| |
|
Aan almal, 21/08/2008, Onbekend
Ons bid vir julle almal. Beide die kinders se ouers het nou ondersteuning meer nodig as kritiek
|
|
In stukke geskeur, 21/08/2008, Nico Strydom
Ek dink dit is verskriklik onvanpas en harteloos om in hierdie geval enige oordeel te vel.Mag God die genadig wees wat oordeel. My hart bloei en is stukkend vir albei ouers en gesinne.Wat 'n moeilike tyd is daar wat vir albei gesinne voorlê ek kan net sê dat ek en my huis baie spesiaal vir julle gaan bid, en intree by die lewende GOD dat hy julle sal versterk en onderskraag met Sy liefde. Verwerp die veroordelings met minagting.God se genade is GENOEG wat nie veroordeel nie. Sterkte en liefde van ons wat omgee.
|
|
SUSAN, 21/08/2008, Rolien
Word jy asb bietjie wakker Susan. Godsdiensopvoeding is nie die skool se verantwoordelikheid nie. Jy het jou kind gedoop (hoop ek) en daar het jy die belofte gemaak om jou kind vir die Here groot te maak. Presies pik jy bietjie by, jy is so doodreg dis die jaar 2008, die godsdiens onderrig begin juis in vandag se lewe by die huis. As jy tieners het voel ek jammer vir hulle, want hulle gaan presies dieselfde paadjie loop as Morne want soos dit vir my klink het jy godsdiensonderrig aan die skool oor gelaat. Shame.
|
|
Swaard moord, , 21/08/2008, Susan Boyd
Ek lees nou almal se kommentaar, en vra myself af , almal wat so oordeel , pasop
wat julle sê vveral as jy groen gras op
die veld het, want onthou die gesegde, what go around comes around! Los die oordeel vir GOD! Sterkte aan albei families ek bid vir julle.
|
|
Wat sy boetie weg van sy ouers, 21/08/2008, Cristiano
My huis is bestrooi van Pokemon tot Harry Potter. Maak dit my 'n Satanis?
Daar is Nazi-boeke in my boekrak. Maak dit my nou iemand wat eweskielik volksmoord gaan pleeg?
Eminem tot Limp-Bizkit word geluister. Gee dit my nou die reg om vir 'n swartmens te se "Howzit Nigger"?
Nee. Want iewerste het my ouers my geleer tussen reg en verkeerd. Morne se ouers het duidelik nie belanggestel in hulle kind nie. Anders sou hulle dalk vir Morne gevra het Maandag-oggend wat jy met die swaard by die skool doen.
Ek het al 'n vorige gekeer genoem dat ek dink die ouers moet ook aangekla word.
Sterkte Morne. Jy gaan 'n moeilike pad loop en hopelik 'n goeie mens daar uit kom. Sy boetie moet net asseblief ook uit daardie huis gevat word.
|
|
Swaard Moord, 21/08/2008, Roenel
Nadine, jy stel voor die doodstraf moet terug gebring word. Wat as dit jou seun was wat die moord gepleeg het, sal jy hom in die elektriese stoel wil sien? Vra maar net. En ek dink julle wat so klippe gooi, doen bietjie "sole searching" julle is baie koud. Ja, Morne het verkeerde gedoen en dis God se oordeel oor die straf wat hom sal toekom en dit is God se vorreg om hom daardie daad wat Morne gepleeg het, te kan vergewe. Bid eerder dat God julle families veilig hou. En ek stem, Godsdiens moet terugkom skole toe want ons het Hom bitter nodig in hierdie land en tussen ons en ons kinders. En as ander gelowe nie saamstem met ons God nie, hou dan verskillende Godsdiens klasse waarby elkeen sy eie geloof kan leer.
|
|
Musiek, 21/08/2008, Marlene
My seun het op 12-jarige ouderdom al met `n Matthew Mathers EMINEM CD by die huis aangekom ek het dadelik die CD winkel gebel en geskel en gesê hy bring die CD terug. Tog toe ek hom gisteraand vra of hy Slipknot se musiek ken toe sê hy ja ma ek het al daarna geluister toe ek al 14 jaar oud was, toe ek hom vra waar toe sê hy BY DIE SKOOL. Met tegnologie vandag loop kinders met MP3's en sel fone rond en jy sal nie weet waarna luister hulle by die skool nie, my seun het dan tot gesê dat hy pornografie vir die eerste keer BY DIE SKOOL gesien het. SO hou op om die ouers te blameer want die dinge is en was nog nooit in my huis nie, of aan my seun gesien nie, maar tog deur sy maats vir hom gewys. Hoe moet jy as jy by die werk sit weet wat by die skool of na-skol aangaan, jy sien maar jou seun se gedrag en God dank het ek ook BETYDS depressie in my seun gesien en hy is al vir meer as 6 jaar op anti-depressante, ek was net een van die gelukkige ouers wat vroeg genoeg tekens van "self destruction" gesien het.
|
|
Swaard moord, 21/08/2008, Annalien
Dit is so 'n tragedie. My hart bloei vir albei ouerpare.
|
|
Swaard Moord, 21/08/2008, 'n Ouer van Tieners
'n Groot persentasie skoolgaande kinders loop dieselfde paadjie, maar omdat hulle nog nie gemoor het nie, is hulle nog nie veroordeel nie. Ek weet nie van een enkele skool wat nie hulle kwota "probleem" kinders het nie. Daar is boelies, diewe, grapmakers, spotters, vloekers, die wat klasse ontwrig net omdat hulle kan/wil en selfs op die sportveld is daar soms min respek vir mekaar. Hulle voel vere dat hulle mede skoliere daaronder ly. Weet julle hoeveel kinders op skool rook, gebruik tik, slaap rond ens? Weet julle hoeveel probleme het skoolhoofde en onderwysers ELKE dag met die kinders? Dan praat ek hier van die sogenaamde "upper class" skole!! Almal wat vingers wys word wakker en besef ons sit met 'n GROOT probleem wat ons land se kinders/jeug betref. Moenie konsentreer net op een kind nie, maar sien die groter prent raak, want dit word jaar op jaar net erger. Kinders moet leiding met liefde kry en leer wat respek en naaste liefde is.....genoeg sakgeld en ander aardse goed sorg ongelukkig nie daarvoor nie.
|
|
Morne Harmse, 21/08/2008, Adele
My opregte simpatie vir die ouers en familie van Jacques Pretorius. Ek kan nie eers begin om te dink hoe julle moet voel nie. Ek kan net bid dat die Here julle deur hierdie swaar tye sal dra. My simpatie ook aan die ouers en familie van Morne Harmse. Aan die mense wat vinger wys na Morne se ouers, julle ken nie die mense nie, julle ken nie die familie nie, julle ken nie die omstandighede nie. Daar is geen verskoning vir wat Morne gedoen het nie, maar moenie sy ouers kruisig nie. Hoeveel mense weet alles van hulle kinders af? Kan elke ouer uit die huis uit stap in die oggend en 100% seker wees dat hulle kind niks verkeerds gaan doen nie? Gaan julle gereeld deur julle kind se kamer om te sien of daar nie dalk "iets" is nie? Twee families is gebreek. Ondersteun en bid liewers vir hulle.
|
|
Alle ouers, 21/08/2008, Jackie
Julle almal kan maar sê net wat jul wil, maar jou kind luister ook musiek kyk ook TV jou kind kan ook na 'n heavy metal band luister dis was reg met jou gewees jy het dit vir hom/haar gekoop maar nou dat 'n kind verkeerd gemaak het nou is hy skuldig strooi man dis julle as ouers se skuld. Wat van daai TV orent Pokemon jou kind het/kyk dit maar dis niks 'n seun het hom self al gehang agv daai prent maar weereens dis niks jou kind is net so skuldig en jy ook want jy as ouer laat hul toe om daarna te luister of te kyk. Ouers dink 'n mens maak 'n grap as jy hul wil waarsku wat hul kinders luister of kyk dan is hul vinnig om te sê dis my kind ek maak hul groot so aan al die ouers wat iets sleg wil sê kyk eers na jouself voordat jy wil oordeel Mag God by albei gesinne wees
|
|
Rolien, 21/08/2008, Susan
Aan rolien wil ek net sê moenie 'n vinger na 'n ander wys nie daar is altyd ander wat terug wys na jou ek neem aan jy het nie tieners in die huis word wakker ons kinders het elke DAG met misdaad te doen as jy iemand wil blameer, blameer die wat godsdiens uit ons skole gehaal het. Ek dink jy moet so 'n bietjie bypik in die lewe dis die jaar 2008. Ek bid net vir Al die betrokke ouers en kinders en vra dat ons VADER sy hand van beskerming oor ons sal hou.
|
|
Geen verskoning, 21/08/2008, carina
Daar is dood eenvoudig geen verskoning vir moord nie! Maak nie saak wie of wat jy is, of wat jou omstandighede is nie. Ons almal het daardie instink om te weet dat moord verkeerd is.En ja, hoe 'n ouer nie kan agter kom dat sy kind met verkeerde dinge besig is nie is gaan my verstand te bowe! Moord is moord!
|
|
STAAN SAAM IN RIVIER VAN TRANE..., 21/08/2008, Julie Sutherland
Nie een van ons, moet in die tragiese tyd kant kies nie. Dit wat gebeur het is nie regverdig nie. Vir geen een van die betrokkenes nie!! Woede, bitterheid, hartseer, verslaenheid is maar 'n paar emosies wat almal gaan beleef. Jacques en Morné se onderskeie ouers en familie. Mede skoliere en onderwyspersoneel. Vir almal is dit 'n tawwe tyd. Net om verskillende redes. Maar kom ons as mensdom maak dit nie moeiliker vir enige van hulle nie. Kom ons los die negatiewe, seermaak en katterige kommentare.
Feit is dat die aan die ontvang kant van ons dade ongelukkig en sonder keuse daaronder moet lei en treur. Net so moet die aan die gee kant verantwoordelikheid neem vir hul dade en boet daarvoor.
Die gebeurtenis van die afgelope week is voorwaar baie, baie hartseer. Iets wat mens bybly, en laat dink. Diep dink!! Ek was self 'n tiener eens op 'n tyd. Het self "groen koring op die land". Dit kon ek of my kinders voor of agter die swaard gewees het..... Jy of jou kinders voor of agter die swaard gewees het....
|
|
MOORD, 21/08/2008, Bea
Ek wil geen klippe gooi na niemand maar ek dink dit is tyd dat die doodstraf terug kom, sodoende sal almal dink voordat hulle net moor!En glo my as dit my kind was wat iets oorgekom het was die hel los hier op aarde!! Geen verduideliking of verskoning is goed genoeg om so iets reg te praat nie, dit was verkeerd en dis al. Elke mens het keuses en dit is jou eie keuse na watter musiek jy wil luister en of jy satanisme wil uittoets ens. Ons almal weet waar sulke duiwelse goed heen lei, altyd een of ander moeilikheid. Dit is glad nie die skool se skuld wanneer so iets gebeur nie, jou kind word nie grootgemaak deur die hoof of onderwysers nie hulle word net geleer, ons as ouers moet ons verpligtinge teenoor die kinders nakom. Ek dink die meeste van die geweld in ons land is die regering se skuld want alles is te maklik, die doodstraf is weg, tugting van kinders??het ons wat geslaan was op skool as jy stout was ons slegter mense gemaak? NEE die mense van daardie tyd het meer respek vir ander gehad en jy het jou deel in die samelewing gedoen en nie die onderwysers te lyf gegaan nie..want hoekom? as jy sulke lelike dinge gedoen het sou jy n lekker pak slae gekry het en glo my dit het gewerk!
Al my simpatie aan die betrokke gesinne.
|
|
swaard Moord, 21/08/2008, NEVA
Daar is nou baie wat gesê word oor die swaard moord. Niemand kan nou iets daaraan doen nie. Dit het gebeur. Dis verby. Al boodskap wat by my hart opgekom het is : OUERS MAAK JULLE KINDERS AAN DIE VOETE VAN DIE ALLERHOOGSTE GROOT.
|
|
Dankie, 21/08/2008, Marlene
Dankie aan die onderwysers en seun in HTS JV Pretoria wat rugby mal is maar my seun wat skraal, Engels, Kunstig en tengerig is en wat Asperger Sindroom het volkom in die skool aanvaar het! Daar was nooit in die skool boelies toegelaat nie in plaas dat die seuns my seun verstoot het omdat het hulle hom beskerm, die skool het my seun se selfbeeld opgebou in die wonderlike jong man wat hy vandag is - DIT KON SO ANDERS GEWESS HET! Moet nie altyd die ouers oordeel nie kyk na die samelewing as `n geheel!
|
|
Swaardmoord, 21/08/2008, M van Vuuren
Ek het onlangs 'n mamma geword en ek wil nie eers daaraan dink dat my kind van my weggeneem kan word nie, al weet ek hy is net vir my geleen.Twee pare ouers het kinders verloor,want daar waar Morne nou is,sal hy nooit weer as dieselfde mens uitkom nie. Baie sterkte aan almal betrokke, hierdie tyd moet vir julle baie donker wees, mag die Ons Hemelse Vader vir julle dit laat lig word.Diegene wat so oordeel - ons het nie die reg nie, maak nie saak wat die situasie is nie. Leer eerder uit hierdie tragiese gebeure en neem dit saam met jou sodat jy vir jou kinders 'n beter ouer kan wees.Laat die oordeel aan God oor, Hy is die enigste een wat kan en MAG!!
|
|
Staan agter jou medemens, 21/08/2008, Recato Eberwein
Kom aan oppervlakkige mense. Tot julle in Morné se skoene gestaan het kan ons nie klippe gooi nie. Ja wat hy gedoen het is verkeerd. Hopelik midde alles vind hy vrede.
Hy sal die res van sy lewe nou saam leef met wat hy gedoen het. 'n Mens kan net sterkte sê vir hom.
Lyftraf op skool sou die gebeure nie gekeer het nie. Goeie sekuriteit en waaksame personeellede op diens sou 'n verskil gemaak het.
Ek is ook geboelie. En as ek 'n swaard gehad het op my sou ek dalk iets erger aangevang het.
Ons as Afrikaners moet nou saamstaan in die moeilike tyd. Ons gewig agter ons mede-Afrikaners ingooi en hulle ondersteun. Dit is hoekom die Afrikaner nasie agter uitgaan. Ons almal net vir onsself. Dus g'n wonder dan dat kinders Satan toe galop en dwelms aansien as hulle God.
|
|
Re:Francois, 21/08/2008, Quinton
Re: Francois, jy weet dis nou die tipe temprament wat maak dat ons ouers, te gemaklik die skuld op die samelewing pak, en nie na hulle self begin kyk nie, so gepraat van Steve Hofmeyer, en satanisme, is dit nie hy wat sulke godslaterlike uitlatings gemaak het 'n ruk terug of wat nie? mmmm, lyk my ek sal maar bly by my Slipknot, Metallica, Seether, Fokofpolisiekar, ens. Want julle hipokrate het nie eens smaak nie! Ek aanvaar nie weereens nie die Harmse se verskoning nie, dis arrogant en flou!
|
|
Swaard Moord, 21/08/2008, EM
Wat moet nog by skole gebeur voor die regering ingryp? Kinders ruk hand-uit!! Maak al dood op so 'n ouderdom!!!! Dissipline by die huise is minimaal en dan word daar van onderwysers verwag om sulke kinders te leer. Ek sê bring lyfstraf terug en in dieselfde asem ook Godsdiens! Skool is veronderstel om 'n veilige plek te wees waar 'n kind kan leer en homself geniet! Grootmens lewe is nie vir sussies nie!
|
|
Duistere Daad, 21/08/2008, M Koekemoer
Aan daai Monique prinsloo wil ek sê: Jy ou dollie is seker nog 'n kind en het geen kinders nie. Moenie jou oordeel so hard uitspreek nie, want jy klink vir my soos 'n rykmanskind wat alles kry. Sal jy eerder voorstel dat kinders met probleme drank en dwelms moet gebruik om van hulle probleme ontslae te raak? Ek praat nie goed wat Morné gedoen het nie maar waar is ons Afrikaners se menslikheid. Strekte aan albei se ouers God se genade word op julle uitgespreek.
|
|
SATAN HET HOM INSTRUKSIE GEGEE OM DOOD TE MAAK, 21/08/2008, Julius Meyer
EK HET MET AFGRYSE DIE KOMMENTAAR VAN ELIZE EDGERTON GELEES. AS SY HAARSELF TOT SULKE AANTYGINGS EN GEWELDADIGE GEDAGTES LEI, WIE IS SY DAN OM ANDER TE OORDEEL. ELIZE, AS JY GOD IN JOU HART HUISVES SAL JY JOU BESLIS NIE TOT SULKE UITSPRAKE WEND NIE. GAAN EERDER OP JOU KNIE?N BID TOT GOD OM JOU VAN HIERDIE GEDATEGANG TE VERLOS.
|
|
Geweld is geweld - altyd, 21/08/2008, Daniel
en dan is daar die ouers wat die dae wil terughê toe onderwysers toegelaat is om kinders te boelie onder die dekmantel van sogenaamde "lyfstraf" vir die barbaarse idee om kinders te "dissiplineer" met geweld. Ek dink elke ouer wat 'n onderwyser wil toelaat om gewelddadig teenoor sy kind op te tree, moet mooi kyk wat die gevolge van geweld kan wees?
|
|
Aan Elize Edgerton, 21/08/2008, Rolien
Ek stem 100% saam met jou. As satan daar was, was God defnitief nie daar nie. Almal wat sê mns mag nie oordeel nie want in die Bybel staan daar dat daar oor jou geoordeel sal word soos jy oor ander geoordeel het, maar daar staan ook 'n oog vir 'n oog en 'n hand vir 'n hand. As die Waterkloof 4 in die tronk sit wat maak Morné beter om nie ook daar te gaan sit nie. Wat en satan sê weer vir hom om so iets te doen, gaan sy verskoning dan weer wees dat hy niks kan onthou nie. Gooi hom in die tronk waar hy hoort.
|
|
Maandag Moord, 21/08/2008, Wayne
Ek lees die berig die van Stephan wat se- en ek haal dit aan. Ek luister Slipknot en ek lees my bybel en ek gaan kerk toe.. Weet jy wat jy praat of sê, ek weet glad nie watse kerk jy is of wie jou Dominee of Pastoor is nie maar lees jy regtig waar jou Bybel reg ..?? Kolossense 3:17 En wat julle ook al doen in woord of in daad, doen Alles in die Naam van die HERE JESUS en dank GOD die VADER deur HOM" Hoe kan jy GOD dank en eer as jy na sulke goed luister, hulle sing van om dood te maak, en CHRISTUS het gekom om Lewendig te maak. As jy jou beklee met JESUS CHRISTUS doen dit om te begin met die 9 gawes van GOD, kan maar Galasiers 3:22 gaan lees. Jy kan nie GOD en die wêreld be haag nie,kan net of Warm wees of koud nie al 2 nie en wat jy ook al doen wat nie volgens die woord is nie dan is jy ongehoorsaam, en dis wat jou uit die hemel gaan hou want sonde is vir GOD n gruwel.Dink wat ons moet doen is dat ons wat opstaan vir GOD soos wat ek hier lees in die berigte saam op n dag by mekaar kom om eendragtig te bid.Ek bid Psalm91 oor almal van julle en gaan lees die vers dis Baie Powerful.GOD BLESS
|
|
Swaardmoord, 21/08/2008, Betsie
Ek lees almal se kommentaar en opinies, en ja dit is seker jou reg om te sê wat jy voel, maar mense asseblief, julle veroordeel te maklik. Doen julle huiswerk en dink met julle verstand nie julle emosies nie. Dis maklik om te sê Morné moet gestraf word vir wat hy gedoen het, reg so, maar dink bietjie wat as dit jou kind was wat die moord gepleeg het, moet nooit sê dit sal nooit gebeur nie, 'never say never'. Mense wat ook kommentaaar oor boelies lewer, was tien teen een self 'n boelie daarom praat hulle dit goed. Hier is baie meer ter sprake as wat in die media gelees word. Hou op om sensasie te soek en kyk na die feite. Die media het nou goed gesorg dat Slipknot hierdeur publisiteit geniet en hulle betaal nie 'n sent daarvoor nie, almal wil hoor hoe klink hulle, hoe lyk hulle, wat is in hulle lirieke, sommige kinders gaan juis a.g.v wat gebeur het begin belang stel in hierdie groep aangesien hulle soos baie volwassenes nuuskierig is en hierdie groep lag nou al die pad bank toe. Dink mense, Dink wat julle sê en doen.
|
|
SWAARD MOORD, 21/08/2008, Len
Mens kan spekuleer oor waar die oorsaak van hierdie onbeskryflike tragedie le - is dit by ouer onbetrokkenheid, opvoeding, vormingsjare of wat ookal.
Feit is dat die tipe probleem al hoe meer 'n probleem van die samelewing word en 'n gesonde (of ongesonde) samelewing is die direkte gevolg van die onderwysstruktuur. Dit het nou tyd geword dat die Onderwysowerhede nie net meer ingestel is op akademiese onderrig nie maar ook om, tesame met ouers en kerk- en ander belangegroepe, die morele standaarde van die volk te herstel.
Slegs dan kan satan se houvas oor mense verbreek word.
|
|
Loop eers 'n myl..., 21/08/2008, Annelise Boot
Al wat ek weet is dat ek nie vandag in een van die ouerpare se skoene wil staan nie....ek sien daagliks die hartseer wat kinders mekaar aandoen waar ek skoolhou en besef dat ons kinders vandag grootword in 'n wêreld waar hulle meer liefde, ondersteuning en dissipline nodig het as jare te vore. Gee minder geld...en meer andag!!! Dis maklik om die klippe te gooi...maar loop eers 'n myl in 'n ander man se skoene voor jy hom veroordeel!
|
|
MORNE HARMSE, 21/08/2008, Michelle
Ek lees die berig van die seun en die brief wat die ouers deurgestuur. Ek wil net aan elke ouers vra hoekom het julle nie in sy kamer ingegaan nie, kon julle regtig nie sien dat daar fout is nie. Ek is self 'n ouer en kan regtig nie glo dat u as ouer nie al die tekens raak gesien het nie. Hy is 18 jaar oud en ek glo hy is mooi volwasse genoeg om te onderskei wat is reg en wat is verkeerd.
|
|
Waar was die ouers ???? , 21/08/2008, Juanita
As ouer is dit jou plig om altyd betrokke te wees, raad te gee en te help. My seun is nog in die laerskool en is groot gebou en hy kom vertel my baie hoe die kleiner outjies hom spot en boelie, alhoewel hy groter is het hy self al besluit dat geweld nie die antwoord is nie. Alhoewel die ouers van Morne sê dat hulle " 'n hegte familie is en dat die kinders streng maar met liefde groot gemaak is " bevraagteken ek dit. Mevrou was jy dan nooit in sy kamer nie het jy nooit die musiek gehoor wat hy luister nie ??? Dit is vir my duidelik dat hierdie kind gesmag het na ouerliefde en aandag !!!
Die grootste probleem met vandag se jeug is dat daar GEEN dissipline is nie hulle het ook nie respek vir hulle meerderes nie.
My innige simpatie met die Pretorius familie - Ek bid dat God julle sal krag gee om deur hierdie moeilike tyd te kom.
Vir Morne bid ek dat hy die hulp so gou as moontlik kry wat hy nodig het.
Ouers ons kinders is hierdie land se toekoms --- Raak betrokke!!!
|
|
ons kind was geboelie, 21/08/2008, simone venter
Ek het dikwels die laaste paar dae gewonder hoekom Morne se ouers se kommentaar nie lese was nie. Hulle ope brief vanoggend in beeld het my in trane gehad. Aan altwee ouerpare van hierdie kinders: ons bid vir julle. Julle seer moet onbeskryflik wees. Kom ons vat eerder hande, Suid-Afrika en bid vir hierdie ouers en kinders asook vir elke tiener en ontwortelde kind in hierdie land.Aan die Pretorius familie: mag die HERE julle vertroos
|
|
Oordeel..., 21/08/2008, Estelle
Almal wat oordeel en iets sleg te sê...
Dit is nie jou kind wat dit gedoen het nie, en ook nie jou kind wat dood is nie! HOU OP MET JULLE STUPID KOMMENTAAR!!! Eintlik het dit niks met julle uit te waai nie!
|
|
Swaard, 21/08/2008, Pieter
Shame, siestog, foeitog vir ou arme Morne,,, Wat jy as Ouer/s saai, sal jy maai ... Die wiel draai wel ,,, Die Straf kom wel deur,dalk jou kind of kinders se kinders of hulle kinders ,,, Net soos die Klofies 4 ,,, Dink net jouself in hoe moet Die Pretorius Gesin voel ,,,
|
|
Gebroke wereld, 21/08/2008, Lizette
Aan albei gesinne-Pretorius en Harmse-,Nic Diederics, vriende,familie en onderwysers-Verskriklik, verskriklik sterkte!!! Niks wat iemand se maak dit beter nie...wil net se vir wat dit werd is, ek dink ongelooflik baie aan julle en bid vir julle almal. Ek hoop dat almal met tyd sal besef dat dit 'n verskriklikke jammer gebeurtenis is, en dat albei gesinne, Morne in kluis nou ondersteuning benodig. My hart bloei vir julle....
|
|
Die seertse storie op die oomblik, 21/08/2008, Linda
As ek so na al die kommentaar kyk op die blad dan wonder ek hoe dink ons mense. Daar is die wat "vir" en die wat "teen" Morne en sy ouers is. Al wat ek sien in die hele storie is PYN PYN PYN. Ek sukkel met my kinders (nie eers meer tieners nie) en ek lê nagte wakker en bekommer my oor wat gaan van hulle word in hierdie land. Wat is my as ouer se verantwoordelikheid en waar stop my verantwoordelikheid? Ek as ouer kan mos nie elke liewe sekonde van die dag kyk wat my kind doen nie? Dis maklik vir die mense om nou (after the fact) die sambokke uit te haal en die Morne se ouers te looi en te sê hhulle moes die gevaartekens gesien het - maar HOE? Kan enigiemand DIT vir my uitspel? Ek daag enige ouer wat 'n tiener het uit - probeer om uit te vind wat doen jou kind as hulle nie WIL hê jy moet weet nie. Mag ons Hemelse Vader al die betrokkenes se pyn verlig en die wonde heel sodat hulle weer 'n sinvolle lewe vorentoe kan lei.
|
|
Harmse Ouers, 21/08/2008, Magda
Ek wil graag bylas by almal se kommentaar, Ouers weet nie altyd waarmee hul kinders besig is nie. Jy weet nie met wat jou kind besig is in die kamer as hy/sy sê hulle doen hul huiswerk of taak nie, so dis geen ouer se skuld as hul foute maak nie, kinders eksperimenteer maar partykeer weet hul nie waar om op te ou en als stop te sit nie, jy as ouer kan nie jou 17/18jarige kind soos 'n baba oppas nie. hel man hy is al groot en neem sy eie besluite ja Morné sin was nie 'n goeie besluit nie. Al wat ek wil sê is jy as ouer weet nie altyd waarmee jou kind besig is nie en dit help nie om met n tiener te probeer praat nie want hulle weet altyd "beter" Satanisme is erg dis nie 'n grap nie!!!!!Ons bid vir albei gesinne.
|
|
Kinders ?, 21/08/2008, Ria Maritz
Ek kan die Vader nie genoeg dank dat ek nooit die "voorreg" gehad het om kinders te hê nie, vir meer as een rede.
|
|
Verskoon of verstaan?, 21/08/2008, Daniel
Ek het met hartseer en verbasing na baie van die kommentare gekyk. Ja, boelies kan 'n kind breek. Ja, ouers kan dinge by kinders mis. Nee, om swaarde te besit is nie 'n gevaarteken nie (my seun se kamer is vol swaarde). Maar of ek is onnosel, of verskeie mense het die belangrikste aspekte in die reaksie van die Harmse ouers misgelees. Hulle maak nie verskoning vir hulle kind nie, hulle verduidelik. Daar is 'n groot verskil tussen "verskoon" en "verstaan". Hulle woorde sluit in "vreeslike daad". Hulle beskryf Jacques as "kosbaarste besitting". Hulle erken hulle het dinge raakgesien, maar die erns daarvan onderskat. Wie van ons doen dit nie? Almal, die Harmses inkluis, erken dat wat gebeur het erg, betreurenswaardig en vermybaar was - maar spyt kom immers gewoonlik te laat. Kom ons staan liewer saam en vertroos beide ouerpare, maar meer belangrik, kom ons doen iets vir die toekoms van ons jeug sodat daar darem 'n mate van sin (dit is baie gevra) uit die tragedie kom, eerder as 'n groot hoop gegooide klippe. En mag die gesin Pretorius ook iewers vertroosting en berusting vind.
|
|
|
Swaardmoord - Satanisme, 21/08/2008, Susan Nortj?r />
My inigste simpatie aan altwee families. Mag die Here met julle wees.
Al wat ek wil sê is: Toe ek op skool was (wat glad nie so lank terug was nie), het ons elke oggend saam gebid. Toe het kinders nie mekaar doodgesteek en geskiet by die skool nie.
|
|
SATAN HET HOM INSTRUKSIE GEGEE OM DOOD TE MAAK, 21/08/2008, Elize Edgerton
Ek aanvaar nie die ouers verskoning nie. Dit gee Morné geen rede om sy mede skolier dood te maak nie. sy ouers moes tog gesien het dat daar fout was met sy gedrag. As hy aan Satan glo dan is daar geen God in die huis gesin nie.As hulle God in hulle huishouding was sou die kind nie aan Satan groep behoort nie die seun(Morne) sou dan eerder by jeug groep aan gesluit het en dan met die greop leier sy gevoel te uiter en sodoene dan hulp tekry. Om 'n persoon te dood is nie van God nie. Ek hoop hy(Morne) kry lewens lange gevangenis straf sodat hy(Morne) in hel kan vrot sodat kan dink wat hy aan Jacques Pretorius se gesin gedoen het. "MY HE ROT IN HEL". Ek het twee gestremde kinders as Morne probeer so iets met my kinders aanvang moet hy hard bid tot sy satan god dat ek hom nie in die hande kry nie want ek sal hom(Morne) so vermossel. EDGERTON GESIN
|
|
Slipknot, 21/08/2008, Francois
Kommentaar op die volgende brief:
Die moord by die skool in Krugersdorp het betrekking.
Weer is dit bewys dat die gewelddadige musiek wat jongmense na luister 'n invloed op hierdie soort moord het.
Ek glo dit het nou hoog tyd geword dat beskaafde mense wêreldwyd hul voet neersit en hierdie soort musiek stopsit.
Ek wil hiermee 'n versoek aan alle musiekwinkels rig om te toon dat julle Suid-Afrika se jeug belangriker ag as profyt en alle Slipknot-CD's onmiddellik van jul rakke verwyder.
Gert Kruger, Kempton Park
Moet ons nie dalk Steve Homeyer se musiek ook van die rakke af haal nie, want as gevolg van hom en sy inspirasie het ek my hele buurt se girls geroer!!
|
|
Ons seun is geboelie, 21/08/2008, Sanet
Liewe mamma, ek voel bitter jammer vir jou ek wens dit vir geen ouer toe nie en as 'n Christen sal ek julle gesin aan God opdra want, julle seun het slegs sy vergifnis nodig, maar wat die seerste is, is die mamma wat haar kind moet begrawe, die vraag is hoe voel sy, hoe moet sy aanvaar, as ek jy is liewe mamma, bid vir haar ook, want haar seer is seerder as wat julle besef, sterkte mag God by julle wees.
|
|
Lees hierdie boek, 21/08/2008, Henriette
Elke persoon wat 'n kind het behoort Jodi Picoult se boek Nineteen Minutes te lees. Mens besef nie wat alles in en om vandag se kinders aangaan nie. Dit skets presies hierdie situasie en mens het eerlikwaar simpatie met albei kante.
|
|
Morn?maxlength=, 21/08/2008, Griet
Dit is 'n tragedie - vir almal. Verkeerde keuses is gemaak en die gevolge is 'n ramp. Die dief het weer gesteel........
|
|
KOMMENTAAR, 21/08/2008, Sam
WENNERS MOET ONS WEES!LAAT JOU LIG SKYN VIR ELKEEN OM JOU, moenie 'n klip wil optel en probeer gooi nie, want dan gee jy die satan meer vatplek en hy verlekker hom om verder onmin te probeer saai en hy is die slegste verloorder.
|
|
Morne Harmse, 21/08/2008, Joline
Ek is self in matriek en weet watter druk daar geplaas word op ons met die rekord en eind eksamen. Ek ken Morné en Max nie persoonlik nie, maar wel van die laerskool af. Morné was altyd 'n baie nice, stil en baie slim kind almal was nogal mal oor hom. Ek kan nie glo dinge het so vir hom uit gedraai nie. Wat hy gedoen het was baie verkeerd en almal is net te vinnig om te sê wat hul dink en besef nie dat daar wel mense is wat deel het in hierdie tragedie nie en baie pyn en hartseer deur gaan op die oomblik. Dit is nie vir ons om te oordeel nie dis God se werk al het ek ook, besef ek hoe verkeerd dit eintlik is hoe lelik mense kan wees. Die Harmse en Pretorius gesin ek dink en bid vir julle. Mag die Here julle deur hierdie tydperk help en wat nog voorlê!!!!!
|
|
Swaard Moord, 21/08/2008, Johann
Mense, dis hartseer dat daar so moet gespekuleer word oor watter slegte ouers die kind kon grootmaak. Terselfdertyd beskou die mense wat die kind kritiseer hulself as Christene. Onthou van die balk en die splinter...?
Ek is self as kind geboelie, en sleg gesê en my hele skool loopbaan deur geboelie. Ek kan 100% verstaan waardeur Morné moes gaan. Verstaan my mooi, ek keur nie goed wat hy gedoen het nie, ek verstaan slegs wat hom daartoe kon dryf.
In plaas van om te kritiseer en te oordeel moet ons liewers op ons knieë gaan, en bid vir al die ouers en kinders (Morné ngesluit) wat betrokke is hierby.
Sterkte vir almal wat betrokke is.
|
|
Swaard Moord, 21/08/2008, Leonie
Ek voel jammer vir die seun wat dood is se ouers want ek kan myself indink as so iets met een van my kinders moet gebeur. Kon Morné se ouers nooit agtergekom het dat daar fout is nie, veral die gemors musiek wat hy geluister het en die aaklige maskers wat hulle gemaak het. Geen ouer sal sulke snert toelaat in hulle huise nie want dit is duiwels. Ek kry Morné glad nie jammer nie, ek hoop hy gaan nou voel hoe dit is om in die hel te wees. Hy het 'n onskuldige kind se lewe geneem. Miskien gebeur dit eendag met hom ook, aangesien die Here op snaakse maniere werk om jou op jou foute te laat kyk. Dan kan hy dalk voel hoe dit voel, aangesien hy na die tyd daaroor gelag het.
|
|
Swaard Moord, 21/08/2008, Stefan F
Ten spyte van gevalle van skole geweld, insluitende langs die sportveld, kan ek nie anders as om te vra hoe lank ons as samelewing nog die "boelies" en swak gedrag om ons gaan aanvaar nie. Ek sê nie dat dit Morné Harmse se gedrag enigsins regverdig nie, maar wie weet watter impak dit nie op hom gehad het nie?
Ons skole is 'n teken van wat in ons huise aan die gang is.. Talle kommentaar in hierdie berig maak 'n geboelie op skole as niksseggend af. Word wakker!
|
|
vergeet die verskonings en dink aan oplossings, 21/08/2008, ook 'n ouer
Hoekom het almal so lekker klippe gegooi na die WATERKLOOF 4 maar julle wil nou 'n moordenaar beskerm? NEE WAT, dat die reg maar sy verloop gaan .. boelie is 'n flou verskoning .. en net soos oordeel my nie toekom nie, kom oordeel jou wat my oordeel wat dit se ook nie toe nie .. so laat die REG sy verloop neem .. en hy opgesluit word waar hy hoort. As hy my kind vermoor het, moes hy vlug vir sy lewe !!!
|
|
Swaardmoord, 21/08/2008, Karin
Ek is 'n graad 10 leerling van HTS N Diederichs en ek dink niemand het vir Morné geken soos ons hom geken het nie behalwe sy ouers, hulle weet hoe stil was hy altyd gelag en vriendelik met almal. Ons is nie hier om te oordeel nie - hoekom kan mense dit nie in God se hande los. VERGEWE EN VERGEET. Ons bid almal vir Jacques se ouers en familie en ons weet dat die Here sy hand oor almal hou in hierdie bedroefde tyd. Mense maak oop jul oë volg die Here. een kind se lewe is geneem om 'n hele wêreld se oë oop te maak. Bring godsdiens weer as 'n verpligte vak in ons skole ons kan nie sonder die Here hierdie moeilike tye alleen aanpak nie ons kinders het dringend veiligheid in ons skole nodig. Mag een kind miljoene ander se lewens red. Moenie iemand soos Morné judge as jy nie al die feite het nie. JY MOET JOU NAASTE LIEF HE SOOS JOUSELF. Kom ons bid eerder dat de hele land sal regkom????
|
|
Swaardmoord, 21/08/2008, Yolandi
Ek wil net graag se dat ek as kind was self geboelie op skool en dat mense nie altyd die impak besef nie. Dit was vir my so erg dat ek nooit weer wil terug gaan nie, al betaal iemand my. Die ouers kan ook nie verantwoordelik gehou word vir die feit dat hul seun soos enige ander tiener na die musiek van sy tyd luister nie. Kan enige ouer wat tieners het, maak nie saak hoe rebels/soet nie,vir my se hul weet 100% en 24/7 wat in hul kind se lewe aangaan? Die kind het sielkundige hulp nodig, nie 'n tronksel saam met honderde vermeende misdadigers wat hom net nog verder sielkundig en fisies gaan aftakel! Enigste vraag wat ek wel het is waar hy die swaarde vandaan gekry het??Dis nie juis iets wat jy kan regtig wegsteek nie of is dit? My innige simpatie met beide families en die mense wat so klippe gooi, jul betoon net jul onsensitiwiteit en onkunde.
|
|
Swaard Moord, 21/08/2008, A3
Genade maar die mense is ongevoeldig, die arme kind het nie gekies om so te wees nie en ook nie gekies om iemand te vermoor nie. Ek voel bitter bitter jammer vir die ouers wat hulle kind verloor het ek sou ook so gevoel het as dit my kind was maar sit jou in Morné se ouers se skoene. Jy maak jou kind met liefde, dissipline groot na die beste van jou vermoëns. Is dit dan hulle skuld dat hy iets beproef het wat hy nie moes nie. Nie alle kinders het die krag en mag om nee te kan sê vir groeps druk nie. moenie Morné stenig nie staan hom by en bid vir hom dat Die Here in sy hart ook kan wees. Een ding is waar al hoe jy jou kinders groot kry is op jou knieë bid bid bid elke dag vir jou kinders want dit kan met enige van ons kinders gebeur. Sterkte aan albei gesinne.
|
|
slicing in krugersdorp, 21/08/2008, monique prinsloo
ag nee die mense wat sê geweld is nie altyd die opsie nie, geweld is glad nie die opsie nie, hoe kan 'n kind van daai ouerdom eers daaraan dink om 'n ander persoon se lewe te neem? as dit reeds sy idee van 'n uitkoms is, hoe gaan hy dan die "grootmens wêreld" aanvat? hoeveel mense moet dan nog gemoor word omdat kinders van vandag nie stres en hartseer kan hanteer nie?
|
|
'Ons seun is geboelie', 21/08/2008, Maurice Cremen
Ek wil nie sê dat die ouers van Morne nie hul lewe kan optel nie, maar wat dink hulle ook van die oures van die kind wie hy dood gemaak het, hulle het meer stukke om op te tel? Ja, gee almal hul regverdige kans.
Ek wil net meer fokus op die feit dat Morne se moeder gesê het dat hy op skool en sy hele lewe deur gespot is oor sy voorkoms.....Ek bevraagteken dit.
Want toe ek op skool was, was ek so gesot gewees oor hoe ek gelyk het, ek was nou nie een van daardie mooie sterk maer outjies op skool nie, ek was 'n bietjie aan die potjie rol kant gewees, ek was daaroor gespot en toe ek in die hoërskool kom is ek toe eers gespot, toe word daar vir my gesê dat ek 'n "telly tubby" is en toe ook nog "dow boy" is en ek is nie kwaad vir die kinders wat dit vir my gesê het nie, in teen deel, as ek nou na van hulle kyk wat ek in die straat raakloop, is hulle veel dikker as ek. Dit het my nie tot wraak gebring nie, maar dit het partykeer seer gemaak, maar ek het daar verby gekyk, en gedink die wiel draai eendag sal dit terugkom na hulle toe.
Ek sien nie die rede vir Morne se redenasie nie!!!!
|
|
Swaard moord, 21/08/2008, Nicolene Steenkamp
Niemand sal ooit weet hoekom hy dit werklik gedoen het nie. Die waarheid sal nie uitkom nie. Al wat ek hoop is dat hy tot bekering sal kom en dat die Here hom wel sal vergewe. Ek verstaan net nie wat deur 'n mens se brein gaan om net uit te gaan en 'n ander persoon dood te maak nie. As mens se opvoeding en jou Godsdienstige lewe 'n balans het behoort mens nie sulke dinge te doen nie. Ek voel jammer vir hom as hy wel geboelie was, maar dis nie 'n verskoning nie. Ek self was al vele kere geboelie en gespot maar ek het nie sulke wrede dinge gaan doen nie. Maar dit hang ook seker af van mens tot mens. Sterkte aan beide families. My gebede en gedagtes is met jul.
|
|
Swaardmoord, 21/08/2008, Cherri
Al jul mense wat so diskrimineer teen Morné, julle weet nie wat aangaan nie. Hoe sal jy voel as dit jou kind, broer of neef is, sou jy daarvan gehou het om te hoor en te sien hoe sleg hulle hom maak en praat. Ek ken hom vir 3 jaar hy is 'n rustige mens, hy sal nie eers 'n vlieg seermaak nie. Die dag toe dit gebeur het, ons het alles probeer om hom te keer. Ek weet wat hy gedoen het is verkeerd, maar dit was nie Morné daardie dag nie. Haal eers die balk uit jou eie oog voordat jy die splint uit 'n ander se oog haal. Ek was ook amper in so 'n situasie, dank vader ek het die Here gevind. Hy is almagtig die grootste God wat ek ken kom ons soek almal vertroosting by Hom. Kom ons bid hy vind nou ook die Here ALMAL verdien ? tweede kans. As God kan vergewe hoekom kan ons nie? Wie is ons om te oordeel?
|
|
Swaardmoord en al die betrokkennes, 21/08/2008, Rene
'n Onskuldigge lewe is verwoes die dag toe hy in 'n oomblik van swakheid in die grepe van Satanisme vasgevang geword het. 'n Onskuldigge lewe is geneem die dag toe 'n Satan besete kind sy opdrag vanaf Satan moes uitvoer. Almal kan opinie gee en almal kan probeer oordeel. Kom ons wees eerlik die Almagtige Krag van God word selfs deur Christene op tye van swakheid bevraagteken, so wie sal dan nou kan antwoorde gee weens onskuldige kinders uit Christen huise wat in die grepe van 'n satan sekte betrokke raak... moenie oordeel ons is almal te onkundig. Morneé Harmse moet boet vir sy sondes en 'n tronk is nie die antwoord nie, 'n gestig om die duiwel uit hom uit te kry en dan om hom te help aanvaar dan hy in 'n monster verander het en 'n onskuldige kind vermoor het - dit behels lewenslange sielsinrigtinge met gekwalifiseerde dokters!
|
|
Afgryslik & tog vergeeflik, 21/08/2008, Magdaleen Botha
My innige simpatie aan die Pretorius gesin met die afgryslike; ontydige dood van hul kind. Geen mens weet hoe dit voel om 'n kind te verloor deur die dood, op watter manier ookal, as jy nie self deur sulke hel gegaan het nie.
Aan die Harmse gesin: WAAR was julle toe julle kind met satanisme deurmekaar begin raak het?! dit wil voorkom of julle GEWEET het, maar niks daaraan gedoen het nie. Julle het ook GEWEET wat julle kind van plan was om te doen, maar nie 'n vinger geroer het om hom te keer nie. Julle is net so skuldig - die deler is so goed soos die steler. Ek gooi NIE klippe nie - glo my. Ek probeer maar net verstaan, hoekom julle hande gevou gestaan & kyk het hoe julle kind met satanisme betrokke raak. Het julle al oor dit gaan nalees?! Kom ek deel 'n geheimpie met julle EN met AL die Beeld-leser-ouers daarbuite: Raak betrokke by jou kind - hulle vriende; hulle belangstellings in verskillende dinge in die lewe - m.a.w. wees 'n ouer maar ook soos 'n vriend/vriendin vir jou kind.
|
|
Ouers geen tekens gesien?, 21/08/2008, Michelle
Ek volg die tragedie van Morne in die fynste besonderhede, ingesluit die lesers se kommentaar op die website. Ek wil my nie uitspreek oor die satanisme of boelies of musiek nie. Ek simpatiseer 100% met sy ouers en kan myself nie indink deur watter hel hulle gaan nie. My enigste vraag is of die ouers dan nooit in sy kamer gegaan het nie? Was daar niks 'posters' of iets teen sy mure wat vreemd gelyk het nie? Kan hulle eerlik se dat daar absoluut geen tekens van 'n persoonlikheidsafwyking was nie?
En tweedens, ek blameer die skool en sy onderwysers TOTAAL en al vir die feit dat hulle die korrekte "diagnose" kon maak maar niks daaromtrent gedoen het nie. Hulle het vir weke lank gekyk hoe die kind homself onttrek en het handjies gevou bly sit. Ek sal bitter graag 'n amptelike verslag van die skool wil sien. In hul opinie is hul seker so onskuldig soos môre heel dag.
Wat Morné betref sal enige goeie prokureur seker pleit dat hy kranksinnig was. In my opinie is dit erger om vir kranksinnigheid opgesluit te word as vir moord. Maar laat ons liewers nie te vinnig oordeel en vonnis nie, ek het 'n gevoel dat hierdie storie nog heelwat draaie en swaaie gaan maak.
|
|
Bid vir julle kinders, 21/08/2008, Michelle
Ons moet op ons knieë bly vir ons kinders. Dit is AL wat hulle gaan beskerm wanneer ons nie by hulle is en sien waaraan hulle blootgestel word nie. Net God kan hulle oortuig wat reg en verkeerd is. As ons as ouers hulle van kleins af in die wee van God grootmaak soos ons belowe het; as hulle natuurlik ingeseen/gedoop was; dan SAL God by hulle wees. Sterkte aan hierdie ouers en kinders, God is met julle.
|
|
Gebed vir my naaste, 21/08/2008, Sam
Onse Vader wat in die Hemel is
Laat U NAAM geheilig word
Laat U KONINKRYK kom
in die HEMEL, net so ook op die aarde
Gee ons vandag ons daaglikse brood
vergewe ons ons OORTREDINGE, net soos ons ook ons skuldenaars VERGEWE
Lei ons nie in versoeking nie
maar VERLOS ons van die bose
WANT NET AAN U ALLEEN BEHOORT DIE KRAG, HEERLIKHEID, TOT IN ALLE EWIGHEID,
AMEN.
|
|
MOORD, 21/08/2008, Willem
My innige simpatie vir die ouers vriende en familie van die betrokke kinders. Dis 'n baie hartseer storie.
Maar, was daar nie onlangs 'n soortgelyke situasie waar vier jong mans in die tronk beland het nie? Niemand weet wat hulle gedryf het tot dit wat hulle gedoen het nie, was hulle gebully, was hulle mishandel of dalk erger. Dan vra ek: "Maak dit saak?" Vandag moet hulle verantwoordelik staan vir wat hulle gedoen het op 'n jonger ouderdom as Morné Is hy nie dan al oud genoeg om te verstaan dat as jy iemand wil vermoor jy verantwoordelikheid moet vat nie? Hy het mos gelees en foto's gesien oor wat met jou gaan gebeur. Hulle wou ook nes hy 'n statement maak, 'iemand wees'.
|
|
Morne Harmse, 21/08/2008, Heidi Fourie
Ek is self 'n ma van 'n tienerdogter en
kan my net albei situasies indink, as my kind die slagoffer of die moordenaar moes wees. Ek het simpatie met albei gesinne. My hart gaan regtig
uit na die Harmse gesin, ek weet wat dit is om met 'n tiener saam te leef. Hul hou glad nie daarvan om uitgevra te word nie want dan is hulle "onder verhoor en word beskuldig". Ek dink net
dat ons kinders onder baie meer druk verkeer om "in" te wees en aanvaar te
word as toe ons kinders was. Ek ondervind dit daagliks met my dogter. As jy nie in 'n gesiene buurt bly, 'n duur motor kar ry en vir jou kind "namebrand" klere koop nie word hul verstoot. Al wat ek kan sê daar kom nie 'n handleiding saam met ouerskap nie en om nou vewyte rond te slinger is te laat. Wees net die beste ouer binne jou vermoë en leer jou kind die regte waardes. Probeer 'n oop verhouding met jou kind hê, sodat hy of sy die vrymoedigheid sal hê om met jou te kan praat. Sterkte aan albei gesinne jul is in my gebede!!
|
|
Swaard Moord, 21/08/2008, Yolande
Twee pragtige seuns en hul gesinne se lewens verwoes.
Die een so goed soos die ander. Elkeen spesiaal op sy eie manier. Albei geskape deur ons Vader en ook albei gelyk voor Hom - die oordeel kom die Here toe - ons behoort almal immers aan Hom - en dit is Hy wat ons deurgrond en ons elkeen op die naam ken. Vader ons kan net hierdie mense voor U bring - U is die regverdige Regter in u oordeel word steeds in liefde gedoen.
|
|
Swaard Moord, 21/08/2008, cynthia
Dit is die patetieste verskoning wat ek al gehoor het dat die kind geboelie was en dit gee hom die reg om onskuldige kinders te vermoor, hoe sal dit gaan as elkeen iemand vermoor omdat hy geboelie word. Die skuld lê by die ouers en by die kind self. Sy ouers moes tog al agter gekom het dat hy met verkeerde dinge besig is, hoe is dit moontlik as hy dan in so (liefdevolle huis groot geword het) met baie liefde 'n moordenaar uitgedraai het.
|
|
Aan liefste Erick, 21/08/2008, Rolien
Ja, ja wat ook al. Hoe sou jy gevoel het as dit jou kind was. Het Morné nie self gesê dat satan vir hom gesê het om dit te doen nie, en die feit dat hy ewe skielik niks kon onthou van wat hy gedoen het toe die daad reeds gepleeeg was nie. Beteken dit dan nie dat hy besete was nie? Hy het vooraf beplan wat om te doen en dis deur meer as een van sy vriende ges?As dit nie besete is deur een of ander demoon van satan nie, wat is dit dan?
|
|
Almal het hoop en vergifnis nodig in sulke omstandighede., 21/08/2008, PIETER NORTJE
Vir Beide families,
PSALM 23
Die Here is my herder, ek kom niks kort nie.
Hy laat my rus in groen weivelde. Hy bring my by waters waar daar vrede is.
Hy gee my nuwe krag. Hy lei my op die regte paaie tot die eer van sy Naam.
Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie, want U is by my. In u hande is ek veilig.
U laat my by 'n feesmaal aansit, terwyl my teenstanders moet toekyk. U ontvang my soos 'n eregas, ek word oorlaai met hartlikheid.
U goedheid en liefde sal my lewe lank by my bly en ek sal tuis wees in die huis van die Here tot in lengte van dae.
|
|
Geboelie, 21/08/2008, Daniel
As ouers het ons geen ander opsie as om verantwoordelikheid vir ons kinders se gedrag te aanvaar nie. Verskonings maak egter die pad oop vir opvolg dade, want ek kom mos daarmee weg. Moet nie verskonings soek nie, maar dan ook - as julle alles in julle vermoë gedoen het vir Morn?f julle as ouers nie soos mislukkings te voel nie. Ons wens ons kon ons kinders dwing om altyd op te tree soos ons wil hê hulle moet, maar die feit is dat as hulle onder jou oë uit wegstap het jy geen beheer nie.
Mens kan nie jou kinders weerhou om al die gemors in die lewe raak te sien nie, maar so ver dit in my beheer is sal ek nooit toelaat dat my dogtertjie blootgestel word aan die gemors wat as 'entertainment' verkoop word nie. Mense praat maklik van Amerika en hulle swak toestand, maar Suid-Afrika, wat 'n wonderlike land is, is 'n land wat nie plek het vir God nie. SA soek hom by die kerk, wanneer daar siekte of dood is, wanneer daar finansiele druk is, maar verder moet Hy op die agtergrond bly. Ek dank die Here vir elke kerk, elke kind van die Here wat vasstaan en werk, vir mense soos Angus Bachan, want Jesus is voorwaar die antwoord.
Wat sou Jesus doen VS wat sou ek doen? Jong, ek sou moor, ek kyk na my klein dogtertjie en my hart bloei vir albei ouer pare. Tog sou Jesus anders optree en omdat Hy in en deur my lewe (Gal 2:20) het ek geen ander keuse as om Hom toe te laat om die weg te wys nie. Dit blyk 'n sinnelose daad te wees, maar die Bybel s?lles sal ten goede mee werk. Ons sien dit nie nou in nie, maar gaan sit net alleen en laat toe dat Hy sy arms om jou vou. Gaan kyk vir die boek "When God doesnt make any sense" van James Dobson, lees dit en mag God met julle wees.
|
|
Swaardmoord, 21/08/2008, Hendrik
Ek glo dat as mens geboelie word dan is dit agv jou eie lafhartigheid.Ek kan onthou toe ek in die skool was het boelies my ook probeer boelie want ek was maar uiters maer en tingerig.Enndag het ek net besluit genoeg is genoeg en met my maergat het ek elke dag baklei en die boelies het draaie om my begin loop.Ek het die hart gehad om my self te verdedig.behalwe dit kan mens bokslesse of karate lesse neem om die probleem te oorkom.
|
|
Swaard, 21/08/2008, Joop
Wat ek nog steeds nie kan verstaan nie is ; Hoekom die ouers niks agter gekom het toe die kind met satanisme begin 'eksperimenteer' het nie ? Ek het self kinders en ek Salf hulle met die Heilige Gees die Vader en die Seun , dit maak ons almal rustig en gelukkig !!! Net nog iets , ek lees van Dinsdag af in die kommentaar dat mense vir ons vertel dat hulle Christene is maar na heavy metal en slapgat...sorry slipknot luister ; jammer , maar dis totaal en al onmoontlik , ek het baie ondervinding hiervan ek sal nie uitwy nie....jy kies....Jesus of die duiwel....klaar!!!!
|
|
Ek is so jammer vir jou Morne, 21/08/2008, Marieta
Ek lees al die kommentaar en elke mens het 'n opinie, en ek glo niemand weet werklik waardeur Morne gegaan het nie.
Eerstens blameer almal die skool, ek was in 1986 matriek leerling daar, een van die eerste dogters, my broer na my 'n seun, Nic Diederichs is n goeie skool wat net die beste vir sy kinders doen.
Party blameer die ouers, dis absolute nonsens!! GEEN ouer maak 'n moordenaar of dwelmverslaafde groot nie, elke ouer doen wat hy kan onder omstandighede.
Maar my grootste hartseer is vir Morné...my seun van 19 het ook probleme en kan nie met iemand praat daaroor nie, dis sy introverte geaardheid...al wat ek kan heeltyd aan dink is wat moes deur daai arme kind se gedagtes gegaan het om tot so n uiterste te gaan? Hoe eensaam en hulpeloos moes hy nie gevoel het nie?
Morne ek hoop jy kry die hulp wat jy benodig, jy bly in my gedagtes en wens ek kon met jou praat...maar julle praat nie maklik nie...sterkte my kind
|
|
, 21/08/2008, nadine
Ek gee my self die reg om so te praat. Wie is morné om ander se lewens te vat? Hoe gaan jy voel as iemand jou 16 jarige met 'n swaard dood kap? Ek is seker jy sal mal word.Maar wie is ek om te praat, jy weet mos van beter. Wag todat jy iemand verloor dan wil ek die woorde uit jou mond uit hoor? Die land moet die dood straf terug bring sodat almal wat moord pleeg die selfde paaitjie kan loop. Sy ouers het nie opgelet aan sy gedrag nie. Ja ons kinders draai nie uit soos ons wil he hulle moet of soos ons hulle groot gemaak het nie, maar gee aandag aan die dinge wat tel. Ek bid vir die Pretorius familie want hulle het dit nie verdien nie.
|
|
Satanisme, 21/08/2008, Magda
Ek is 21 en was al betrokke by satanisme, dis nie 'n grap nie dis gevaarlik sodra daai "Bose Ding" in jou vaar het jy geen stop, ek het al my suster aangerand agv satanisme. Ek sê nie wat die seun gedoen het was reg nie. Maar ek het 'n idee wat hy deur gegaan het, en om geboelie te word, jammer maar dis nie 'n verskoning nie. Ouers asb let op na wat jul kinders luister en kyk dit beïnvloed hulle, en een of ander tyd verander die kind teenoor almal en dan wil hul weet hoekom nou hy/sy was nooit so gewees nie. so asb Ouers staan saam! ek sal ook saam staan al is ek nie 'n ouer nie aan albei gesinne sterkte! God is met jul,Hy doen als met 'n doel.
|
|
Almal oordeel sonder om te dink. , 21/08/2008, Jannie
Julle wat so graag die ouers wil blameer moet vir 'n oomblik julself in hulle situasie indink. Volgens berigte was Morné 'n stil en op sy plek seun, geen moeilikheidmaker en "probleemkind" soos een van julle beweer nie. Elke mens verskil van 'n ander, en al word duisende kinders daagliks geboelie hanteer elkeen van daardie kinders dit op 'n ander manier. Om te sê ek is ook geboelie maar ek het nie so iets aangevang nie" dra nie water nie, want jy het jou situasie op jou manier hanteer, en jy kan nie verwag jou manier is die standaard nie. Wat hier gebeur het is baie hartseer, maar wie kan oordeel as hy nie weet wat in daardie kind se kop aangegaan het nie.
|
|
Swaard Moord, 21/08/2008, Roenel
Wyane/Roelien daar is nie nou tyd vir klippe gooi nie. Vat eerder hande saam en bid vir hierdie families sodat God julle stemme kan hoor. My seuntjie is ook die kleinste in die klas en word gereeld geboelie en as ek tussenbeide tree word hy kwaad vir my want hy wil sy eie "battles" baklei. Hy was al deur sy eie klas onderwyser en 'n mede mans personeellid geboelie en daar het ek tussenbeide getree. As hy dan iemand met sy tas moet moker om 'n punt te bewys, gaan dit dan ook nou my skuld wees? Dis 'n seer storie dat Morn'é dit so ver gevoer het voor iemand geluister het en dat 'n onskuldige kind daarvoor moes geboet het. Daar waar julle almal nou sit, bid eerder hard vir hierdie ouers wat van beide kante deur 'n vreeslike tragedie getref is. En die heel belangrikste, bid vir Morné sodat God hom van die duiwelsdinge kan verlos want hy sal dit "nooit" self kan doen nie. Ek was al in kontak met iemand wat dimonies gevul was en dis 'n vreesaanjaende prentjie, ek kan net dink wat hierdie arme kinders moes deurmaak en dat Morne 'n groot stryd het wat voor hom lê. Vergewe hom soos God hom sal vergewe, moenie die kind met klippe gooi nie.
|
|
Ons seun is geboelie, 21/08/2008, Anne-Mare
Ek sien mense wat nie simpatie het met die swaardseun nie. Ek was geboelie op skool en kon myself verdedig maar almal is nie so gelukkig nie. My seun was geboelie en het homself verdedig maar moes detensie sit elke keer en die boelie is skotvry want hulle doen gewoonlik sport of hulle target maar net die kind wat geboelie word want sy ouers het nie geld nie.
Moenie oordeel nie want ek weet hoe dit voel om geboelie te word en dit is nog erger as jy nie jouself kan verdedig nie, almal hanteer dinge nie dieselfde nie want nie een van ons is dieselfde nie. As jou kind 'n masker of 'n swaard in die kamer het gaan jy mos nou nie dink hy gaan iets aanvang daarmee nie, ons is almal naief en glo die beste van ons kinders.
|
|
Geboelie, 21/08/2008, Erick
Rolien, dis presies die tipe gedrag wat Christenskap n slegte naam gee. Nie alles is die skuld van 'n denkbeeldige, mense gemaakte persepsie nie.
Die seun is skuldig aan moord ja, maar hy's sielkundige nie lekker nie, en of dit nou te danke is aan n boelie op skool of ander faktore beteken nie hy's besete nie.
|
|
Geboelie: Aan hartseer ek wil ook net s?maxlength=, 21/08/2008, Rolien
Ek is my hele laer- en hoërskool jare geboelie en gespot oor my voorkoms. Ek het niemand gemoor daaroor nie. Dis hoe jy groot gemaak word.Hoeveel verskonings gaan daar nog uit gedink word. Ek is self 'n ma en glo my, al word my kind hoe ook al geboelie of geterg, of gespot, hy sal weet hoe om dit te hanteer, want hy kry die regte opvoeding en leiding. As Morné hulle se gesin so vreeslik heg was soos hulle sê en daar so baie liefde was soos hulle sê sou satan geen vashouplek kon kry nie. Moenie jouself dinge wys maak nie.
|
|
Slicing in Krugersdorp, 21/08/2008, R.M. Pienaar
Genade wat 'n hartseer storie. Ek het simpatie met beide gesinne. Dit klink vir my of Morne nogal aan depressie gely het wat 'n vreeslike uitwerking op 'n mens kan hê - mens dink nie altyd reguit nie. Ek keur nie sy besluite goed nie, maar hy is nog pure kind en hy kort al die nodige aandag en liefde wat hy verdien. Aan die ouers wat hul kind moes afstaan aan die dood, ons dink aan julle, dis verskriklik om 'n kind op so 'n jong ouderdom te verloor. Aan Roelien wat geen simpatie toon nie, wil ek net sê wie is jy om te oordeel as dit eintlik die Here se werk is. Mens kan sien jy is 'n bedorwe brokkie wat als gekry het wat jou hart begeer, miskien kort jy dalk die nodige liefde. Een vraag, sou jy wou hê jou kind moes gestraf word vir so 'n daad soos jy vir Morne toewens.....
Sterkte aan almal, hoop dat dinge gou beter sal gaan.
|
|
Swaard moord - verskoning - geboelie, 21/08/2008, Sandra
Dis skokkend, om so iets te doen, in die eerste plek , as hul so hegte familie was, sou hul geweet het dat hul kind met verkeerde dinge besig was. Weet nie of ek dit so sou kon aanvaar as my kind die slagoffer was nie, sou defnitief nie hom die lewe gegun het nie, as hy mag doodmaak omdat hy geboelie is, regverdig dit seker ook die gevoel dat ek hom persoonlik sou doodmaak, as my kind die slagoffer was. Weet dis eintlik verkeerd om so te voel, maar ons is maar net mense. MAG DIE HERE ONS WERKLIK DIE KRAG & WYSHEID GEE OM TE PROBEER OM MET GEBED EN ONS LEWENS AS VOORBEELD DIE DEURMEKAAR BESTAAN TE KAN OORLEEF!!
|
|
swaardmoord, 21/08/2008, Lynelle Grobler
Ek volg die tragediese gebeurtenis van die begin af en kan eerlik se dat my hart stukkend is. Vandag se lewe is moeilik maar ek is gewoonlik immuun daarteen omdat mens so onsensitief raak vir die wêreld, maar hierdie moord het my gedagtes uitmekaar geruk. My hart is so bitter seer vir beide kinders en hul gesinne. Ons almal besef nie altyd hoe swaar dit is om jonk en onder druk te wees nie. Ek bid elke dag dat Die Here vir beide gesinne die moed sal gee om weer die goed in die lewe raak te sien. Dit help nie om vingers te wys en almal te blameer nie, dit sal tog niks bereik nie net meer hartseer bring. Mag God albei kinders op hierdie aarde en in die Hemel by Hom en hul gesinne met liefde omring en hul geloof versterk.
|
|
moord, 21/08/2008, angeline
Die seun weet al te goed wat hy gedoen het, al was jy geboelie is dit nie noodig om n ander kind se lewe gevat. Hy se hy weet nie wat gebeur het nie maar die storie wat gese word maak glad nie sin nie.Ek dink hy moet gestraf word soos al die ander wat mense se lewens gevat het. Ek het innige simpatie met die ouers wat dit is hulle wat hier onder lui.
|
|
Glad nie siek verskoning nie, 21/08/2008, Wil net se
Nadine. Sê jy dit van almal wat ooit in hulle lewe iemand se lewe gevat het. Vanaf Maandag - 18/8/2008 het soveel voorvalle al gebeur waar jy hoor van kinders wat ander kinders seermaak. Wat van mense wat ander mense dood maak vir hulle goed in hulle huise. Morne het iets verkeerd gedoen en hy moet hulp kry wat hom toekom. As ek mag weet, wie gee jou die reg om so te praat. Was jy al betrokke by enige tipe misdaad of weet jy van iemand wat misdade pleeg, ken jy hulle verlede of families. Jy is vinnig om te oordeel. Maar as jy na almal se kommentaar kyk en lees probeer mens verstaan waardeer almal moet gaan. Wie is ons as mense om te oordeel oor wat gebeur het. Morne het my volle simpatie en ondersteuning en ek glo en vertrou in hom.
|
|
Swaard moord, 21/08/2008, Alida
My inningste simpatie aan albei ouers. Ek glo nie iemand besef hoe sterk satan is nie, en hy weet wie om te betrek by sy planne. Ek bid dat God in die seun se hart sal werk en dat hy volkome met satan sal breek. Ek het self drie seuns en weet hoe maklik hule geboelie word en dra hulle elke dag aan die Here se beskerming op. Slegs deur Sy genade is hulle aldrie pragtige gelowige seuns!! Moet nie oordeel nie jy is alreeds geoordeel, BID!
|
|
Harmse & Pretorius gesinne, 21/08/2008, Frans & Cerina van Rensburg
Ons Lewende God sal hulle deur hierdie tyd dra en die antwoorde hiervoor sal kom wanneer dit moet kom.
|
|
Geboelie, 21/08/2008, Bekommerd
Wie is ons as Christene om te oordeel - wie van julle ken die binnekamers van iemand anders?
|
|
Staan liewers saam, 21/08/2008, Cornel
Dit is vir my ongelooflik om te sien hoe mense klippe na mekaar gooi. Ek wens Wayne dat ons almal soos jy kan wees, so perfek. Los die ouers uit, hulle tel self stukke van hulle lewens op. Baie mense word geboelie ja, maar niemand het dieselfde verwysings raamwerk nie. Niemand het 'n perfekte manier om kinders groot te maak nie. Slegs God sal weet wat werklik daai dag gebeur het. Die oordeel lê nie by ons nie. Staan liewers saam en bid vir beide families, snedige aanmerkings gaan nie die situasie verander nie. Ek bid vir die families betrokke my die hartseer gebeure. Mag Jesus julle dra en bystand gee.
|
|
Harmse Ouers, 21/08/2008, Quinton
Weet julle, ek sit die spulletjie so en kyk nou al van Maandag af, en ek weet nie, ek lees vanoggend hoe moes die vermoorde se pa langs die lyk staan terwyl die polisie die ondersoek doen. skies mevrou as ek dalk lelik is maar die briefie is efens arrogant, ek dink nie julle besef die aard van die soort ding nie? Ek is die jongste van agt kinders, en grootliks maar meestal op my eie gewees maar ek het geweet waar my liefde vandaan kom, my boeties het nie my "fights" vir my gefight nie ek het maar self geleer en op gestaan, en was ook geseënd gewees met baie vriende maar my beste vriend het ek aan die dood af gestaan onlangs en dit was die tweede kind van my vriend se ouers! Hulle het geen benul wat Jacques se ouers deur gaan nie, maar soveel simpatie as wat ek vir die Pretorius familie het, het ek net soveel vir U! Want dit sal die aanduiding wees vir vele ouers om meer oplettend te wees wat in hulle kinders se lewens aangaan! Kinders is nie gevoellose poppe sonder emosies en begeertes nie! Ek weet nie hoe waar dit is nie, Beeld beweer dat hy ook deurmekaar was met heksery, hoe kom julle (ouers) dit nie agter nie?
|
|
Jacques Pretorius/Morn?armse, 21/08/2008, Suzette Sevenster
Ek is ook 'n ouer en wil net aan almal wat persoonlik hierdeur geraak word sê ek bid vir julle en GOD is met julle, niemand kan klippe gooi nie. Net GOD kan ons veroordeel. Dit is baie hartseer en ek bid vir albei gesinne.
Sterkte vorentoe en soek berusting net by GOD. Suzette-Clubview
|
|
Flou verskoning, 21/08/2008, M Viviers
Wil julle vir my vertel dat die ouers NOOIT in sy kamer in gegaan het nie, waar kry hy die swaarde en maskers. Het sy gedragsveranderings onopgemerk gegaan. Dit is nie 'n verskoning om die feit dat hy geboelie was as verskoning te bied nie. As elke persoon wat al ooit geboelie was tot sulke drastiese stappe moet oorgaan, sal die skole leeg wees. Nee wat komaan, vat verantwoordelikheid vir jo eie dade en leef met die gevolge
|
|
Ons seun was 'n boelie, 21/08/2008, Anthonette
Weet jy ek lees na elke persoon se opinie, ons kan nie oordeel nie, maar kan verseker ons in so 'n situasie inlees, ek persoonlik dink ek sal moor vir my kinders. Morné was nie geestelik sterk genoeg om aan sy seer en woede te werk nie, en ek praat nie sy dade goed nie, hy moet besef en verantwoordelikheid vat vir sy dade "no doubt", maar gaan ek tog vir hom bid want dus al wat hom nou gaan help ! Vir die Pretorius gesin, ek het amper nie woorde nie, ek het letterlik gesit en huil julle het regtig 'n pragtige seun gehad, ons kon nie ophou kyk na sy gesiggie nie, ons bid vir julle as ouers, niks wat ons kan sê gaan die seer beter maak nie ABSOLUUT hoe kan dit, dit was julle kind ! Glo in ons liewe Here hy sal julle nie laat gaan nie, vat sy hand laat hy julle dra ! Sterkte
|
|
Siek verskoning, 21/08/2008, Nadine Pretorius
21/08/08... Kyk net hoe probeer sy ouers hom beskerm. Die aanval het niks met "ek was geboelie" te doen nie! Die ouers van hierdie probleem kind moet terug staan sodat hy kan kry wat hy verdien. Geen verskonings, sielkundige,blameering op metal groepe sal reg maak wat die klein morne wetter aangejaag het nie.Al wat hy nodig het is om gestraf te word. Ons almal was geboelie op skool maar dit het ons geen rede gegee om moord te pleeg nie.Hy moet gestraf word.
|
|
Ons seun is geboelie, 21/08/2008, Martie
Duisende kinders word daagliks geboelie by skole. Wat sal gebeur indien almal so sou reageer ons skole sou met lyke besaai gewees het. Ek stem saam die "hegte" familie moes eerder gesien het waarmee hul seun besig is, want die skool het ook agterkom iets is verkeerd, maar hulle het te laat besef wat aangaan. Hierdie hartseer voorval moet as waarskuwing vir ander ouers wees. Maak oop julle oë en kyk waarmee jou kind homself/haarself besig hou en miskien kan nog so tragedie verhoed word. Ek bid vir al die betrokkenes.
|
|
Harsteer, 21/08/2008, Wil net se
Rolien, ek lei af jy weet nie wat dit aan sekere kinders doen as hulle geboelie of sleg gesê word deur mee skoliere nie. Morné en sy ouers is baie lief vir mekaar en sy ouers is goeie ouers wat in hulle kinders belangstel. Dit is waar dat hulle 'n gehegte familie is. Ek hoop net as jy kinders het dat jy na julle omsien en ook 24/7 weet waar jou kind is. Morné het goeie manier en is 'n goeie persoon. Dit samelewing het net soveel te doen met wat gebeur het. Morné en sy gesin moet onthou daar is mens wat in hulle glo en daar is vir hulle.
|
|
Die artikel, 21/08/2008, Nicky van Schalkwyk
My innige simpatie met die ouers,ons sal nooit kan glo hoe die ouers moet voel,wetende dat hulle kind so iets gedoen het nie,maar ek dink nie boelie kan gebruik word as 'n verskoning nie. as ons al die berigte lees,dan is daar al gesê die onderwysers het geweet hy het gedrags probleme en ek kan nie glo dat die ouers glad nie agter gekom het dat hy met satanisme deurmekar is nie. as hulle so gehegte familie was,sou hulle tog iets agter gekom het,my vraag is hoekom het niemand niks gedoen nie? Nou probeer mense fout soek by die verkeerde plekke,soos die band slipknot,ja die woorde wat hulle sing kan skokend wees vri party mense,maar miljoene mense luister na presies dieselfde musiek en hulle doen niks nie
|
|
SWAARD MOORD, 21/08/2008, EL VAN DEN BERG
Boelies sal altyd daar wees, maar wanneer ouers en onderwysers 'n verandering in 'n kind sien wat 'n negatiewe uitwerking op die kind se skoolwerk en andersins het, is dit hul PLIG om daadwerklik op te tree voordat 'n tragedie afspeel.
|
|
Te Besig?, 21/08/2008, Sussie
Hoe is dit dan moontlik dat hierdie ouers nog nooit kon agterkom iets is nie wel met hulle kind nie? Ek het self 2 moeilike tieners in die huis,en weet ek kan hulle nie altyd beheer nie, maar darem het ek nog daardie " moederlike instink " wat my vinnig genoeg vertel hoe hulle emosionele welstand is. Ek glo ek sal weet as iets drasties fout is, of is ons dalk deesdae te besig, ons merk op iets is anders, maar besluit eerder om dit te ignoreer, dalk sal die probleem verdwyn ?
|
|
'ONS SEUN IS GEBOELIE', 21/08/2008, Sha
Nadat ek gelees het wat die moeder en vader van Morne Harmse geskryf het oor hulle seun, dat hy afgeknou was vanaf hy 'n klein seuntjie was. Ek het simpatie met die hele saak want ek het selfs 'n seuntjie van 10 jaar oud, wat op 7 maande gebore was. My seuntjie was ook so afgeknou, rondgestamp, geboelie, glo my dit was nie maklik om met so 'n situasie te sit nie. Ek het hom altyd verseker dat hy nie altyd so klein sal bly nie, ons verskriklik lief is vir hom, en dat hy BAIE spesiaal is en dat God hom geskape het en hy trots moet wees daarop. Hy is nou nog klein maar ons het hom laat karate begin (1 jaar terug). Dit het wondere verrig. Die geboelie is op 'n einde, en hy is 'n baie gelukkige, selfversekerde en 'n regte uitblinkertjie in sport en akedemie. Vir ouers wat met die probleem sit, probeer gerus die uitweg.
|
|
swaard seun, 21/08/2008, nicholas
Ek is 'n persoon in 'n professioneele kapasiteit en hoop dat hierdie seun die ondersteuning van die hele land sal ontvang siende dat ons as gemeenskap baie gou kan oordeel fel. Hierdie gedrag is nie iets onbekend nie maar kyk dieper na die gedra na wat is die ondelangse, ongespreekte behoefte van die seun wat niemand gesien of gehoor het nie. Ja daar is twee kante van 'n saak maar wees eerlik, het ons nie nog 'n jeugdige gefaal het soos die Waterkloof 4 nie?
Sterkte aan alle betrokke partye.
|
|
Morn?armse, 21/08/2008, Suzette Sevenster
Ek wil ook net as ouer sê my hart gaan na almal uit wat persoonlik geraak word deur die gebeure op 18 Aug 2008, die oorledene se ouers sowel as Morné se ouers. Niemand kan klippe gooi nie, ek bid dat GOD hulle almal hierdeur sal dra. Almal daar buite - dra hierdie mense op na ONS HEMELSE VADER want net Hy kan dit alles beter maak.
Suzette-Clubview
|
|
Morne Harmse, 21/08/2008, Ernest
Baie dankie op 'n insig in jul seun se lewe. Wat ek elke dag sien in ons skole ontstel my as ouer vreeslik. My sestienjarige wat omtrent daagliks vir my selfoon grepe wys van vuis gevegte, seuns en dogters, graad agt meisies wat hulle speels ontbloot en die sel foto nou al land wyd en seker wêreld wyd versprei word, dit maak mens bang en magteloos voel maar die skole het geen meer regte om kinders te disiplineer. Mag God met albei julle families wees.
|
|
Ons seun was geboelie, 21/08/2008, Marietjie
My hart gaan uit vir hierdie ouers (en hulle kind). Soms doen ouers alles in hulle vermoëns om hulle kinders reg groot te maak maar die kinders draai nie altyd uit soos ons dink hulle sal nie. Ek bid vir julle.
|
|
, 21/08/2008, Wayne
Laat my toe om aan te haal uit die berig: "Ons is 'n baie hegte familie en ons kinders is streng, maar met baie liefde grootgemaak".
Dit blyk vir my dat die ouers alles behalwe gesamentlike verantwoordelikheid aanvaar vir die wrede daad gepleeg deur hul seun. Hulle maak meer verskonings as enigiets anders. As hulle so 'n hegte familie is sou hul seun se "probleme" sekerlik lankaal geïdentifiseer gewees het en daar na meer konstruktiewe oplossings gevind gewees het. Wil nie eers in diepte gaan wat met streng bedoel word nie???
|
|
Geboelie, 21/08/2008, Rolien
AG asb, hoeveel ander kinders word nie by die skole geboelie nie? Die flouste verskoning ooit. Daai kind is met die duiwel besete en dis al wat daaroor gesê kan word. Straf hom soos enige ander moordenaar. Miskien dan sal hy tot bekering kom.
|
|
ons seun is geboelie, 21/08/2008, Lelanie Radyn
my innige simpatie aan hulle as ouers, ek het self twee dogters en dit het my net weer laat besef dat ons sal met ons kinders moet praat, want soms dink jy jou kinders is " okay" maar binne is hulle stukkend en loop met hierdie intense verwerping en woede rond, ons bid vir julle! sterkte
|
|
Morne Harmse, 21/08/2008, Elize Jarm
Wat 'n hartseer storie. Ons sal definitief vir die Harmse familie bid en glo dat die Here hulle deur hierdie moeilike tye sal deurdra.
|
|
Swaard moord, 21/08/2008, Luan Botes
Boelies gaan altyd daar wees en mens moet maar leer om met dit saam te leef. Ek was self geboelie en het uiting aan my frustrasies gegee op die sportveld en in my skoolwerk en met tyd bou jy vir jou n naam op en mense begin anders na jou kyk, omdat jy goed doen in sport of skoolwerk. Dit is ook 'n goeie manier om nuwe vriende te maak en mense te leer ken. Boelies voel party keer nes die slagoffer. Geweld is nie altyd die oplossing nie.
|
|
| |
| Hierdie kommentaar fasiliteit is nou gesluit. |
|
|
|