Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

'As die varke gevang word...'
Aug 20 2008 03:18:51:920PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Verwante Berigte
  • Vasgebinde Taliep pleit om lewe, hoor hof
  • 'Jy is net so skuldig as Najwa?' 'Ja'
  • Hy het geweet hy gaan vasgetrek word en het vooraf besluit op daardie dag sal hy die waarheid oor die moord op Taliep Petersen vertel.

    Só het een van die beskuldigdes, mnr. Jefferson Snyders, in die opspraakwekkende moordsaak van die vermaaklikheidster Woensdag in die Kaapstadse hooggeregshof getuig.

    Terwyl hy saam met sy mede-beskuldigdes in Taliep se huis besef het dat Petersen vermoor gaan word, het hy woedend geraak en so gou moontlik uit die huis gegaan, het Snyders getuig.

    Op die vraag oor hoekom hy nie so gou moontlik polisie toe is as hy dan so kwaad was nie, het hy verduidelik dat hy bang was.

    Hy het getuig dat vriende die dag daarna in die koerant van die moord gelees en een gesê het: "Jefferson, as hierdie varke gevang word gaan hulle k*&.

    "Dit het my baie bang gemaak.

    "Ek het besluit dat ek die waarheid sal vertel die dag wat ek gevang word. Die goed wat 'n mens in die donker doen, kom uit in die lig. Ek het geweet dat ek gevang sal word, al bly ek stil," het hy getuig.

    Hy was verlig toe hy uiteindelik ses maande later in hegtenis geneem is, het die hof gehoor.

    Op die vraag of hy niks kon gedoen het om die moord te keer nie, het Snyders getuig: "Ja, ek verkwalik myself vandag nog dat ek nie vir Waheed weggetrek het en gesê het 'kom, Waheed' nie." - Sapa


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |