Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Opspoorstel in wapen lei polisie na lid
’n Inspekteur van die polisie se handelsmisdaadeenheid is weens ’n transitorooftog aangekeer nadat ’n opsporingstoestel in ’n vuurwapen die polisie na hom gelei het. Dié polisieman het gister in die Johannesburg-landdroshof verskyn op aanklag van gewapende roof nadat die polisie dié vuurwapen, wat tydens ’n transitorooftog gebuit is, in sy besit gevind het. Insp. Samuel Tshioma (43) word daarvan verdink dat hy lid van ’n bende van agt was, wat op 1 Augustus ’n SBV-geldwa van sowat R2,7 miljoen beroof het. ’n SBV-veiligheidswag is daartydens gewond en vier vuurwapens van dié wag en twee ander wagte is gebuit. Hulle is aangeval terwyl hulle geld vir ’n Standard Bank-kitsbank by die Faraday-taxistaanplek afgelaai het. Insp. Stefanus van Zyl van die polisie se georganiseerde misdaadeenheid, het gister vertel hoe Tshioma vyf dae ná die voorval in die middestad vasgetrek is nadat die opsporingsapparaat ná die rooftog “heeltyd tussen Germiston en Johannesburg gebiep het”. ’n Polisie-sirene, blou lig, glimbaadjie en breekyster is ook in sy private motor gekry. Tshioma is reeds uit die polisie geskors is. Sy borgtogaansoek is tot Vrydag uitgestel.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|