Gautrein in Beeld
Die Gautrein-projek vorder fluks. Loanna Hoffman het haar kamera byderhand gehad.
Beeld
Wie het wie verneder?
Weideman het dalk bietjie tee oor haar gekry voor 10 of 20 of 100 mense...

Leserskommentaar onderaan.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote


Rowers se koeëls eis man in sy slaapkamer
Aug 19 2008 09:26:16:547PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Virginia Keppler

Gewapende rowers het ’n mynkontrakteur gisteroggend omstreeks 01:30 in sy slaapkamer op ’n kleinhoewe in Hartbeeshoek, noord van Pretoria, doodgeskiet en sy vriendin aangerand.

Mnr. Martin Wilken (44) is twee keer in die bolyf geskiet. Een koeël het sy hart deurboor. Hy is op die toneel dood.

Mnr. Scott van Heerden (71), Wilken se gewese skoonpa, het gesê die rowers het ’n badkamervenster op die eerste verdieping gebreek.

“Een rower het deur die venster geklim en die voordeur vir die ander oopgesluit. Hulle (die rowers) is toe by die trappe na die boonste verdieping.

“Martin het hulle gehoor en opgestaan. Toe hy die slaapkamerdeur oopmaak, het hulle hom in die hart geskiet,” het Van Heerden gesê.

Hy het gesê die rowers het Wilken se vriendin, wat nie genoem wil word nie, na die onderste verdieping geneem.

“Hulle het haar vasgebind en toe met die pistool oor die kop geslaan. Sy het gesê sy het hulle aanhoudend gesmeek om haar nie te verkrag nie.”

Volgens van Heerden het die vriendin die motor se sleutel vir die rowers gegee toe hulle dit vra.

“Hulle het toe die videospeler, ’n skootrekenaar, nog ’n rekenaar en twee selfone gesteel en is in Martin se BMW weg.”

Insp. Dikatso Thebe, polisiewoordvoerder, het gesê die voertuig is gisteroggend in Soshanguve, noord van Pretoria, gekry.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |