Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Moordenaars se moses
Aug 20 2008 06:52:09:497AM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Samantha van den Berg

Port Elizabeth. - "Daar is niks lekkerder as om iemand te soek wat dink hy gaan wegkom nie," vertel insp. Theo Scholtz (40), wat onlangs saam met kapt. Jackie Grobler (48) gesorg het dat twee moordenaars lewenslank agter tralies gaan sit.

Dié speurders, van die Humewood-speurtak, het die Bethelsdorp-polisie gehelp met 'n ondersoek na die moord en kaping van mnr. Ray Saterdag (19), wat in Mei 2006 in sy voertuig doodgeskiet is. Die speurders het vier mans in hegtenis geneem, maar net Zandile Mawata (23) is Vrydag lewenslange tronkstraf opgelê.

Dié speurspan het nog 'n saak ondersoek waarin Stembile Msu?twana (35) in hegtenis geneem is vir die moord op me. Lizbé Calitz (43), wat in Augustus 2007 buite haar werk in Sentraal doodgeskiet is. Msutwana is ook Vrydag lewenslange tronkstraf opgelê.

Volgens Grobler is dit al sy sewende saak vanjaar wat op lewenslange gevangenisstraf uitgeloop het. "Dit is wonderlik om 'n moordsaak op te los, want die oorlede persoon is nie daar om te praat nie, so ons moet hom verteenwoordig."

Wanneer dié pa van drie gevra word oor sy besluit om 'n polisiebeampte te word, praat hy met trots oor 'n polisieman, met sy blink skoene en mooi uniform, wat hom as jong seun gehelp het.

"Ek was ses jaar oud en 'n ou het my met sy fiets omgery. 'n Polisieman het my opgehelp, en dit het so 'n groot indruk op my gemaak."

Grobler was ook deel van Operasie Scotch, waar hulle 'n wapensindikaat in Mosambiek geïnfiltreer het. "Om 'n moord te ondersoek sit nie in enige ou se broek nie, maar ek het saam met goeie polisiemanne gewerk."

Scholtz is net so passievol oor sy werk en voel dit was bestem dat hy 'n speurder moes wees."Ek bekommer my net soms oor my familie en wat met hulle kan gebeur."

Dié pa van twee wou ook van kleins af 'n speurder wees.

"Die ongereelde ure maak dinge net moeilik, want my vrou is maar lekker bang, maar dit is ongelooflik om 'n moord op te los."

Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |