jou buurvrou jou die reg gegee om vir Sannie te slaan as sy iets verkeerd aangevang het, maar deesdae wil ouers nie eers hoor van hulle kinders se verkeerde dade nie. In plaas daarvan dat ons ons kinders reg help lei ons hulle oop oë na die hel. As jy nie jou kind by die huis kan disiplineer nie, moenie verwag dat onderwysers kinders moet leer en nog jou as ouer se werk ook doen nie. No ways.
    FLOU VERSKONING!!!, 19/08/2008, sandra
    OF JY JOU NOU IN N KOMA SUIP,DRUGS VAT OF VIR SATAN AANBID,JY WEET HOEKOM JY DIT DOEN!!!DIS NET OM JOU N BIETJIE MEER "GUTS" TE GEE OM TE DOEN WAT JY NOG AL DIE TYD BEPLAN HET!!EN NATUURLIK LY JULLE NA JULLE GRUWEL DADE AAN GEHEUEVERLIES!HOE GERIEFLIK!KAP MAAR GERUS DIE SATAN SE KOP AF EN STUUR HOM TERUG HEL TOE!!ONS HET JOU OOK NIE TUSSEN ONS NORMALE MENSE NODIG NIE!!!AAN DIE PRETORIUS GESIN MY INNIGE SIMPATIE MAG DIE HERE JULLE DRA DEUR HIERDIE MOEILIKE TYD.
    Musiek die oorsaak?, 19/08/2008, Anoniem
    Heelwat is op hierdie forum gesê oor Slipknot en dies meer. Mys insiens het dit wel 'n aandeel in die moord gehad. Lees byvoorbeeld vanoggend se artikel en die uitreksel van die lirieke van een van hul liedjies. Siek, siek, siek! Daarmee wil ek nie s?at allle metal/hard rock sleg is of satanistiese konnektasies het nie. Maar in geval van Slipknot is die lirieke beslis onder verdenking. Die regering behoort 'n verbod te plaas op sulke tipe cds (nie net Slipknot!), sodat die kind nie eers 'n opsie het om daarna te luister nie.
    Natuurlik sal hulle dit nog oor die internet kan aflaai, maar ten minste sal dit nie meer vrylik in winkels beskikbaar wees nie.
    Masker Moord, 19/08/2008, Bonita
    Ons leef in die tye wat die Bybel beskryf as die laaste dae. In hierdie tye gaan ons klomp dinge soos die geval met hierdie "Masker Moord" beleef. Satan is as te ware los op die aarde. Maar ons moet vashou in geloof. God sê dat ons moet moed hou en dat HY gou sal kom. Mag dit so wees!
    My opinie is dat mense regoor die land moet begin ophou vingers wys en eerder in hul huise begin om die Ware God te aanbid en weer soos ouds BYBEL studie te doen. Ons land en die wêreld het nodig om die knieë te buig en tot GOD die Vader te bid.
    MASKER MOORD, 19/08/2008, JOEY READ
    Dit verskriklik om te dink dat kinders net nie meer veilig is in skole nie.! Ek sidder om te dink hoe 'n kinderhart moet voel in sulke oomblikke! My innige simpatie aan almal hier betrokke.
    Siek!!!!!, 19/08/2008, bvw
    Kinders kry te veel sakgeld om vrylik dwelms aan te koop! In die oudae moes ons hard werk LW by die huis om sakgeld te verdien, en is so uitgeput, het nie nog lus vir siek dinge soos satanisme nie! Ons was gereeld in die kerk en waar is huisgodsdiens vandag? My simpatie met die oorledene se ouers en maats!
    Korreksie, 19/08/2008, Ontstelde musiek fan
    Aan M Kruker ivm die comment oor die satanistiese musiek. Miskien moet jy net bietjie navorsing doen voordat jy Slipknot kruisig. Nêrens in hulle lirieke se hulle "Gaan maak iemand by die skool dood" nie... Slipknot is nie eers satanisties nie...ASB
    Wat van al die moorde wat deur gangsters elke dag in SA gepleeg word wat na hulle Hip-Hop luister...
    Ek's jammer maar ek's siek en sat om te hoor dat metal musiek altyd die "scape goat" moet wees. GAAN LEES HIER ASB http://www.news24.com/News24/MyNews24/Letters/0,,2-2127-2129_2378195,00.html
    los uit, 19/08/2008, Noel Woest
    Mense los Charl uit dink da aan dis maklik om te se dis musiek maar wat van daai gospel rock? ek is n groot aanhanger daarvan, en alle "metal" so maak dit my sleg? maak tog oop jul oë asb...
    onsinnige moord, 19/08/2008, Susan
    ek wil net vir die mense sê dit is nie net die arme Jacques soos wat marianne sê nie. dit is vreeslik dat jou kind skool toe gaan en hy verloor sy lewe omdat 'n kind net voel hy moet vandag dood maak.
    kom ons begin by die huis waar is die respek en die dissipline by die huis nee daar is nie want vandag se kinders doen net wat hulle wil ons is moes groot en ons het 'n sê.
    daar is geen respek meer nie.
    Ek weet die misdade in ons land en in ons skole ruk hand uit, en daar word niks aan gedoen nie.
    nou se ek weer respekteer die volgende persoon en laat die ouers weer ouers wees en die kinders tug wanneer dit nodig is en nie net "ag wat kan ma doen " dit is mos as jy met vandag se kinders praat want ons is groot.
    nou as hulle sulke dinge kan doen dan moet hulle soos groot mense behandel word en sy straf kry. Dit is hartseer maar Morne moet nie musiek of die duiwel die skuld gee nie. net hom self want hy het geweet wat hy doen, en aan die ouers van Jacgues mag die here met jul wees om so 'n pragtige seun te verloor.
    hy wat Morne is ek hoop jy is trots op jou self want ek dink dit is walglik mag jy die swaarste straf kry wat jou toekom "bring die doodstaf terug"
    Skool Moord, 19/08/2008, Veronica
    Ons almal soek net iemand om te blemeer wanneer so iets gebeur.. Ons kan nie die ouers blameer as ons nie weet hoe hul, hul kind groot gemaak het nie, ek se as jy as 'n ouer jou kind met die regte waardes en dissipline groot gemaak het het jy jou deel gedoen 'n ouer kan ook net bid vir sy kind en hom die regte dinge leer, maar somtyds dwaal kinders van die pad af, die Here laat sulke dinge vir 'n rede gebeur, hy sal dalk eendag iemand se siel kan red as ander sien wat met hom gebeur.
    Die ergste straf vir die kind gaan sy gewete wees, hy sal met dit moet saam leef tot die dag wat hy dood gaan, ons is nie daar om te oordeel nie, die Here sal die regte dinge laat gebeur.
    Verstaan my ek praat glad nie goed wat die kind gedoen het nie, dit was totaal onaanvaarbaar.
    Vir die ouers van die oorlede kind, mag God julle seen en elke dag die pad met julle stap om te kan verstaan en mag jul eendag kan vergewe. Weet jul kind is veilig by sy Vader en hy kyk elke dag af na jul. Onthou net kinders is 'n geskenk van God en word geleun. Wees dankbaar vir die tyd wat God julle gegee het met hom. En Bid vir daie seun wat dit gedoen het dat sy siel gered sal word....
    Wat gebeur met ons tieners van vandag?, 19/08/2008, Self 'n tiener
    Ek was geskok toe ek dit gister hoor...
    Wat gaan aan met die tieners van vandag? 'n mens hoor al hoe meer van tieners wat selfmoord en moord pleeg oor Satanisme.
    Ek is self 'n tiener, en moenie die verskoning gebruik; "ek gaan deur 'n nuwe Fase in my lewe" Dit is baie siek!
    Christine moet begin ingruip, by mekaar staan want saam kan ons iets doen. Ek meen kyk deesdae na die nuwe program op Mnet; "Reaper" wat sien 'n mens daar? Jy verkoop jou siel aan die duiwel? Dit is presies waaroor die hele storielyn gaan.Kinders word maklik beïnvloed deur dit... As ' tiener weet ek baie van groepsdruk, maar jou nee, moet NEE bly en staan dan by jou besluit en hou by dit! Kom aan Tieners van Suid-Afrika ons is die Toekoms van die land!!! Net geloof en God kan ons red en op die regte pad hou! My hart gaan uit na die familie,vriende en ouers van Jacques en ek dra julle op in my gebede!
    Ek lag eintlik lekker, 19/08/2008, Desmond
    Ja, julle almal het julle beroepe gemis!!! Die beskuldigde was nog nie eers voor 'n regter nie, maar JULLE speel almal REGTER en oordeel. Julle laat my eintlik lag met al julle gedagtes. Los Zuma, musiek, tv, en ouers en alles uit. Dit het eintlik niks met die prys van eiers te doen nie. Plaas julle regters staan almal saam en dink aan almal wat geraak word in hierdie hartseer tyd en los die oordeel aan die regte Regter!!!!
    Korreksie, 19/08/2008, M Kruger
    Ogies oop Charl - daar is gister berig dat verskeie woordvoerders die insident toeskryf aan "sataniese musiek".
    Masker Moord, 19/08/2008, Michelle
    Liewe mense, kinders maak daagliks duisende mense dood op playstation, rekenaarspeletjies ens. Die dood is nie meer werklikheid vir hulle nie. Jy plaas 'n "curse" of spel op jou vyand, jy skiet hom, slaan hom, gooi hom, of kap sy kop af, en dan verwyn hy in die grond in...
    Vat nou met hierdie agtergrondskennis, en ouers met volstruis-sindroom, haatmusiek waarna die kindersluister, en witbroodjie-sindroom wat onderwysers het. Meng alles mooi saam, en dan kry jy 'n gemaskerde moordenaar in matriek.
    Ouers, miskien moet julle besef dat God nie gaan vra hoeveel geld julle gemaak het, en hoeveel sakgeld jou kind gekry het, en of hy Woolies kos geeet het, en watter tipe tekkies hy gedra het nie.
    God gaan dalk net vra: "Wat het jy met die kind gedoen wat Ek vir jou gegee het?" Jammer, ek is nog nie 'n ouer nie, en miskien praat ek te vinnig - maar ek kon nog nooit iets vir my ouers wegsteek nie.
    Hoe gaan 'n kind skooltoe met swaarde, sonder dat sy Ma iets sien? Hoe aanbid 'n kind Satan, sonder dat ouers dit raaksien? Nee, wat. Samelewing het 'n aandeel, maar ouers dra die skuld!
    Dwelms , 19/08/2008, Chanel
    ja, hy het wel gesê Satan het hom beveel, maar voor almal opspring, ons weet nog nie of hy dwelms gebruik het voor die voorval nie. Ek dra my innigste meegevoel op vir die familie wat deur hierdie tragiese tye moet gaan. almal van ons dink aan julle, en persoonlik hoop ek hy kry wat na hom toekom.
    Ek sidder om te dink die dag wat ek kinders in die wereld inbring. Maar tog weet ek, pakslae sal my kinders kry, al vat dit my hoelank om die regte ding in hulle in te slaan. Dit is waar wat gesê word, die dag toe ons regte van pakslae weggeneem was. Het kinders begin hand uit ruk.
    Ek was slegs geslaan toe ek jonk was, en dit het my nie 'n slegte persoon gemaak vandag nie....
    Ek KAN nou onderskei wat is reg van verkeerd.
    charl jy is reg !!!!! , 19/08/2008, tanya
    Het beeld nie die naam SLIPKNOT genoem nie dan was dit nie die onderwerp nie .....wie en wat sou hulle dan die skuld voor gee?
    Lafaard wat sy eie lewe moes neem, 19/08/2008, Ben
    Forrest Gump sou gesê het: "Rubbish is as rubbish does. Evil does as evil is".
    In Harmse se grein is hy wat hy is. Hy wou aandag hê en hy sal nou al die aandag wat hy seker nie tuis gekry het nie, kry. By psigiaters, by die media, by die mense wat vir geld sy onskuld sal bepleit, by sy tronkbuddies.
    Gemors in ons land het mos nou heydays en hy weet goed sy lewe sal hy behou. Dis egter nie nou tyd vir Sataniste om offers te bring nie, so vanwaar Gehasi?
    Net half navorsing gedoen? Die duiwel was op sy skouer, vir seker, maar die besluit kom uit homself. Hoe lyk sy skoolpunte? Watter insette het hy gelewer? Te veel moeite om met WERK jou naam te maak, nie waar nie?
    En Jacques, daardie gesiggie wat so deeglik wys hy is 'n oulike kind, wat sou hy nie van sy lewe gemaak het nie? Hy het reeds vir sy medemens geleef. Dis lente, hy is jonk, sy lewe moes hier en nou aangegaan het. Ek dink aan hom en sy mense; meneer Satan het die hel vir hulle gebring hier op aarde. Hy het homself daardie reg gegee. Almal moet nou op hom fokus, die "slagoffer" sal vergeet word. Ek hoop dat die aandag wat hy sal kry hom al SY hel sal besorg.
    Masker MOORD, 19/08/2008, Koba van Wyk
    Wie is ons om te veroordeel. Ek bid dat God hierdie twee gesinne sal dra deur hierdie donker tyd in hulle lewe. As dit so is dat Morn&eacut; Harmse wel deurmekaar was met satanisme dink ek ons moet almal vir hom intree by God dat ook hy die Lig mag aanskou en eerder sy siel aan Jesus Christus sal gee, verder wil ek ook net vir Jacques se ouers en familie sê dat ons as gemeenskap hier in ROOIHUISKRAAL hulle in ons gebede opdra vir krag en ondersteuning.
    My kommentaar, 19/08/2008, Anelia
    My probleem met hierdie voorval is dat dit in detail in 'n dagblad beskryf word.
    Ek verstaan maar alte goed dat sulke stories koerante verkoop want ek is ook 'n joernalis, maar sedert ek in die buiteland begin berig het, het ek begin besef hoe onverantwoordelik dit is om sulke nuus te publiseer. Oorsee is al verskeie studies gedoen wat bewys dat sulke beriggewing: 1. Gewelddadige gedrag aanmoedig 2. Lesers / die publiek onsensitief vir geweld maak 3. Verdere trauma vir die slagoffer/s se familie veroorsaak.
    Joernaliste in ander lande kry streng leiding van organisasies soos Lifeline of die polisie oor hoe om oor geweld en selfmoord te berig om so min moontlik skade of nagevolge te veroorsaak.
    Daar heers vir my 'n ongelooflike onverantwoordelike atmosfeer in die SA media, en veral Beeld, wanneer dit by die beriggewing van sulke voorvalle kom.
    Waarom sou die plasing van so 'n storie in openbare belang wees, wonder ek? Behalwe vir die sensasie-waarde daarvan.
    Baie hartseer ook om te lees dat die kinders huistoe gestuur is. Kry hulle terapie vir die trauma wat hulle beleef het? Indien wel, is dit langtermyn terapie wat van enige waarde is of net een of twee sessies om hulle te ontlont?
    Is dit enige wonder dat geweld so alledaags in SA is? Nee, dit is nie want dit word oor en oor in jou gesig gegooi en sonder enige verantwoordelikheid sover dit die nagevolge of familie (aan albei kante) betref.
    skoolmoord, 19/08/2008, ekke
    Ek is 'n enkelouer en kan net my meegevoel met almal in hierdie nagmerrie situasie gee. Mag die Liewe Vader julle vashou en vertroos Kinderopvoeding is 'n lewenslange verantwoordelike taak wat nie deur ouers geïgnoreer moet word nie.
    Metal is nie die oorsaak nie, 19/08/2008, Grim
    Ek stem saam met boertjie, Mense wat se metal musiek is "van die duiwel", in die Bybel staan dat ons God moet eer op ons eie maniere binne Sy wet. Ek luister graag na bands soos tree63 en Straatligkinders en ons het selfs 'n band in ons kerk wat elke Sondag speel, ons tipe musiek is net nog een stukkie gereedskap wat ons gebruik om God te eer.
    Moord by Skool, 19/08/2008, Vicky
    Ek wil aan beide ouers sterte toewens, ouers van die vermoorde leerling as ook die ouers van die leerling wat glo besete was. Daar lê 'n baie moeilike tydperk vir julle families voor.
    Mag God julle sterk maak deur die proses en mag almal se gebede julle krag gee. En ek hoop dat ons ander ouers uit die voorval sal leer, ons moet ons kinders ken.
    Lief wees vir hulle, en altyd leer van God. Die Here moet die fondament in jou lewe wees.
    Sterkte vir die skool en onderwysers vir die berading en moeilike tyd wat op julle wag.
    Satanistiese musiek , 19/08/2008, Ontstelde musiek fan
    My simpatie aan die familie en vriende, maar miskien moet mense ophou om die blaam te skuif na iets waaroor hulle heel duidelik nie geen kennis het nie.
    Meskien moet julle net die volgende twee links deur gaan voordat julle kommentaar lewer oor musiek en satanisme se invloed in hierdie tragiese voorval! http://www.news24.com/News24/MyNews24/Your_story/0,,2-2127-2128_2378521,00.html en http://www.news24.com/News24/MyNews24/Letters/0,,2-2127-2129_2378195,00.html Dankie
    Satanistiese musiek , 19/08/2008, Ontstelde musiek fan
    My simpatie aan die familie en vriende, maar miskien moet mense ophou om die blaam te skuif na iets waaroor hulle heel duidelik nie geen kennis het nie.
    Miskien moet julle net die volgende twee links deur gaan voordat julle kommentaar lewer oor musiek en satanisme se invloed in hierdie tragiese voorval!
    http://www.news24.com/News24/MyNews24/Your_story/0,,2-2127-2128_2378521,00.html en http://www.news24.com/News24/MyNews24/Letters/0,,2-2127-2129_2378195,00.html Dankie
    Musiek maak jou moor???, 19/08/2008, Simone
    Wat gebeur het is tragies!! My hart gaan uit aan jacques se ouers..
    Ek stem glad nie saam dat Slipknot se musiek jou kan laat moor nie. Ek self hou van metal en luister gereeld daarna. Ek was nog nooit by satanisme of sulke nonsense betrokke nie.
    Hoekom moet mense altyd musiek, tv-speletjies of ander goed blameer? Daai laaitie se kop het geraas, en dit het niks met sy musiek smaak uit te waai gehad nie.
    Ek vra ook, hoe kom hy in die skool in met sy swart klere aan? Het sy ouers nooit agter gekom dat hy besig was om sy varkies te verloor nie?
    just doesn't make sense....
    ., 19/08/2008, Charl
    Ek sien almal het iets te sê oor die musiek maar as julle mooi lees sal julle sien dit sê hy het soos hulle aan getrek... en nêrens sê dit dat dit die musiek of Slipknot se skuld is nie...
    slipknot,metal,duiwel,satanisme....., 19/08/2008, tanya
    Vader help tog die land!!!my man luister Slipknot en ek het gisteraand nie een sin of 'n rede gekry om te moor of idee gekry wat sê GOD is minder as satan nie.Wat die hart van vol is loop die mond van uit!!die storie is dieper as wat ons dink
    Waar is ouers?, 19/08/2008, Nantes Kelder
    My koring is nog groen op die lande en mag hulle beskerm word. Ek glo dat baie van die hartseer wat ons vandag sien en beleef is agv afwesige ouers. Ouers moet meer betrokke wees by hul kinders.
    Ek sou nooit in my dag des lewens kon dink om snert kwyt te raak oor bv onderwysers nie. Daagliks hoor ek hoe ouers onderwysers met hul kinders bespreek en sleg maak, wat se respek leer ons vir ons kinders.
    Dalk moet ons op hou vingers wys na die kinders en eerder na die ouers begin kyk. Het vandag weer gehoor van 'n graad 2 kind wat saam met sy ouers pornografie kyk. As hierdie seun eendag verkrag wil almal hom hang!!
    Ouers neem weer julle plekke in wat God vir julle bestem het.
    Skool moord, 19/08/2008, Erik de Clerck
    Dit is hoogtyd dat iemand ingryp. Die regering het die stryd teen misdaad al 'n klomp jare terug verloor. Hoe lank voor moord by skole 'n daaglikse gebeurtenis word? Bring lyfstraf terug bring Bybel onderrig terug skool toe. Die duiwel se werk is om ons en ons kinders weg te hou van God - ons het die keuse of jy dit gaan toelaat of nie.
    Eendrag Maakt Mag, 19/08/2008, johan
    Die tyd het gekom om die knie te buig voor God die Almagtige en terug te keer na ons gelofte en waardes van vroeeer, net dan sal ons die dinge in die land rekry, anders gaan dinge net erger en erger raak. Die outjie moet gehang word, punt.
    Moord a.g.v musiek, 19/08/2008, Anoniem
    Ek wil net s?at ek glo nie die musiek is te blaam hier nie, as mens neem in die vroeë jare was bands soos The rolling stones ens almal gekritiseer dat hul musiek ook allerhande slegte invloede op mense het, maar vandag word hul gesien as legendes.
    Ek luister ook na sekere rock en as jy na die lirieke luister is dit nie net oor drugs sex en geweld nie. Bands soos linken park three days grace ens se lirieke gaan oor baie meer as geweld.
    Net omdat die kind maskers by hom gehad het wat toevallig soos die van slipknot by hom gehad het is dit baie gemaklik om die musiek die skuld te gee. Daar is duidelik iets baie groter fout as net die musiek wat hy geluister het.
    Gemaskerde leerder steek leerders met swaard., 19/08/2008, Benita
    Ek gaan nie opkom vir die kind nie, want wat hy gedoen het is alles behalwe reg, maar ek glo nie dat dit reg is om hom te oordeel nie. Baie van julle kan my nou veroordeel maar dis my siening.
    Die dinge wat ek al in my lewe beleef het, goed wat ek al gesien het maak my dink dat daar meer betrokke is by die saak as wat julle as mense dink.
    Ek dink nie die seun wat dit gedoen het was by sy volle bewussyn nie, ek dink nie dit was hy nie, ek dink nie hy was homself nie. Ek dink hy kon dalk net "possessed" gewees het. Dit gebeur, ek't dit al beleef. In so 'n geval is mens nie altyd bewus van wat om jou gebeur nie jy weet nie wat jy doen nie mense moet jou daaroor inlig want jou liggaam is oor geneem deur 'n bose gees.
    Ek weet mense glo dit nie sommer nie en dink dis onrealisties maar ek sê vir julle ek het dit beleef en ek weet dis waarheid ekt dit gesien met my eie oë..
    Die manier hoe mense die kind so oë beskryf rooi en swart së dit reeds. Wat as hy onskuldig is en possed was?
    Ek meen dis nie sy skuld as hy possed was nie, die satan val mense aan wie vir hom 'n bedreiging is, mense wat sterk staan in hulle geloof, soos wat God mense gebruik gebruik hy ook mense, ons almal is n slagoffer want ons almal doen dinge wat nie reg is nie, hier doen almal dit nou julle oordeel 'n 18 jarige sonder dat julle 100% seker is oor julle feite.
    Mense kan sê wat hulle wil oor my maar ek raai almal van julle aan om dit wat ek sê te gaan bespreek met julle priesters.
    God is almagtig, en kan enigeiets oorwin en ek bid vir die vergifnis vir die kind as hy wel by sy volle bewussyn was en ek bid ook dat God saam die familie wat 'n geliefde verloor het sal wees en bystaan want dis niks behalwe seer om iemand vir wie mens lief is aan die dood af te staan nie, mag God by almal van julle wees.
    Aan almal wat die ouers die skuld gee, 19/08/2008, Marianne S
    Hoe kan julle almal die ouers die skuld gee - onthou julle hoe julle was op daardie ouderdom, duidelik nie, dit het niks met musiek uit te waai as jy nie wil hê dit moet iets daarmee doen nie.
    Ek is self 'n ouer en glo my as ek my kinders vra of hulle gelukkig is, is daar iets wat pla en hulle sê vir my JA, hoekom sal ek aan hulle twyfel?
    Ek glo hulle want hulle is my kinders. Ek glo aan lyfstraf, 'n goeie pakslae op sy tyd doen wondere. Julle almal is nou sommer net vir die arme Jacques, maar wat van Morne? wie is julle om te oordeel - Julle het geen reg nie, as dit julle seun of dogter was en ek moes vra vir die doodstraf het jy lankal vir my gesê wat de ongeluk het dit met my te doen?
    Hou op oordeel, GOD sal oordeel, en HY alleen sal besluit wat gebeur.
    Masker Moord, 19/08/2008, Natasha
    Dit is verskriklik wat gebeur het. Daar is `n hele paar instellings wat hulle prioriteite agter mekaar moet kry. ANC - met hulle moord praatjies. Die onderwys departement wat lyfstraf afgestel het.
    Die regering wat die doodstraf af gestel het . Die ouers wat kinders net los met die houding van laat gods water oor gods akker loop.
    Daar is hoe genaamd nie meer enige gesag of dissipliene in hierdie land nie. Hoeveel onskuldig mense moet sterf voordat die regering iets gaan doen en wanneer gaan ons mense begin opstaan en se genoeg is genoeg , tot hiertoe en nie verder nie.
    so onnodig, 19/08/2008, Amanda (Pretoria)
    Ek weet nie eintlik hoe om te begin nie, want ek weet daar is baie mense wat nie noodwendig saam stem nie, maar ek moet ook sê ons het baie anders groot geword, ek glo ook nie net aan 'n kind word gesien en gehoor soos ons ouma en oupa ons wou lat glo nie, maar ons is met die regte dissipline en Godsdienstige waardes grootgemaak, en mens kan sien hoe dit ontbeek geslag na geslag.
    Ek weet ek het ook maar groen koring op die land, maar ek probeer hulle opvoed met liefde vir ander en respek teenoor ander mense groot of klein. Ja ek stem 100% saam daar is 'n veskil tussen opvoeding en mishandeling, want daar is ook maar siek onderwysers daar buite asook ouers, maar iewers moet daar 'n streep getrek word, van hoeveel regte minderjarige kinders regtig nodig het.
    Ek gaan net elke aan op my knieë en vra die Here om my die nodige leiding te kan gee om my kinders as eerbare mense in die wêreld in te stuur, dat hulle die regte besluite sal maak, want ongelukkig as ouer kan jy die gronslag daar lê, maar die vet weet as die paw-paw die fan strike is jy as ouer nie daarom, om te keer nie.
    'Satan s?k moet moor', 19/08/2008, Sonja van der Merwe - Roodepoort
    Sluit nou vir SATAN toe want hy dink mos hy is slim. En gooi die sluitel WEG.
    SATAN S?OOR, 19/08/2008, Leoni
    Ek is nie eens 'n ouer in die skool nie, maar wil STIK van woede oor die patetiese verskonings wat aangevoer word deur almal, insluitend die media, oor hoekom dit gebeur het.
    Eerstens hoe het hy op die perseel gekom met 3 SWAARDE en 4 MASKERS en geen onderwyser het hom probeer keer of huis toe gestuur nie. Want hulle doen nie meer diens op die skoolgronde nie, dis beter om in die teekamer te sit en twak praat as om toe te sien dat order op die skoolgronde plaasvind.
    Tweedens- Wat de HEL het sy onnosel ouers gedink, waar gaan hy gemasker met swaarde heen. GEEN verskoning van hulle kan hulle aandeel in die moord kwytskeld nie. Wanneer ouers se kinders verdrink word 'n saak geopen om vas te stel hoe nalatig die ouers was, hier behoort hulle die dekselse ouers saam met die seun aan te kla van moord.
    Derdens sal 'n satan besete kind nie sê nou gaan julle iets cool sien" en dan optree nie. Dit klink soos 'n deurtrapte boelie en ek is SEKER as enige een gaan kyk na sy skool geskiedenis sal hulle 'n probleem kind identifiseer!
    Vierdens het hy kamtig nie direk na die gebeure geweet wat het gebeur nie, maar kon darmpies sê satan het gesê as ek hulle nie moor nie dan maak hy my dood!
    My raad aan die wat dink ons is so siek om die mislike siek storie van "satan het gesê op te drink vir waarheid, probeer liewer "arme mishandelde kind of hy's geboelie en sulke snert, dit dra meer water as die kinderagtigheid.
    Ek is DANKBAAR dat hy as volwasse aangekla gaan word, en mag hy en sy ouers kry wat hul toekom. Nie een uur hulle angs, en spanning kan opmaak vir 'n leeftyd se smart wat vir die vermoorde se familie voorlê nie.
    Ho?Tegniese Skool Nic Diederichs , 19/08/2008, Maud Brandon
    Kom ek begin om die skool se naam in te sleep want as ek die hoof was het ek gehardloop want almal is soos honger hiënas agter hom aan, vir wat?
    Sensasie! Ek wil aan Harmse en sy ouers en aan Jacques se ouers my innige simpatie oordra. Aan die res van die mensdom wil ek sê hou op om te oordeel! Mense keer terug na julle God!
    Die bybel sê vir ons die stryd is nie tussen nasies nie maar tussen God en bose magte. Met ons lieflike land waarin ons nou leef moet ons eerste vraag wat ons aan onsself vra wees ... as ek nou dood gaan waar gaan ek heen?
    Meneer, Mevrou jy kan jou kind hoe goed grootmaak maar het jy hom vertel van die ewige lewe? Ken hy/sy Jesus?
    skole/kinders van vandag. , 19/08/2008, hannelie
    Die moord op Jacques het my met totale afsku en afgryse vervul en ek dink ook die meeste mense hieronder het reeds gesê wat ek en menigte ander wil sê. Ek wil net weereens soos met die waterkloof4/6 beklemtoon dat dit wat jy doen, 'n keuse was met 'n besluit wat jy geneem het en nou met die gevolg moet saamleef.
    Morne se keuse was om God te verwerp, satan aan te hang en 'n besluit om satan se bevele te gehoorsaam...die gevolg was moord op 'n onskuldige kind.
    Sou hy 'n beter opvoeding tuis gekry het, was sy keuses en besluite dalk vandag anders. Ouers moet nie verwag dat skole en onderwysers tronke en tronkbewaarders vir ons kinders word nie - skole is daar om kinders gereed te maak vir die beroepswêreld waarin hulle hulle eendag gaan bevind.
    Onderwysers het +/- 4jaar studeer in die vakgebied waarin hulle onderrig en gee klas vir +/- 35 kinders op 'n slag, hulle is nie opgeleide sielkundiges wat net een persoon per uur sien nie.
    Dit was immers ook die regering se eensydige besluit om die doodstraf af te skaf (weereens 'n keuse, 'n besluit en nou moet ons die gevolg dra). Ek twyfel in elk geval of dit vir Morne sou afskrik want "satan" het hom wysgemaak dat dit wat hy doen reg is - of is dit Morne se "escape clause"?
    Ek bid vir Jacques se familie, maar sal ook Morne se familie aan God opdra sodat hulle hom ook kan leer ken - die keuse, besluit en gevolge is hulle s'n!!
    KINDERS, 19/08/2008, LESTER
    DAAR IS NET TE VEEL KINDERS VANDAG WAT SULKE GRUWEL DADE PLEEG. BRING DIE DOOD STRAF TERUG SODAT KINDERS KAN BESEF WAT HULLE VOORLAND IS AS HULLE HULLE MET GEMORS OPHOU . HIERDIE SATANSKIND MOET HANG.
    van 'n nuwe ma se oog punt , 19/08/2008, Nadin
    Ek dink die kind het geweet presies wat hy gedoen het jy kan die nie blameer op musiek of die duiwel nie. want jy as 'n persoon kan NEE! sê. 'n Mens kan dit op die ouers ook blameer maar jy as persoon kan besluit "ek as mense soek 'n beter lewe en vir my kinders 'n beter lewe te gee.
    die kind moet die selfde straf kry as wat 'n groot mens sou kry daar moet geen genade wees nie. ek weet dit sal hom nie terug bring nie maar, maar gerus vir almal.
    satans kind, 19/08/2008, lester
    NEE WAT,ALLES EN ALMAL WORD GEBLAMEER BEHALWE DIE OUERS. DIE OUERS MOES IETS AGTER GEKOM HET , HOEKOM HET HULLE NIE OPGETREE NIE. MOENIE MUSIEK DIE SKULD GEE NIE AS JY DIE HERE DIEN SAL JY HOM IN ALLES DIEN. DIE OUERS MOET HIERVOOR PA STAAN .
    Masker Moord, 19/08/2008, Catherine
    Het die satan aanhanger se ouers hom nie voor skool gesien en gewonder oor die swart gemeerde gesig nie. Het ouers nie meer tyd om ontbyt met hul kinders te deel nie. Groet ouers en kinders mekaar nie meer voor elkeen na sy werk vertrek nie.
    Metal Musiek geen oorsaak!, 19/08/2008, Slipknot Fan
    Eerste van alles wil ek net my simpatie opdra aan die ouers, wat sopas hulle seun aan die dood afgestaan het.
    Dan wil ek sê dat ek 'n volslae metal verslaafde is, en luister na enige metal. Hoe harder hoe beter! Maar julle sien my nie uitgaan met 'n swaard of geweer om ander mense om die lewe te bring nie!
    Ek kan onderskei tussen wat reg is en wat verkeerd is! Dit is die plig van ELKE ouer om hulle kinders morele en etiese waardes van jonks af te leer! Waar was die kind se ouers, toe sy gedrag begin verander het?
    Hoe kan jy nie sien as jou kind met die bose deurmekaar is nie!? Self ek as 'n Pagaan-gelowige kan die donker in ander raaksien!
    swaardmoord, 19/08/2008, Anoniem
    Ek voel ook dat sulke dinge gebeur omdat ouers nie meer betrokke is en weet wat in hulle kinders se lewe aangaan nie. Hoeveel gesinne sit meer saam en eet om 'n tafel? Hoeveel ouers se kinders het die vertroue om na sy ouers te gaan met probleme? Bitter min, want die ouers oorreageer gewoonlik en dan vertrou hulle ons nie meer nie.
    Rakende die musiek wil ek net sê as julle kan gaan luister net na 'n praatjie van Addo Krige jou hare sal regopstaan, mense word wakker dit is waar, daar is bose geeste in die lug wat ons kinders aanval want hulle is sagte teikens.
    Ons moet weer beheer neem van ons gesinne. Ons is self verantwoordelik vir die dissipline nie die skool of die kerk nie!!! Ouers moet indien moontlik die dvd van Louis Bolleur van Lewende woord kyk, Ouer en Kind fokus jy sal geskok wees oor hoe ons tekort skiet as ouers!!!
    My hart breek, 19/08/2008, Sean
    My hart breek elke oomblik wat ek dink aan die hele storie. Dis so verwarrend vir almal betrokke en eks seker vir almal wat die berig gelees het. Ek sou versigtig wees om te sê dis die of daai se skuld en die verdien dit.
    Dis so maklik om 'n opinie te lewer gebasseer op gebrekkige informasie. Ek werk met tieners. Ek gee my lewe in 'n tienerbediening waar ons regtig te doen kry met tieners wat gebroke is op alle fronte.
    Ek het wel 'n ding of 2 geleer, selfs op my jong ouderdom. Die eerste is dat dit nooit oor die simptome gaan nie. In hierdie geval blammeer almal die musiek maar dis bloot 'n simptoom van ander seer in daai outjie se lewe.
    Dit het als aangehits ek's seker, maar daar moes iets in daai seun se hart gewees het wat aanklank vind by die lirieke en musiek voordat dit hom kon verder beïnvloed.
    Ons weet nie wat in daardie huis aangaan nie. Ons weet net eenvoudig nie. Om die ouers te blammeer is ook naief. My hart breek want hier is 'n jong seun wat 'n dom besluit geneem het en nie net sy lewe nie, maar 'n hele gemeenskap se lewens in 'n oomblik heeltemal verander het.
    Daar was baie invloede en dinge wat die waarheid van sy besluit verwrong het, maar niemand kan jou vrye wil wegvat nie. Onder daardie gruwel masker is daar 'n deurmekaar tienerseun gewees, onthou dit.
    As jy 'n klip wil gooi na die seun is jy welkom, kyk net gou eers na jou eie bestaan en dink oor jou dom foute wat dalk 'n lewe kon kos maar gelukkig het dit nie. Hoe werk dit dat ons vir ons kinders wil wys dat moord is verkeerd deur om iemand die dood toe te wens.
    Sy besluit het gevolge. En hy sal daardie gevolge dra. Ek is seker hy is gebroke verby sy verstand oor wat hy aan daardie gesin gedoen het, en hy gaan dit verewig saam met hom dra.
    Die gesin wie 'n seun verloor het is ook baie gebroke. Geen woorde kan daai pyn beter maak nie. My hart breek vir almal. My hoop is dat God Homself kom wys in die gebrokenheid. Dis so 'n slegte slegte storie...
    Jesus Metal Bestaan, 19/08/2008, Boerjie
    Enige een wat teen metal is Luister gerus na enige Mortification of Metanoia lied, dis soveel Christelike musiek soos Louis Britz is... Ek luister van kleins af na Mortification, en al swaard wat ek dra is Die Bybel.
    Dis vreeslik jammer vir so 'n tragedie, en ons kan nie vinger wys oor wie skuldig is aan die oorsake van die kind se dade nie. Die kind is ouers is net so gebreek oor wat gebeur het. Die satan het sy kan gesien en ongelukkig dit geneem. Baie sterkte aan die mense wat geraak is hiermee.
    so treurig, 19/08/2008, kerneels
    musiek, tv het nie so groot impak nie waar ek die blaam sit is op ons gemeenskappe en regering,watse voorbeeld is dit aan ons kinders as moord slagoffers se fotos op die voorblaaie vertoon word, bloed wat van die pad afloop en dan is so 'n persoon nie eers bedek nie, dit is 'n siek samelewing waarin ons kinders blootgestel word,
    ek dink dit is snert dat hy sê die duiwel het hom beheer, hy wou n punt bewys finish en klaar!kon die outjie se tjommies nie sien hier gaan iets leliks gebeur nie? seker ook maar lekker saam gestaan en joke oor n masker en 'n swaard! ek dink aan die vermoorde se gesin en familie,sterkte!
    Masker Moord, 19/08/2008, Sonja
    My dogtertjie is in graad 3 en word deur 'n boelie geteister. Ons het dit al verskeie kere met die skool opgeneem. Die kind se ouers stel nie belang om ons te sien nie en ek wag nog steeds vir die hoof om 'n afspraak te maak.
    Blykbaar kry hy doodeenvoudig net nie sy e-mails nie.... My dogtertjie kry al berading. Die skole stel net nie meer belang in ons kinders nie, dis net nog 'n werk. Nou vra ek, moet ons ook wag vir 'n tragedie voor ons skool gaan aandag skenk aan die probleem????
    SLIPKNOT, 19/08/2008, Jammer
    Ons harte gaan uit na elke liewe persoon wat by hierdie onnodige voorval betrokke was. Ons bid vir julle almal. Vir die dame wat vroeër gespog het dat sy 'n Kind van die Here is en selfs een van Slipknot se liedjies as haar luitoon het, wil ek versoek om die groep se webtuiste te gaan besoek. Dit is so teenstrydig met God en sy Woord as wat kan kom!
    HOE SIEK?, 19/08/2008, Lee-anne
    Ek dink persoonlik dat daar is iets fout met Morné self, hoe kan sy ouers nie agter gekom het dat daar letterlik iets vekeerd is met hom nie?
    Gee ouers nie meer om nie? Ek ken redelik baie mense wat na slipknot luister en ander metal musiek en daar absoluut niks fout met hulle nie dit is maar net die tipe musiek waarvan hulle hou. Dis nie die musiek nie (musiek kan 'n rol speel) maar daar was iets anders fout met Morné...By my skool kan jy nie met sulke goed soos 'n masker en swaard ingaan nie daar is so iets soos sekuriteit se vir my waar was die sekuriteit gewees van daai skool?
    Het hulle so iets? My innige simpate vir Jacques en sy familie, en Morné ek weet nie wat om vir jou te se maar ek hoop die Here klim terug in jou hart maar jy gaan maar dit in die tronk moet doen (Jou hart vir die Here gee)...Sterkte kind
    ALMAL SE SKULD BEHALWE SYNE, 19/08/2008, M Kruger
    Dit is voorwaar 'n tragiese gebeurtenis wat homself gister afgespeel het. My innige simpatie aan almal wat deur die voorval geraak is.
    Wat kon 'n 18 jarige seun daarna dryf om so 'n gruwelike daad te pleeg? Mmmm... Kom ons dink bietjie oor daardie vraag. Dalk was dit die musiek waarna hy luister. Ek meen, daar is nie miljoene ander mense wat na metal musiek luister en voortreflike lede van die samelewing is nie, is daar?
    Of miskien was dit dalk 'n fliek wat meeste lesers ook gekyk het en wat hulle nie gedryf het om te moor nie. Dit kan selfs die rekenaar speletjies wees wat hy gespeel het - julle weet mos, daai speletjies wat ek elke dag speel maar wat my steeds nie die idee gee om 'n swaard op te tel en onskuldiges af te maai nie.
    Is ek die enigste een wat nog 'n besef van verantwoordelikheid vir my eie dade het? Dis tyd dat mense ophou verskonings soek en erken dat die seun duidelik 'n groot skroef los het en dat dit nie Pokemon, Slipknot of Satan was wat hom gedryf het nie, maar slegs sy eie, wanaangepasde persoonlikheid.
    En as julle regtig iemand soek om te blameer omdat julle nie anders kan nie, blameer die ouers wat verantwoordelik is vir hul kinders se opvoeding of gebrek daaraan.
    Los die nonsens en verskonings. Dit was hy - nie 'n musiek groep in Amerika nie.
    Masker Moord, 19/08/2008, Madelene
    Wat gebeur het is skrikwekkend. "Aan ons kom die oordeel nie toe nie". As ouers van kinders moet hierdie gebeurtenis ons oë laat oopgaan.
    Maak jou huis 'n veilige hawe en 'n plek van vrede en liefde waar jou kind na jou kan kom met sy probleme en hulle voel daar is iemand vir wie dit regtig saak maak wat van hom word en onderrig hulle in die woord van God.
    Ons kinders se opvoeding kan nie aan ander oorgelaat word nie. Ek glo aan die "broken window" effek, as daar een stukkende venster in 'n gebou is wat nie herstel word nie neem dit nie lank voordat al die vensters in die gebou stukkend is en verval nie.
    In hierdie land van geweld waarin ons lewe moet ons ons kinders verdraagsaamheid teenoor ander leer.
    Aan Jacques Pretorius se familie, mag God julle deur hierdie donker tyd dra. Aan Morné Harmse se familie, mag God julle deur hierdie donker tyd dra.
    Satanisme, 19/08/2008, Frans
    My vraag is hoekom moet alles met satanisme bestempel word? Iemand hier het gevra hoekom die kind se ouers uit gebyt moet word? Hoekom nie?
    Hoeveel huisgesinne dien dit nog nodig om huis godsdiens te beoefen? Hoeveel huishoudinge loof vir dit wat daagliks aan hulle gegee word? As die kinders van vroeg ouderdom uit godsdiens geneem word gaan hulle val. Dit was n pleit van die seun om daai woorde te skreeu, nie omdat hy besete was nie, maar omdat hy homself wou oorreed dat sy aksies n donker moetief moes hê.
    Die mag van die donker god kani bevraagteken word nie, maar die mens moet ongelukkig alles wat nie verklaar kan word nie, bestempel onder iets wat hulle dalk nie verstaan nie, en dit is ongelukkig ons grootste probleem. Kinders, tieners ondersoek sulke goed van ouers het nie genoeg kennis van n meerderheid van die goed nie, hulle lees wat ander sê, wat in tydskrifte en koerante bespreek word, maar hoeveel van daai feite is nie leuens nie?
    Die oplossing vir wat in ons wêreld aangaan is liefde? Wees jou naaste lief soos jou self. Ouers moet tyd samet hulle kinders spandeer, gesels met hulle, leer hulle ken. Wys vir hulle dat jul daar is, nie net om op hulle te skreeu na 'n lang dag by die werk nie, maar omdat jul omgee. Tieners van vandag word nie meer liefde van ouers getoon nie, hulle wyk af omdat daar nie meer leiding is nie. Ouers is te besig om op mekaar te verneuk en te skei om te sien hoe negatief die wereld om hulle, kinders beïnvloed.
    Nie alles is die werk van die duiwel nie, somtyd het ons eie aksies n invloed op wat aan gaan om ons, en ons neem nie daarvan kennis nie.
    Skool Geweld , 19/08/2008, Clarusca
    Almal kyk na die ouers, maar wat van die kinders wat agter hulle ouers se ruge satan aanbid, dan is dit nie die ouers nie maar wel die kind.
    Ek het my 6 jarige doger vanoggend by haar skool gaan aflaai sy is nou in gr1, toe het die Juffrou vir die kinders gevra wie se nakkebuster is dit wat sy vashou, die kinders is almal in gr1 gr2 of gr3, ek voel net dat dit nie altyd die ouers is nie maar die kinders ook en ons land sal moet iets doen om die probleem op te los saam met ons as mense, Kinders wat mekaar slaan mekaar steek met skêre waarna toe gaan ons land nie eers ons kinders is meer veilig in hulle eie skole nie.
    MASKER MOORD, 19/08/2008, Charmaine Venter
    Dit was vir my skokkend as 'n ouer wat self kinders in die betrokke skool het toe ek gister die nuus ontvang.Ek moes my kinders gaan haal hulle het self nie geweet presies wat het gebeur nie.
    Dat 'n kind waarmee hulle die oggend gesels het nou dood is en 'n kind wat hul net ken van sien vrees gesaai het in die skool.
    Ek as ouer besef dat dit een van my kinders kon gewees het en dank die HERE dat hy hulle beskerm het.Aan Jacques se ouers wil ek net sê my gebede is met julle.
    Aan die ouers van die moordenaar, my gebede is ook met julle. Hoe sal ons weet wat dryf 'n kind na sulke omstandighede, was dit regtig dwelms of satanisme? Eending kan ek wel sê die skool het nie baie belangstelling in die kinders nie.
    Die opvoeding wat kinders tuis ontvang word soms onderdruk deur groepsdruk, jy probeer jou kinders ordentlik groot maak maar hulle meng met kinders wat dinge aanvang wat jou hare sal laat rys.
    Ouers maak seker julle weet waar jul kinders is en wat maak hulle as jy twyfel hou hulle liefs by die huis.
    SIMPATIE - MASKER MOORD, 19/08/2008, Marius van Vuuuren
    Graag wil ek net my innige simpatie en medelye aan die ouers, broer, familie en vriende van Jacques Pretorius oor dra gedurende hierdie moeilike tyd waardeur hulle gaan.
    Mag God in al sy almag en krag by julle wees en julle vertroosting gee. Weet net dat al is dit moeilik en nie maklik om te verwerk nie dat julle wel baie goeie nuus van Jacques kan oordra na almal omdat hy nou op die beste plek ooit is naamlik langs Liewe Jesus ons verlosser en saligmaker.
    Hy kyk neer op julle en sal julle die krag gee soos die tyd verloop. Ek en my gesin en ek glo almal wat weet bid vir julle. Geseënd is julle en mag julle vertroosting kry.
    gemaskerde gr12 leerling wat moord gepleeg het, 19/08/2008, Michelle
    wat hy gedoen het is onvergeeflik, maar hoe kan hulle sê dat slipknot die oorsaak is van moord. daardie kind het presies geweet wat hy doen, nou blameer almal dit op musiek?
    jy luister die tipe musiek waarvan jy hou en jy maak van dit wat jy wil nie anders om nie. musiek kanie jou beheer nie tensy jy dit as mens toelaat! mense maak dit baie moeilik vir ander mense wat metal luister. werksomstandighede veral bv iemand wat ek ken kry nou moeilikheid by sy werk as gevolg van dit wat gese word van metal. en dit werk nie so nie almal kani geklasifiseer word as verkeerd as hulle metal luister nie!daardie laaitjie het geweet wat hy doen hy kon dit gestop het!
    ek persoonlik dink hy het `n disleksie of baie geweld gehad toe hy jonger was. as hy by satanisme betrokke was dan is dit ook die oorsaak hoekom, want as jy `n satanis is word jy forseer om dwelms te gebruik en dinge te doen wat onmenslik is.
    daar is geen verskoning vir wat hy gedoen het nie. maar almal kan nie slipknot blame nie ek is `n heavy metal head ek luister metal ek luister slipknot en in flames ens as julle die tipe musiek sleg sê wat dink julle word dan van ons gesê as on `n slipknot hemp dra of ons musiek luister, niemand kan musiek die blaam gee vir iets wat iemand wat verstandig genoeg is om te besef wat hy doen gedoen het nie.
    daardie kind moet sy straf kry!! hy gee alle ander mense wat metal luister `n slegte naam en veroorsaak dat mense dink jy is soos hy!!!! jy het `n keuse in die lewe en jou keuse kanie blameer word op musiek klere drag ens nie.
    gemaskerde moord , 19/08/2008, anoniem
    Dis is een van die skokkendste stories wat 'n ouer kan hoor . Ek het self 2 seuns en besef hoe besig `n ouer se dag is met al die druk en ja ek glo dat alle kinders aanjaag maar ek glo dat 'n mens die tipe tekens kan sien as jou kind op die verkeerde pad is .
    Ek voel regrig jammer vir die ouers van die seun en ek glo dat daar BAIE hartseer is ek so baie hardseer gewees het as dit my kind was . Ek dink ook dat die kind wat se hy deur 'n duiwel gesê was om die kinders dood te maak moet betaal vir wat hy gedoen het en daar moet een of ander tyd 'n voorbeeld gemaak word van een van die kinders wat dink hulle het die reg om ander kinds se lewens te vat en of om n boelie te wees .
    Dit gaan net nie beter word as ons as grootmense dit toelaat ons sal nou n stop daar aan moet sit . Dit is 'n goeie verskoning om te sê o die duiwel maar nee ek dink dat dit is net 'n ding van ek wil en ek gaan en dit is verkeerd want as ons dit aanvaar dat dit kastig die duiwel is dan gaan ander ook die verskooning gebruik want die klink soos die enigste manier uit .
    kyk mense nie?, 19/08/2008, Karin Noack
    ek wil net een ding weet....... indien enige iemand al 'n oosterse swaard gesien het sal jul weet dit is nie iets wat jy in jou broek sak kan weg steek nie....... en kom ons wees nou eerlik met mekaar.... as jy n ou in 'n masker met n mo%$re swaard op jou sien af kom sal jy net net daar staan nie...... wil jul nou regtig se dat niemand in die skool agter gekom het dat die po%#ol met n swaard rond loop nie???? kom nou mense dink jul rêrig dit kon nie verhoed word nie???
    Wat jy insit is wat jy uitkry, 19/08/2008, Ann
    Ek dink nie dit is net musiek of net sy ouers of net boelies nie dit was 'n kombinasie van dinge wat aanleiding daartoe gegee het dat hy hierdie aksie neem.
    Mens kan nie ignoreer dat musiek gebruik word om mense aan te spoor tot nog meer haat en geweld. Hoekom is almal dan so in rep en roer oor Zuma se masjiengeweer liedjies?
    Want woorde spoor mense aan om oor te gaan in aksie... Dit is my opinie. Ja ons is nie Zombies nie dit bly ons keuse.
    Mense volg sterk opinieleiers. Verder is ek regtig baie jammer oor wat gebeur het. Dit is baie baie hartseer.
    Mens moet pasop wat by jou oë en ore ingaan dit gaan nou jou hart en wat die hart van vol is loop die mond van oor.
    satan se ek moet moor!, 19/08/2008, Lelanie Radyn
    dis belaglik en die feit dat ons kinders na snert soos Reaper op M-net kan kyk gee nog die gewelddadigheid 'n hupstoot, want dit word uitgebeeld as "cool" om vir die satan te werk! en ek is oortuig daarvan dat die seun dalk na dit ook gekyk het. sy hele lewe is weggegooi en hy het 'n pragtige seun ontneem om sy hele lewe te kan uitleef, mag die mense besef dat ons werklikwaar sal moet begin bid vir die land en sy mense om in in te gryp en te genees van al hierdie siek dinge wat uitbroei, aan Jacques se ouers wil ek net sê die Here slaap nie, baie sterkte vir julle!
    Arme Slipknot ??, 19/08/2008, RH
    Ek sit en lees deur al die kommentaar en deur alles was daar een post wat my aandag getrek het en dit is die een wat vra dat die musiek en metal band nie die skuld moet kry vir die kind se optrede nie my vraag is, is slipknot regtig so onskuldig.
    Kom ons vergeet van wat hulle sing en waarvoor hulle staan gaan doen 'n eenvoudige google image search vir hulle, en dan ook sommer vir ander metal bands soos Iron maiden, Black Sabbath ( die naam se klaar genoeg) en AC/DC.
    Die beeld wat hulle uitdra is defnitief nie iets waaroor ek goed voel soos ek nou na die images kyk nie, hulle is dalk nie direk verantwoordelik vir die kind se optrede nie, maar met cd titels soos "all hope is gone" en tracks met die naam "excecute" en "Gematria (The Killing Name)" dra hulle ook nie 'n positewe boodskap oor aan die jeug nie.
    Ek veroordeel nie die tipe musiek nie, en dink daar is baie ander tipes musiek wat net soveel skade aan rig as heavy metal maar daar is bitter min metal bands wat enigsins 'n positiewe beeld of boodskap na buite dra.
    Aan Jacques Pretorius se ouers, vriende en familie baie sterkte en ons bid vir julle in die moeilike tyd.
    Lyfstraf hoort in Apartheid, 19/08/2008, Recato Eberwein
    Hoe kan 'n mens die staat blameer as die probleem duidelik by die ouerhuis was? Die ouers moet ook vervolg word.
    Om kinders met lyfstraf te straf hoort waar dit was. In Apartheid. Louis dankie tog jy is nie my pa nie.
    Hel as ek my toon teen 'n publieke sypaadjie stamp is dit ook die staat se skuld.
    Dit kom nie altyd daarvan nie., 19/08/2008, Joleen
    Ek luister al meer as 15 jaar na Metal / Hard Rock musiek en dit het nog nooit 'n invloed op my gehad nie. Moenie altyd die musiek of tv of speletjies die skuld gee nie want mense wat sulke goed doen het duidelik ander probleme wat in elk geval eendag na vore sal kom en het hulle nie hulp van musiek en tv nodig om hul dade te pleeg nie.
    Hou op om altyd ander redes te soek om mense wat sulke gruwel dade pleeg te verontskuldig deur die musiek, tv en media die skuld te gee nie. Dink julle regtig die ou wat die tannie en oom op die plaas vermoor of die ou wat die jong meisie verkrag, het eers na een of ander vorm van musiek geluister of 'n tv program gekyk voor hy besluit het om te moor of te verkrag of te martel. Nee, ek glo nie so nie.
    Wat maak hierdie geval anders as die res van die misdade wat in ons land gebeur of is almal nou van die duiwel besete.
    Lyfstraf hoort in Apartheid, 19/08/2008, Recato Eberwein
    Hoe kan 'n mens die staat blameer as die probleem duidelik by die ouerhuis was? Die ouers moet ook vervolg word.
    Om kinders met lyfstraf te straf hoort waar dit was. In Apartheid. Louis dankie tog jy is nie my pa nie.
    Hel as ek my toon teen 'n publieke sypaadjie stamp is dit ook die staat se skuld.
    SATANISME, 19/08/2008, POLLA
    ONS LEWE IN DIE TYD VAN AMOS 8 VERS 11.DIE BOSE IS DAAROP UIT OM ONS JONG KINDERS SE LEWENS TE VERWOES.LAAT ONS VIR MEKAAR SE KINDERS BID EN MEER BELANGSTELLING TOON.DIE NUUSBERIG SÊIE KIND WAS TERUGGETROKKE EN EENKANT. SATANISME IS LIEF OM BY KINDERS POS TE VAT WAT SO EENSAAM EN EENKANT LEWE.DIS HARTSEER EN TE VREESLIK VIR WOORDE.LAAT ONS OOK ALTYD DEUR ONS KINDERS ONDER DIE BLOED PLEIT AS HULLE DIE WONINGS VERLAAT OPPAD IEWERS HEEN.
    Ninja Mal..., 19/08/2008, Chris
    Ek stem saam met Eugene, toe ek op skool was het jy geweet ,doen nie jou huis werk nie of doen iets wat jy nie moet nie, en daar sal opgetree word teen jou...en 'n pak slae het die beste gewerk!
    Skole is nie veilig nie, 'n mens lees elke dag in die beeld van aanvalle met messe by skole...
    Dit gebeur omdat daar geen reg en orde is meer nie...Jy kan doen wat jy wil - En dis verkeerd.
    Ek wil ook weet waar die mal kind die swaard kry,sulke mal mense moet uit die samelewing uit verwyder word!En ook die hemelse vader het elke mens gemaak met verstand...om te weet wat goed en wat sleg is...en om musiek te blameer vir dit...stem nie saam met dit nie...jy moet regtig geen rug-graat he, of 'n totale pateet wees om se musiek het jou dit laat doen...!
    Masker Dood, 19/08/2008, Annesta Luyt
    My hart gaan uit na albei so ouers altwee het hul kinders verloor maar wraggies wat het van ons samelewing geword dan een persoon 'n ander dood kan maak en nie eers twee keer daar aan dink nie.
    Is ons nog 'n Amerika. Werklik mense, my kinders is geskok - hoe voel daardie kinders by die skool en hulle moet vandag en elke dag van die res van hul skool loopbaan verby daardie noodlottige plek loop.
    Ouers vergeet julle eie probleme en leef vir jul kinders hulle is ons toekoms en sal altyd wees. Praat, Luister gee raad en Raas.
    masker moord, 19/08/2008, ANONIEM
    Die familie wat die kind verloor het moet net op die Here vertrou en weet hy is op 'n beter plek as ons. die kind wat die moord gepleeg het hoe kan jy so iets aan 'n onskuldige kind doen. bring terug die doodstraf......
    SKOKKENDE MASKER MOORD, 19/08/2008, Armandus Breytenbach
    Dit is so hartseer wat in vandag se lewe gebeur. Jou eie kind is nie meer veilig op die skool banke nie...
    Ek werk by 'n bou konstruksie regs langs die skool waar hierdie voorval plaas gevind het. Ons hoor hoe ry die polisie en die volgende oomblik hoor ons oor die nuus van die voorval.
    My vraag is Waar is die ouers se betrokkenheid by hul kinders se doen en late. Nou moes 'n onskuldige kind se jong lewe kort geknip word deur die duiwel se dinge.
    My innige simpatie vir die Famielie vir hulle verlies. Mag GOD julle deur dra in hierdie tyd.
    Skool Moord op Onskuldige leerling, 19/08/2008, Tersia
    Dis ontsettend ontstellend om te dink so iets gebeur helder in die dag by ons skole. Dissipline moet weet teruggebring word in skole. "n Geweldige straf moet op die "Satan Kind" opgelê word - 'n onskuldige kind se lewe is geneem. Alle meegvoel aan sy ouers, maats.
    Masker Kind, 19/08/2008, Vanessa
    Hierdie is vreeslik! Maar ek voel jammer vir die kind, dat hy nie 'n kind van die Here wil wees nie - want wat is nou lekkerder as die liefde van Jesus? Ek bid elke dag vir die mense wat nie in die Here glo nie. Ek dink hulle het 'n vreeslik eensame en liefdelose lewe! Ek voel jammer vir al die mense betrokke by die hartseer geval. Ek dink aan julle.
    Moord, 19/08/2008, James
    Ek lees al die boodskappe hieroor en dink, dat daar te veel krediet aan die die bonatuurlike gegee word, al wat hier gebeur het is `n ou wat voeling met die werkliheid verloor het.
    Musiek het dalk gehelp, maar hierdie was `n tragedie wat sou gebeur het, daar sou net `n ander trigger gewees het. Hierdie is eerder `n psigiese probleem by die moordenaar en moet so hanteer word.
    Ek dink ook nie die skool sou veel meer kon doen om dit te verhoed nie moet hulle al duisend kinders ondersoek as hulle by die Hekke instap.
    Sterkte aan die Familie in hierdie Moelike Tyd
    Skole van vandag ..., 19/08/2008, Louis J vRvO
    Skole se wiele is besig om af te kom ... Hulle maak soos hulle wil, praat soos hulle wil, doen huiswerk & leer wanneer hulle wil! By skole is daar nie dissipline nie & ook nie by die huis nie! Kinders moet ge-BL^#*&#*EM word!
    Om punte teen jou te kry wanneer jy nie huiswerk doen nie, daardie storie werk nie! BL*&#%@EM hulle wat nie wil luister nie! Hierdie Morné het dit tien teen een nodig gehad!! Sou dit Jacques gespaar het - moontlik want miskien was die stuk skuim aka Morné LANKAL geskors! My hart gaan uit na Jacques se ouers!
    Raadslid & Vraelys, 19/08/2008, Gert P
    Beste mnr. raadslid wat so baie te sê het oor die skool wat nie deel was van jou opname nie. As die skole elke vorm moet invul van elkeen wat niks het om te doen nie, sal daar op gods aarde niks by skole aan gaan nie.
    Hou jy jou by die raad en sy dienste (wat so brood nodig is), en laat die skole en hulle veiligheid oor aan die besorgde ouers en demokratiese verkose beheerrade.
    Om nou jou gewig op die voorblad van die koerant rond te gooi is 'n klaaglike uitbuiting van die situasie om politieke munt. Sies man.
    Skool moord, 19/08/2008, Amranda Komment
    Ek dink dis absoluut waansinnig. Hoe die hel kan jy daai moordenaar jammer kry. Nonsens man, die klein hel moet gaan brand. In sulke gevalle is die ouers heel bewus van die kind se rebelse geaardheid dit kan onmoontlik in een dag na so 'n vreeslike gebeurtenis ontlont.
    Ouers het seker net skouers opgetrek en hulle niks daaraan gesteur nie. Pa's is minder betrokke, maar dis die ma's wat ten minste iets moes agter gekom het.
    Dan moet ek self sê my seun is ook 16, en ek belowe dat as so iets met my seun moes gebeur sou ek aangedring het dat daardie moordenaar se lewe ook geneem word (of sou hom self wou doodmaak).
    Skuldig?, 19/08/2008, yolande
    Ek dink ons moet almal 'n les hieruit leer en ook onthou dat dit 'n moordenaar aan die kruis langs Christus was, aan wie Hy gesê het "Jy sal die Koningkryk van my Vader vandag binnegaan". Wie is ons om te oordeel, as ons nog nie eens die feite het nie?
    Bid eerder vir hom ook, en nie net die familie van Jacques nie. Ek dink hy het dit meer nodig, tesame met sy familie.
    Van die skool kan ek as ouer aan julle almal s? Daar was nog nooit probleme nie, en ek het die hoogste agting vir die hoof en personeel. Daarom, baie sterkte aan die familie van Jacques en Morné, en sterkte aan die vriende en kinders wat hierdie ding moet deurmaak.
    En laaste, maar nie die minste, sterkte aan die personeel en Hoof van Nic Diederichs. Ek bid vir julle, en glo in julle, want julle was nog altyd 'n PUIK skool. Ook aan Morné - Ek bid vir jou!!!! Mag Christus jou hand ook neem en op die regte pad lei.
    Dit het ons van te veel toelaat., 19/08/2008, Stephan Conradie-Pelser
    Toe ek nog 'n student was in die 70's, het ons moes luister na musiek wat ook boodskappe van onheil versteek het. Plate is agteruit gespeel en boodskappe het duidelik na vore gekom.
    Dit is niks nuuts nie.
    Satanisme is so oud soos die christendom self. Ons het as jong mense dit alles oorleef. As ek mag,is my beskeie mening dat die samelewing saam die skuld moet dra.
    Die kind is bloot 'n produk van ons siek samelewing. Wat se voorbeeld stel ons aan jong mense?
    Ons draai bloot ons gesigte weg en sien niks raak nie. Kinders kan deesdae doen soos hulle wil. Bring ernstige tug terug. Herstel morele waardes.
    Snaaks dat my oupa net voor sy dood voorspel het dat die mensdom sou verval. Hy was so reg. Bring die lat terug. As die regering geen waardes het nie, hoe kan ons verwag dat ons kinders moet oorleef.
    Ek bid dat die personeel en kinders van Hoërskool Nic Diederichs die gebeure sal kan verwerk. Moed hou!
    Ouers, 19/08/2008, Outoppie
    Elna is heeltemal reg. Ons bly in 'n wêreld van vinnige vooruitgang en ouers moet meer betrokke raak by hul kinders, ons kan tog nie alles beperk nie.
    Ek was 'n tiener in die hippie era, maar danksy my ouers se betokkenheid in my belangstellings het ek nie 'n dwelm verslaafde geword omdat ek na rock musiek of die musiek van Bob Dylan geluister nie.
    Die fondasie word by die ouerhuis gelê en glo maar buig die boom terwyl hy jonk is. As 'n kind se opvoeding reg is sal eksterne faktore nie 'n rol speel nie.
    Swaard dood, 19/08/2008, Rolien
    Nee wat, ek weet eintlik nie wat om te sê nie. Ja, satan kan mens se lewe heeltemal oorneem maar was daar geen tekens vooraf nie?
    Ek glo nie 'n kind van daai ouderdom sal sommer net besluit om iemand anders dood te maak as daar nie fout is met hom nie.
    Ek glo dat satan die oorhand hier gekry het, en dat die musiek wat die kind geluister het ook 'n rol gespeel het. Soos ek op die nuus gehoor het was daar baie tekens van satanisme toe die polisie die saak by die seun se huis verder ondersoek het.
    Satanisme is oral en dis hoe jy groot word en wat jou ouers jou leer van kleins af wat die verskil maak. Straf die seun soos enige ander moordenaar en hoop en bid vir Hom dat God in sy hart kan inkom.
    Hartseer, 19/08/2008, Pieter
    Hartseer dat die kind wat nog diens aan sy medemens gelewer het in die noodhulpspan, nie hulp ontvang het van sy maats nie. Dit klink nie of enigeen 'n poging aangewend het nie, al kan so 'n besering net tot die dood ly, binne 'n minuut.
    Die wat ruggraat het - maak hiervan ten minste iets beter en begin soos Jacques iets BETEKEN vir jouself en jou medemens.
    Wat die moordenaar betref - voorbedagte rade soos min. Hy kan duidelik in homself nooit iets beteken nie en het dit gedoen vir AANDAG - "wil jy iets cool sien"... Regtig! Satan? Nee, Meneer self.
    En hy alleen dink hy is belangrik, eintlik, genoeg so om wêreldpublisiteit te haal, en om 'n ander se lewe te neem met die nodige paraphernalia, copycat se Moses, SAL hy nie 'n onbenullige mens bly soos wat hy eintlik is nie.
    Mens hoop Satan se vuurtjie is lekker warm.
    Skool moord, 19/08/2008, Linda
    Ek kan aan net een woord dink: EINA! Die arme naasbestaandes wat betrokke is by hierdie hartseer ding wat gebeur het. Die seun wat gesterf het is dalk die beste af van almal - hy is nou veilig by Jesus en sal nie jare en jare se berading nodig hê soos die res nie.
    Ek dink nie enige van die betrokkenes sal ooit van die pyn en lyding genees nie. My innige simpatie met die ouers en familie van al die betrokkenes en ek glo die hele land bid vir julle.
    SKOOL MOET STRENGER WORD, 19/08/2008, Didi
    Die skool moet strenger word. Kinders het te veel s?n die klaskamers. Geen orde in skole nie.
    Skole leer die kinders nie meer dissipline nie.
    Geen respek vir mekaar meer nie.
    KOMAAN, kom ons staan saam en ondersteun mekaar maar op die regte manier.
    Jammer aan die ouers wat hulle kinders sien ly.Die almagtige Vader is saam julle elkeen.
    mense, 19/08/2008, daniel
    dit het niks met music uit te dun nie. ek myself luister na slipnot en dit het nog nooit my laat dink om dood te maak nie ...dit is mense wat nie kan dink nie...almal het keuses. Dis net wat jy maak met jou keuses. bepaal jou toekoms...gebruik net verstand..musiek is musiek. dit sê nie wat jy moet doen nie. dit is net klank.Ek is baie jammer vir die ouers en familie van Jacques.
    Skokkend!!!, 19/08/2008, Christa
    Dit is absoluut skokkend dat so iets kon gebeur het!! My simpatie aan Jacques se ouers en baie sterkte vir hulle. My gebede is met hulle. Ek dink Jacques was op die verkeerde plek op die verkeerde tyd. My innige simpatie.....
    Masker moord, 19/08/2008, Anoniem
    Almal wat so aangaan dat dit die tv en die musiek en die kind se ouers was, soek net iemand om te blameer.
    Vandag se kinders is baie slimmer as wat hulle voorkom. Hulle steek goed vir hulle ouers weg sonder om te blik of te bloos.
    Meeste ouers, insluitend die wat kamstig hulle kinders se tv en musiek sensor, en elke Sondag kerk toe gaan, sal geskok wees oor wat hulle kinders elke dag by betrokke is. Hulle sal nie hulle eie kind herken as hy tussen sy vriende is nie.
    En dink jy regtig jy kan jou kind se media inname sensor? In vandag se tyd? Kinders het nie JOU tv en hoëtroustel nodig om te kyk en luister wat hy graag wil nie.
    Kinders het nie jou toestemming nodig om iets te doen as hy dit regtig wil doen nie.
    OUERHUIS, 19/08/2008, Eugene Bennetts
    Elna, ek glo deel van dissipline kom van die ouerhuis af maar hoe kry kinders dissipline as hulle 70% van die dag by die skool is.
    Tog is onderwysers ons kinders se "2de stel ouers"? Die 1ste 6 jaar van 'n kind se lewe leer die ouers hom daarna los jy jou kind in iemand anders se hande om te doen wat jy nie kan nie want jy werk natuurlik.
    Ek val jou nie aan nie maar dis baie belangrik dat kinders vas gevat moet word by skole. Ek self was in Diederichs en glo my die onderwysers het ons gelooi met of sonder toestemming van my ouers af. As ek ongedisiplineerd was dan het hulle my gedissiplineer en ek het geweet hoekom.
    Vandag word hulle in 'n klaskamer ingedruk vir hulle sonde en glo my baie kinders dink dis een groot grap om in daardie klasse te sit.
    Wat leer hulle daaruit???
    satanisme, 19/08/2008, N V ZIJL
    Satanisme is nie iets om mee te speel nie. Dis 'n gevaarlike situasie.
    almal, 19/08/2008, Noel Woest
    Ek het een vraag aan al die mense wat nou so saam staan teen "metal" music... wat van "gospel metal" wat al oor en oor bewys is om baie harder te wees as "Slipknot" maak oop jul oë en kyk rond, die slegte kan in als gevind word, veral as jy met oogklappe na iets staar en soek!
    dit was sy eie keuse, ek persoonlik luister "metal" maar staan op vir my geloof as Christen. so indien iemand iets te sê het, doen my asb 'n groot guns en bewys my verkeerd..
    Skrikwekkend-Vreesaanjaend-Televisie-Internet!!!, 19/08/2008, Valerie
    Skokkend! 'N mens staan in ongeloof en toekyk waarheen ons kinders oppad is. Verban alle toegang van TV en Internet geweld uit ons samelewing. Geweld Speletjies is aan die orde van vandag!
    Hoe pynlik hartseer is dit nie as 'n mens 'n kind voor die TV of Rekenaar sien geweld speletjies speel terwyl die son daar buite wink?
    Ouers gee te maklik toe aan hulle kinders se versoeke. Hoekom? "want hulle vrees hulle eie kinders". Niemand gee vir niemand meer om nie!! Elke ou is te bang om betrokke te raak by sy gemeenskap, wat nog te sê van hulle eie kinders. Net waar jy kyk en hoor is gevaar zones. Onnies, al betaal hulle my 'n miljoen rand 'n maand wil ek nie julle werk hê nie. Ek haal my hoed vir julle af. En ouers vir julle wat 'n fondasie vir julle kinders geskep het en die mat word onder julle voete uitgeruk - wel, wat kan ek sê.
    Iets drasties sal moet verander anders voorspel ek baie doodslag en hartseer oppad vorentoe. Die skrif is aan die muur!
    Valerie
    Sad en geskok, 19/08/2008, ??
    Ek dink Heavy metal musiek is 'n groot oorsaak van dinge wat mense doen. Ek myself was tot vandag toe 'n fan van heavy metal. . . . . ek het ook nou en dan geluister na Slipknot, wel na hierdie skokkende insident sal ek 2 keer moet dink. Ek bid vir die familie en hoop alles van die beste, may God be with you.
    Begin by wette, 19/08/2008, Ernest
    Ek is die pa van n sestien jarige seun. As daai kind regtig met die duiwel te doen wou kry moes hy dit aan my kind doen. Ek staan elke dag verdwaas as ek na die stories, foto's en sefoon video's kyk wat my kind by die huis aan bring, maar weereens 'n regering wat moordenaars van vroue en kinders wil vereer deur strate na hulle te vernoem sal seker nie lyf straf en die dood straf terugbring. Aan Jacques se ouers - hy sal kry wat hy verdien, besete of nie.
    satan het gese ek moet moor, 19/08/2008, Roenel
    Ek voel jammer vir die kind wat die daad gepleeg het, Ek was al in kontak met iemand wat "demon posessed" was en dis 'n vreesaanjaende ondervinding. Wat nog van die ding binne in jou te hê. Toe hierdie gedrog haar in volle beheer het, was dit duidelik nie sy nie en toe sy weer by haar positiewe kom het sy nie geweet wat gebeur het nie.
    En ek voel so hartseer vir die ouers van beide kante, mag die Heer hulle dra in hierdie ondraaglike tyd en dat hulle mekaar sal ondersteun en nie sal verwyt nie, want dis wat die duiwel soek.
    Masker Moord, 19/08/2008, Annoniem
    Ek het self in die 70's groot geword, en het ook na baie heavy musiek geluister. Tog het dit nooit 'n invloed op my lewe gehad nie. Hierdie kind met die swaard, het baie groter probleme as net heavy musiek.
    'n Klomp goed moes met hierdie kind gebeur het om hom tot so iets te dryf. Dis sal seker een of ander tyd uitkom. Ek sê nog steeds, bring dissipline terug, straf kinders as hulle verkeerd optree, in die skool en in die huis. Het hierdie kind se ouers dan niks abnormaal agter gekom nie?
    Hy moes tog seker al 'n geruime tyd anders opgetree het.
    My innige simpatie aan die seun wat dood is se ouers en familie en vriende. Sterkte aan al die ouers wat groen koring op die land het, dis voorwaar nie 'n piekniek om kinders in hierdie tye groot te maak nie.
    satan het gese ek moet moor, 19/08/2008, Roenel
    Ek voel jammer vir die kind wat die daad gepleeg het, Ek was al in kontak met iemand wat "demon posessed" was en dis 'n vreesaanjaende ondervinding. Wat nog van die ding binne in jou te hê. Toe hierdie gedrog haar in volle beheer het, was dit duidelik nie sy nie en toe sy weer by haar positiewe kom het sy nie geweet wat gebeur het nie.
    En ek voel so hartseer vir die ouers van beide kante, mag die Heer hulle dra in hierdie ondraaglike tyd en dat hulle mekaar sal ondersteun en nie sal verwyt nie, want dis wat die duiwel soek.
    Eendag was daar dissipline........., 19/08/2008, Paul
    Ek ken iemand in die onderwys baie goed, asook vir Mac Redelinghuys, skoolhoof by die betrokke skool. Hy was jare gelede my skoolhoof op die platteland.
    Hy is nog een van die min skoolhoofde wat in outydse dissipline glo. Hy het my 'n paar keer lyfstraf toegedien, en vandag staan ek trots 'n plek in die samelewing vol.
    Personeel wat kinders moet beheer se hande is afgekap. My vriendin wat 'n onderwyseres is het onlangs n ouer laat skool toe kom oor sy kind ernstige gedragsprobleme wys, en sy is uitgeskel deur die ouer omdat sy nie haar plek ken nie.
    Hy as ouer en belastingbetaler betaal immers haar salaris. Hoekom was daar nie sulke probleme in die laat tagtig en vroeë negentig jare nie?
    Want skoolhoofde soos Mac Redelinghuys het die mag gehad om dissipline af te dwing, en ons ouers het die ander helfte tuis bygedra.
    Satan s?k moet moor, 19/08/2008, Des
    Dit is uiters skokkend wat deesdae in ons skole aan die gebeur is, sulke dinge sien jy veral op die DSTV kanaal waar mense dwelms gebruik en nie weet wat om hul aangaan nie. Ons is egter nie hier om verwyte rond te gooi nie.
    Ek wil net my medelye teenoor Jacques se ouers en familie betuig en veral vir JC wat dit gesien gebeur het, mag die Here sy hand van vertroosting in hierdie moeilike tyd oor almal hou en hul die krag gee om te weet hul seun en vriend is veilige by ons Hemelse Vader. Sterkte aan almal betrokke.
    skool moord, 19/08/2008, Noel Woest
    Well personally i see the above mentioned as a huge load of horse crap, as by personal experience i have found that "metal" or "rock" clubs have 95% less violence than your average "good" clubs, just because a person listens to rock does not make him evil or satanic! if society had a better look at itself and stopped blaming music and movies for the way we think then maybe this world would not be as f***ed up! there are actually christian metal bands that are MUCH heavier that Slipknot, so how about getting facts straight and stop being ignorant! time to look at what is really causing the problems and stop trying to find it in places you know absolutely nothing of!
    Slegte mense met ons, 19/08/2008, Ben
    Daardie kind is beslis sleg, verrot in sy grein. Hoekom met voorbedagte rade die wapens en maskers pak, lekkergoed koop vir vriendin, nie vooraf sê ei, ek is bietjie besete vandag nie?
    Duiwel het op sy nek gesit ja, maar besete? Kom nou - ewe by tuintjie skielik uit sy besetenheid en in onskuld "wat het gebeur"?! Twak, mense. Net soos kamtige Christene die Christelike geloof misbruik vir dinge soos apartheid, of oorloë gevoer word in die naam van ene Allah of Christus, dis MISBRUIK van wat is, net om jou walglike innerlike uit te leef.
    Ja, die musiek kan bietjie geweld aanwakker, maar gaan kyk gerus maar na sy huislike omstandighede en VERAL watter dwelms hy aan boord gehad het.
    Hy het verskoning gesoek om sy swak slegte verrotte self uit te leef. Arme arme kind wat dood is. Moenie verskonings soek vir die moordenaar nie, hy het klaar mooi uitgewerk watter verskonings hy gaan opdis.
    Hy wou uitvark en hy het. Maar om 'n onskuldige se lewe te neem, een wat nog iets vir sy gemeenskap gedoen het - nie Satan se skuld nie, syne. Pleks hy homself opgekap het in die naam van Satan, dan het mens hom dalk geglo.
    Gemors het ons genoeg in SA.
    GEEN verskoning.
    Skoolmoord, 19/08/2008, Marli
    Mense besef nie die groot invloed wat musiek van byvoorbeeld Slipknot, Marilyn Manson, Lordi en ander groepe wat donker en eksplisiete lirieke skryf op kinders het nie. Veral kinders wat prikkelbaar is, wat dalk aan depressie ly.
    Ouers moet weet wat in hulle kinders se lewe aangaan, al beteken dit dat hulle gereeld die kind se kamer deursoek. Gaan besoek die webtuiste van die musiek waarna jou kind luister en kyk wat hierdie groepe behels, dit is skokkend.
    My suster het na hierdie tipe musiek geluister en ek is oortuig daarvan dat dit 'n groot bydrae gelewer het tot haar selfmoord, depressie alleen kan nie blameer word nie. Ek weet dat baie ouers gaan kommentaar lewer dat dit jou kind se privaatheid skend maar ek is jammer, in vandag se lewe kan jy nie anders nie.
    Daar is weer vandag 'n berig oor 'n meisie wat verdwyn het en wat glo op MXit gesels het (nog 'n euwel in my opinie). Weet te alle tye wat jou kind doen.
    Wees nou maar die vark in die verhaal - eendag sal jy en jou kind baie dankbaar wees daaroor!
    Duiwel of nie?, 19/08/2008, J-H.K
    Die gebeure by die skool is skokkend en bevestig net weer die grootse siekte van ons tyd...nee nie aids nie...Goddeloosheid en die verval van standaarde en norme in ons gemeenskap...ouers word wakker!Ouers glo dit of nie...julle is die wortel van die probleem...hou op om ander te blameer!
    Masker Moord, 19/08/2008, Ray
    Ek dink die wêreld maak 'n baie groot fout as hulle dink musiek het die kind laat moor, ek persoonlik het ook slipknot cd's en nee hulle sê nêrens maak mense dood of sing oor sex , drugs , moord of enige iets van daai aard nie , ek dink dis belaglik as mense nie die waarheid kan sien nie -
    Die kind het obviously issues gehaat met bullies ens. Kyk na wat hy gesê het - hy het vir sy vriende gesê dat vandag gaan hy almal terug kry wat teen hom is , dis die selfde wat in die VSA gebeur het - die kinders was gebullie maar toe gee hulle video games die skuld , word groot mense - musiek kan jou niks laat doen nie.
    Ek dink die skool asook die ouers en die kind self moet verantwoordelik gehou word vir wat gebeur het , as ek iemand dood slaan in 'n pinochio masker gaan dit walt disney se skuld wees?
    MASKER MOORD, 19/08/2008, COEN
    Wat van die hoof en/of sy beheerraad wat volgens berigte in die Beeld geweier het om Veiligheidsontleding te doen?
    Moet hulle ook nie verantwoordelik gehou word nie?
    Duidelik is hierdie Satan nie behoorlik opgevoed nie en sy enigste straf sal wees om dieselde aan hom in die openbaar te doen.
    GROOT SKANDE , 19/08/2008, Elize Edgerton
    Dit is 'n skande dat sy ouers nie van sy bewegings geweet het nie. Elke ouer ongeag van hulle ouderdom moet tog weet wat sy of haar kind/ers doen. Dit wat hy in God se oë gedoen het is nie aanvaarbaar nie. Ek hoop hy vrot in die hel. Edgerton gesin
    psigopaat aanval, 19/08/2008, Volker Blok
    dis skrikwekkend dat mense outomaties musiek en ander faktore uitsonder as daar 'n uitsonderlike moord was soos die swaard aanval...mense vergeet dat dit gerieflik is om bv. te sê dat die duiwel jou iets laat doen maar jy was gewoon psigopaties van die begin af....gerieflik as jy 'n "blackout" kry sodat jy nie verantwoordelik gehou kan word nie vir jou dade nie, mense dink daagliks die vreeslikste goeters in hulle koppe maar stabiele mense verloor nie kop nie.
    My hart gaan uit na al die slagoffers en hulle families...ek dink soiets kan jy nie voorkom nie, iemand knak net, en dan is die gort gaar, maak nie saak wie of waar jy is nie.
    MASKER MOORD, 19/08/2008, Elizma Potgieter
    Ek dink hulle moet `n "age restriction" op musiek sit sodat die toeganklikheid van gemotiveerde geweld nie so groot is nie. Musiek van vandag motiveer net sex, dwelms en moord. Daar moet 'n stop daaraan gesit word en lyn moet iewers getrek word!! kinders moet toegelaat word om kinders te wees en volwassenes moet ophou om kinders te dwing om vinnig groot te word.
    Wel mens kan ook nie die kind kwalik neem nie want met ons misdaad kon hy sekerlik nie iets verkeerd sien daarmee nie. Kinders moet aan gesonder rolmodelle blootgestel word.
    , 19/08/2008, Gerhardt
    Hierdie is nie 'n kwessie van dissipline of slegte musiek of TV nie. Baie tieners glo ek luister die selfde musiek as die seun wat die moord gepleeg het. Hierdie was iets persoonik, hy moes dit beplan het.
    Hy het die maskers en swaarde saam gevat skool toe, so hy het dit dalk al lankal beplan. Om vir Satan die skuld te gee is maklik, maar dit was nie Satan wat die moord gepleeg het nie, dit was die seun self.
    Die kern van die probleem lê baie dieper as wat mens nou aan kan dink. Hierdie kind se probleem het nie oornag ontstaan nie. Daar sal ALTYD sulke skokkende dinge gebeur maak nie saak hoe veilig hulle die skole probeer maak nie.
    Hierdie dinge het 'n manier om te gebeur. Dis net jammer vir die kinders en slagoffers wat onskuldig moes deurloop. Maar ja, ek stem saam met Monica, dit kan ook wees dat hy sy inspirasie op TV en deur musiek gekry het. Grace Grace...
    Definitely not from Satan !!!!!, 19/08/2008, Faye Cloete
    Firstly my condolenses to the parents of the child that had a bad experience of death. I do not think this comes from Satan this is the way the child thinks and was brought up at home. As a mother I can only wonder what type of a childhood did this child have to so brutally kill some-one else, another human being as even if it comes from Satan, who are we to judge this, could it not be his own to do !!!! Something to think about, get help this child needs it as I have also a son of 18 and this is scary.....
    satan se ek moet moor, 19/08/2008, tanya
    my innige simpatie met Jacques se ouers en familie ek het self 'n suster aan die dood afgestaan en weet daar is niks erger as dit nie, glo net in God en hy sal julle dra deur die donker tyd.
    Aan die aanvaller wil ek net sê jy kan die perd vat tot by die watter maar jy kan hom nie maak drink nie. Jy moet net onthou jy is nou alleen in die gemors gaan satan jou nou red?
    ek dink nie so nie en dis jy wat nou met jou gewete moet saam leef gaan satan dalk jou gewete dra??? nee!!!! hy gaan jou nou los want hy het gekry wat hy wou gehad het nou bteken jy niks meer vir hom nie... Onthou ook net jy gaan ook eendag dood gaan en jy gaan voor die Groot Regter staan en daar gaan jy nie oorgesien word omdat satan jou beveel het nie.
    Jy sal die swaarste straf denkbaar Daar kry. So al werk jou skynbare verskoning nou, dit gaan beslis nie daar bo werk nie jy sal jou straf kry.
    Troubled kids, 19/08/2008, Tracy Lambrechts
    I am shocked to read this very sad story.I can't understand that a mother can live in the same house as her child and not have a clue to what is going on in his life. The POOR CHILDREN! They will always have the memory of this terrible day in their minds.
    We have three daughters and I cannot imagine anything like this happening to them! My heart goes out to all the kids of the school, the teachers and the parents, God knows how they are all coping at the moment!
    The goverment should take note and wake up! Certain music, movies and T.V. shows can damage your children for ever. Especially those kids who's parents don't care what their kids are up to! I also find it very worrying that the teachers never saw that the boys were troubled and needed some kind of help before this whole insident took place.
    Masker Moord, 19/08/2008, Des
    Elke denkbare ding kan nou die skuld kry....dwelms, tv, musiek, die duiwel...., as ons 'n stok soek sal ons een kry om te slaan. Iewers moes die Harmse seun se ouers, onderwysers en maats al lankal rooi ligte sien flikker het.
    Soek die stok by die onbetrokke mens. Miskien het ouers en onderwysers al lankal geweet daar is probleme met hierdie leerder, maar het hulle weggekyk? Ek dink dit is die volwassene se skuld dat dit gebeur het.
    Waar is die hulp (medies/maatskaplik/sielkundig ens ens) wat die leerder toekom. Ek hoop julle onbetrokkenes se oë gaan oop en reageer dadelik as julle sien 'n leerder het probleme. Dit is nie 'n skande om 'n kind te help nie. Ek ken geeneen se persoonlike omstandighede nie, maar my hart gaan uit aan almal. Aan die Harmse ouerpaar, aan Jacques se ouers, aan JC en sy skoolmaats en aan die onderwysers, sterkte vir julle, julle moet sterk wees. Neem hande en staan saam, en ondersteun mekaar.
    God vs. Satan, 19/08/2008, Kobus Lourens
    Dit gaan net oor blootstelling - wat 'n keuse is. Satan gebruik musiek as een van sy miljoene instrumente en demone kan vrygelaat word deur musiek. Die satan is magtig maar God is almagtig!!! Dink mooi oor die musiek wat jy luister, watse gevoel maak dit los in jou & wat sê die woorde regtag? God is Liefde!!!
    Sward aanval, 19/08/2008, Onbekend
    1. Waar is die foto van die beskuldige? (Morné Harmse)
    2. Is die ouers dan so swak soos julle kind?
    3. Wat het van ons Godsdiens geword en kerklike opvoeding in die huis?
    4. Skole is nie verantwoordelik vir leerlinge se opvoeding en dissipline nie.
    5. Ouers is nog steeds die grondslag van 'n kind se opvoeding en besluite in die lewe.
    6. Dis hoekom daar al 'n geruime tyd gepraat word oor die probleem van ouers wat te min betrokke is by hulle kinders.
    7. As die ouers van die beskuldige moeite gedoen het met die aandag en opvoeding van die kind sou ons nie nog 'n misdaad statistiek op die rekord boeke gehad het nie.
    Masker Moord, 19/08/2008, Irma van Staden
    Dit is skokkend maar wat verwag jy van 'n land waar daar geen wet is wat moordenaars en vergragters in toom hou nie . Hier maak almal maar soos hulle wil.
    satan het gese ek moet moor, 19/08/2008, dirk
    Dit is nogal 'n skrikkerige storie. Of is dit ma net 'n storie... Na 27jaar op die aarde kan ek nogal sê ek het vreemde goed gesien wat ander nie kan glo. Maar nog nooit het ek van 'n ware beseting gehoor of selfs een raak geloop.
    Ma dit laat 'n mens wonder hoe 'n kind dit uit die bloute sal doen. Ek as iemand wat die tipe van goed ondersoek vind dit moeilik om regtig onder soek in die tipe van sake te stel, weens die polisie en ander mense wat the bang is om te praat.
    Deesdae is daar eweskielik baie meer slegte ding in die wêreld as van tevore. En dit is meestal om dat daar nie meer morale verantwoordelikheid deur die ouers geleer word,en wat hulle kinders in n gevaarlike posisie sit deur hulle wel oop te maak vir die tipe van aanvalle deur demone, geeste en allerande ander goed wat weg kruip onder ons oë..
    Dit kom daarvan, 19/08/2008, Chantel van Staden
    Dit kom daarvan as kinders metal musiek luister. As 'n mens gaan kyk na die lirieke in alle metal musiek is al temas wat weerklink word: Seks, moord, dwelms, drank en satanisme en geweld
    . My vraag is wie het vir die seun die tipe musiek gekoop want as dit sy ouers is is dit absoluut hulle verantwoordelikheid vir wat hy aangevang het.
    Daai kind moet bo en behalwe tronk toe by die kerk uitkom dat hulle die gees van die dood uit hom kan dryf want die tipe gees is verbind aan alle metal groepe.
    Sy ouers moet ook by die Here uit kom.
    Duiwel, 19/08/2008, anne-marie
    Wie is ons as mens om die kind wat die gruwelike moord gepleeg het se ouers te oordeel. Baie van ons het nog groen koring op die lande en mag God gee dat een van ons kinders nooit is Satan se mag val nie.
    Jacques se ouers is verpletter, hoeveel te meer moet die skuldige se ouers nie wees nie, hulle kind is 'n moordenaar van 'n medemens, dink net hoe voel dit om jou kind lewendig aan die dood te moet afstaan.
    Mag God gee dat nie een van ons as medesondaar 'n oordeel fel oor ander nie. Ek Bid net genade en krag van die Vader toe vir al die kinders en ouers wat persoonlik en indirek geraak word deur die tragedie, en mag God gee dat die Land en al sy mense bewaar sal bly en genees sal word van Satan en sy bose magte.
    Kom ons almal hou op stenig en staan vir 'n verandering saam en maak 'n plan.
    Onkunde, 19/08/2008, Marike Heyneke
    Hos4v6: My volk gaan ten gronde aan 'n gebrek aan kennis. Wat hier gebeur het het niks te doen met tv, dissipline, lyfstraf en enige ander natuurlike afleiding nie, hierdie was 'n opdrag aan hom van die duiwel om sy vriende dood te maak om sy eie lewe te beskerm. Geen pak slae sou hom van plan laat verander nie.
    Ons geveg is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die bose geeste in die lug. Hulle bestaan, hulle werk hard, hulle manifisteer in ons dimensie, en hulle is suksesvol. Ons hoor maar net van die minderheid van die gevalle.
    Hoe langer die Kerk die werk van demone gaan ontken hoe groter gaan dit word. Ouers - hou op om ander mense te oordeel en maak seker jou huis is reg. "As for me and my house - we will serve You"
    , 19/08/2008, S. BOTHA
    DIS WAT GEBEUR WANNEER SATAN IN BEHEER VAN JOU LEWE IS. DIS NIE MORNE, AS MENS, WAT DIT GEDOEN HET NIE, MAAR 'N DEMONIESE MAG WAT HOM BEHEER. MENSE MOET BESEF DAT SATAN 'N WERKLIKHEID IS EN DAT SY DEMONE DIE REDE IS VIR SULKE SOORT DINGE. DIE DOODSTRAF IS NIE DIE ANTWOORD NIE, MAAR NET BEVRYDING IN DIE NAAM VAN JESUS.
    Bid, 19/08/2008, HB
    Ek bid dat ons Vader beheer sal neem in daardie kind se lewe en die duiwel uitdryf! Ek bid ook vir die arme kinders wat dit moes aanskou en vir Jacques se familie
    Masker Moord, 19/08/2008, Alida
    Ek kan nie glo dat niemand kon sien hierdie kind het "issues" nie!Dit laat my besef, ons as ouers het 'n baie groter taak om op te let na ons kinders se buie, emosies ensomeer.En ja, hoe kry hy dit reg om swaarde skool toe te neem?
    Satan is seer sekerlik nie net 'n oggend deel van jou lewe nie, het niemand die tekens gesien nie? Ouers, Onderwysers, skoolvriende?En moenie sê dis nie die onderwysers se verantwoordelikheid ook nie, jy kies jou beroep en 'n kind se welstand (emosioneel & akademies) behoort bo-aan die prioriteitslys van enige Onderwyser te wees.
    Sterkte vir sy beste vriend JC en ander vriende wat lief was vir hom. Baie sterkte vir sy ouers - baie mense bid vir julle!Mag julle baie genade ontvang om hierdie nagmerrie te oorleef.
    Skool Voorval, 19/08/2008, Derick Booysen
    Ek dink daar is heeltemal teveel "regte" of vryheid en wette wat die kind beskerm. Dit het die hele dissippline aspek laat vaar, My opinie is dat hulle minder vrye teuels aan kinders moet gee, strenger optree en lyfstraf terug bring.
    'n Kind kan deesdae teen enige persoon 'n saak gaan maak vir enige rede ongeag. Dit is belaglik, gee die kind al die wette en vryheid dan vat jy die kindwees weg. Die rede is want hulle raak betrokke by 'n volwasse wêreld en jy kan hulle nie daarteen straf nie want dan betree jy weereens die kind se wette (bedoel nie moord pleeg nie maar die betrokkenheid by aktiwiteite wat gesien word op tv en wat gehoor word deur die tipe musiek soos slipknot) Daar is ouderdomsbeperkings op die media vir 'n rede.
    My vraag is, waar was die ouers se belangstelling in sy kind se opvoeding sodat hulle die kentekens gemis het? Was hulle te betrokke? Ek dink die ouers moet ook aanspreeklik gehou word.
    Moord op skoolkind, 19/08/2008, Maurice Cremen
    Ek wil net iets sê oor die voorval wat gebeur het net die skoolkind. My innige simpatie met die ouers en vriende van die skoolkind. Ek wil net sê dat ek nie die storie glo van dat dit satanisties is nie, ek dink dat daardie kind wat die gru moord gepleeg het was net nie reg in sy kop nie, ek glo nie dat dit die regte veskoning kan wees nie.
    Die Liewe Vader het vir ons "vry wil" gegee en ek dink dat hy wou aandag terk en dit gedoen het en ook dat hy iets teen daardie arme kind gehad het.
    Ek sal sê dat daardie kind die doodstraf moet kry, en dat iemand hom so moet dood maak. Daardie arme skool kind wat dit oorgekom het moes die nie deurgemaak het nie.
    Ek blameer die skool struktuur ook, want hokom het hulle nie sekuriteit by die hekke nie, en hoe kon ander kinders dit ook nie raak gesien het dat hy wapens in die skool terein in gebring het nie.
    'n Skool is veronderstel om veilig te wees vir jou kind, want dit is die plek waar hy toe 70% van sy dag deurbring, daar neem ek ook die skool kwalik om nie te sien wat aangaan nie, maar dit is maar net my opinie, ek dink daar is ook ander ouers wat dieselfde dink.
    My immige simpatie vir die ouers, en baie sterkte vir julle.
    , 19/08/2008, Trud
    Bring terug lyfstraf, disipline en Godsdiens in die skole. Ouers moet weet waarna hulle kinders luister en waarmee hulle , hul op hou. My hart gaan uit na die kinders en ouers van die vermoorde kind.
    Swaard Moord, 19/08/2008, Edith Van der Schyff
    Al my simpatie gaan aan daardie jong seun se ouers. Ek het 'n baie klein dogtertjie en kan nie eers myself indink hoe ek sal optree as ek 'n oproep kry van die skool of polisie om te sê my kind is deur 'n ander kind met 'n swaard doodgesteek nie. Mag God by julle wees, en onthou God is Almagtig.
    Masker Moord, 19/08/2008, Dedrie Venter
    Ek stem 100% saam met Eugene Bennetts. Die regering ontneem ouers en onderwysers die mag om ons kinders te dissiplineer, en daardeur word veroorsaak dat kinders geen respek vir niks en niemand het nie. Julle stuur ons kinders na die hel, speel so reg in satan se hande.
    Dit is 'n siek voorval en ek wonder hoe 'n kind so kan raak, is dit weer 'n geval van ouers wat nie juis omgee wat hul kinders doen en waarmee hul kinders besig is nie ?
    Onderwysers en skoolkinders sal moet leer om kinders wat sulke dreigemente maak ernstig op te neem en dit nie net as nog 'n grap af te maak nie. Kinders wat grappe maak oor sulke siek aanvalle moet ernstig gestraf word, voor dit verder kan gaan.
    onstellend, 19/08/2008, cathy
    ek kan nie glo dat die jongmense van vandag so hand uit ruk nie. ek is self nog baie jonk maar dit hang ook seker af van die opvoeding by die huis. my hart gaan uit aan jacques se ouers!
    BISSAR!!!, 19/08/2008, Leonie Pretorius
    Dit is skokkend!!! Wat gaan die skool daaromtrent doen siende dat hulle nie eers Jacques se ouers kon kontak toe die voorval gebeur het nie, en nog steeds taal of tyding van die skoolhoof dit is uiters swak
    masker Moord, 19/08/2008, susanfouche
    Nee, ek dink nie persoonlike dis die musiek en programme op tv en dvd nie. ek dink dis die dwelms wat kinders gebruik ouers moet na hulle kinders kyk en sien of daar enige veranderings in hulle kinders se gedrag is en iets eerder aan die dwelms doen as musiek en tv die skuld gee nie.
    ek kyk ook dit en die hele wêreld maar as jy in die kind se probleem gaan is daar tog seker dwelms betrokke dink ek in hierdie saak want hoe kan hy sy persoonlikeheid so vinnige verander en vra wat het nou gebeur en weer in die skool hoof se kantoor weer dreig hy is en het seker dwelms gebruik.
    Arme Slipknot, 19/08/2008, Nadia de Villiers
    Kyk mense, ek is baie jammer vir die slagoffers en ek stem saam dat daardie outjie moet kry wat na sy kant toe kom. Maar dit is nogsteeds geen rede om sommer net die beste en eerste ding te kry om op blaam te pak nie.
    Ek luister nou al van ek kan onthou na my "gemors musiek" en nog nooit het die duiwel een keer vir my gesê ek moet moor nie.
    Inteendeel ek het Slipknot se liedjie "Before I forget" op my luitoon. As enige iemand wat hierdie musiek net sleg insien net vir eens die moeite kan doen om na die woorde te luister dan sal julle agterkom dis nie so erg nie, of gaan die verskoning nou weer wees dit is die harde kitare en dromme.
    En nog 'n ding wat ek julle nou kan vertel is ravers, rappers en hip hoppers is meer op drugs as wat die metal mense is. Dis net so goed hierdie outjie het Neil Diamond geluister... wat sou dan gesê word... absoluut niks!!! Nie waar nie???
    My punt staan net, dis nie die musiek of die TV nie. Doerie tyd toe daar nie sulke musiek was nie was daar hekse en sataniste toe was dit maar net afgesien hul is van die duiwel besete, nou is dit sommer die "gemors musiek" se skuld.
    Die outjie was ooglopend deurmekaar met ander dinge. Weereens se ek, ek luister hierdie musiek van ek kan onthou, ek is 'n Christen ek glo aan God. Dis net my music genre dit gaan nie my musiek se skuld wees as ek my swart kat se bloed suig nie.
    Hartseer, 19/08/2008, Crypto
    Ek wonder net hoe daai kind by die skoolgronde ingekom het met 'n masker en 'n swaard!Het niemand onraad vermoed nie?
    skokkens, 19/08/2008, Maryke
    Ek stem 100% saam met Monica dit is absoluut skokkend om te hoor wat onder die jeug aan gaan en om sulke geweldadige dinge te hoor. Waar is die kind se ouers dat hulle nie bewus was waarmee hulle kind besig is nie?
    Het hulle nooit 'n gedrags verandering opgemerk en agter gekom dat hulle kind van die pad af is nie? Hoekom moes dinge so ver vorder dat 'n onskuldige lewe geneem is van 'n kind wat se hele lewe nog voor hom gelê het voor die ouers besef het daar is fout?
    Die feit dat hulle kind na heavey metal geluister het moes kla die liggies laat aan gaan het. Maar ek moet sê uit my perspektief het die jeug heeltemal hand uit geruk, dit lyk vir my asof hulle genot daar uit put om te moor en aan te rand en hulle self te bedwelm en dronk te drink.
    Ek dink die ouers van tieners moet hulle mooi dop hou met valk oë,en tieners moenie toe gelaat word om alles te doen wat hulle wil nie en uit te gaan na plekke toe waar die ouers nie weet waar hulle is nie.
    Die waterkool 4 het 8jaar gekry ek dink die knaap moet vir die res van sy lewe ver weg gebere word vir die dade wat hy gepleeg het.
    Ouerhuis?, 19/08/2008, Elna
    Nee Eugene, ek dink nie ons kan die Staat en skole blameer nie. Ek dink ons moet begin by opvoeding in die ouerhuis. Vrye toegang tot internet en dies meer.Alhoewel ek besef dat opvoeding in die ouerhuis nie ALTYD die oorsaak is vir sulke gedrag onder kinders nie, glo ek dit speel maar `n rol.
    DIS SIEK, 19/08/2008, Gerhard
    Dis net plein siek, ek wil bittergraag weet waar hy aan die absolute snert idee gekom het, my opinie is dat hy sonder twyfel gehang moet word.
    Dis weer 'n bewys van al die siek goed wat op TV uitgesaai word en ouers wat hulle kinders toelaat om dit te kyk, duidelik het hy die verkeerde vriende gehad.
    Satan se ek moet moor?, 19/08/2008, S. Douglas
    Ek wil net graag sê ons ou wêreld raak al hoe sieker vir 'n ouer van twee klein kindertjies kan ek myself nie eers indink hoe hierdie ouers moet voel wat niksvermoedend hulle kind skool toe gestuur het nie.
    My hart gaan uit na hulle baie sterkte. Of Satan in hierdie kind ingevaar het sal 'n mens seker nooit weet nie, maar dit regverdig nie wat hy gedoen het nie. 'n Mens sou nou dink jou kind is veilig by sy skool duidelik nie.
    Skokkend!, 19/08/2008, Monica
    Hierdie is sekerlik die skokkendste berig ooit! Wat het van ons kinders geword? Waar kry die kind die swaard, ninja uitrusting en maskers?
    Dit is 100% bewys dat die gemors waarna kinders kyk op die TV en gemors musiek waarna hulle luister wel skade aanrig!
    Ouers behoort beter na hulle kinders se emosionele welstand om te sien deur te beperk waaraan kinders blootgestel word - die mens het vergeet hoe magtig die duiwel is.
    Mag ons Almagtige God vertroosting stuur vir die arme kinders wat hieraan blootgestel is. My innigste simpatie aan die slagoffer se familie.
    Masker Moord, 19/08/2008, Eugene Bennetts
    Ek dink die rede vir al die misdade en dwelms by skole is omdat daar geen dissipline is nie. Die grootste fout wat die staat kon gemaak het was om te sê dat kinders nie pakslae mag kry nie. Hoe anders moet hulle dissipline toepas? Ek is baie jammer vir die ouers en famile van Jacques en ek dink daardie "Gemaskerde Satan" moet die doodstraf kry.
     
    Hierdie kommentaar fasiliteit is nou gesluit.
    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |