Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Klein, maer Morné in hof
Aug 20 2008 10:09:37:767AM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Amanda Roestoff

'n Klein, maer Morné Harmse het Woensdagoggend vlugtig in die Krugersdorpse landdroshof verskyn in verband met die swaardmoord by die Nic Diederichs- tegniese skool vroeër vandeesweek.

Hy is nie gevra om te pleit op 'n aanklag van moord en drie van poging tot moord nie.

Alle aanklagte teen sy mede-beskuldigde, Shaun Max Brechlin (18), is laat vaar.

Buite die hof het Brechlin se ma, me. Christa Brechlin, gesê die gesin gaan kerk toe om dankie te sê dat hy vrygelaat is. "Hy het die kind net probeer help. Hy het dit (die moord) probeer verhoed."

Harmse, geklee in 'n blou en room sweetpakbaadjie, het net een keer in die hof rondgekyk en grond toe gekyk toe hy ná sy verskyning weer na die hofselle gelei is.

Die saak is tot 27 Augustus uitgestel sodat hy regsverteenwoordiging kan reël.

Harmse bly in aanhouding.

Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |