Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
|||||||||||||||||||||
|
Pta-seun (15) in hof oor wapen
’n Seun (15) van Pretoria-Noord is gister gearresteer nadat ’n vuurwapen in sy besit gekry is. Insp. Wanda Olivier het gesê die polisie het inligting van twee skoolhoofde in die gebied gekry dat die kind tussen hul skole reis en ’n vuurwapen dra. Polisiebeamptes het die seun gaan ondervra. Olivier sê hulle het die taxi deurgesoek waarin die kind gery het en ’n 9 mm-pistool gekry. Dit is onbekend aan wie die wapen behoort. Volgens Olivier beweer die seun hy het dit in ’n kerk se badkamer in Pretoria-Noord gekry. Hy sal na verwagting vandag saam met sy ouers in die Pretoriase landdroshof verskyn. – Sapa
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|