Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Tugstappe kom teen Vrystaatse toerismebaas
Aug 27 2008 10:57:03:123PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Msimelo Njwabane


Tugoptrede staar me. Phomolo Mokuele, uitvoerende hoof van die Vrystaatse Toerisme-owerheid (FSTA), in die gesig weens beweerde wangedrag, pligsversuim en ongemagtigde uitgawes.

Dít nadat Beeld vroeër berig het oor die finansiële onreëlmatighede en wanbestuur in verband met die Macufe-jazzfees wat sowat R22,2 miljoen beloop het. Mnr. Fani Moloi, die FSTA se geldhoof, en me. Mohlolo Makofane, die uitvoerende bestuurder van korporatiewe dienste, is intussen afgedank, glo omdat hulle die ongerymdhede aan die lig gebring het.

KPMG doen nou ’n forensiese oudit in opdrag van me. Beatrice Marshoff, die Vrystaatse premier.

Volgens die klagstaat teen Mokuele het sy onder meer haar tekenregte oorskry deur ’n transaksie wat R217 000 beloop – vir die aankoop van eksemplare van die To-go-To-tydskrif vir verlede jaar se Toerisme Indaba in Durban – te magtig.

Mnr. Khotso Thole van die bemarkingsdepartement het by mnr. Quentin Eister, hoof van die FSTA-raad, oor die transaksie gekla. Thole was ontevrede dat die bemarkingsbegroting só gebruik is sonder om dit met hom te bespreek of die regte prosedure te volg.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |