Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Talle in rade ongeletterd
Aug 27 2008 10:57:02:467PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Cobus Claassen


Die Suid-Afrikaanse vereniging van plaaslike owerhede (Salga) het gister toegegee ongeletterde munisipale raadslede is ’n struikelblok vir dienslewering.

’n Studie wat Salga in 2006 gedoen het, toon dat een uit drie raadslede ongeletterd is. Die studie is voltooi nadat sowat 48% van die 283 munisipaliteite se raadslede in 2006 landwyd ’n vraelys ingevul het.

Altesame 32% van raadslede het aangedui dat hulle basiese lees- en skryfvaardighede benodig.

Die studie toon dat ’n groot aantal raadslede (28%) nie ’n matriekkwalifikasie het nie.

Byna die helfte van raadslede (45%) het slegs wisselende vlakke van hoërskoolopleiding, terwyl net 4% ’n honneursgraad of hoër het.

Daar is voorts bevind dat geen burgemeesterskomiteelede in Gautengse munisipaliteite wat aan die studie deelgeneem het, ’n honneursgraad of hoër kwalifikasie agter sy/haar naam het nie.

Volgens die studie is daar ’n “oorweldigende” behoefte onder raadslede om in ’n verskeidenheid van rigtings soos onder meer basiese plaaslike regering, leierskapsontwikke- ling, kommunikasievaardighede, munisipale finansies en dienslewering opgelei te word.

Volgens die studie sal raadslede met inagneming van die 32% wat funksionele geletterdheid benodig, “nooit ten volle hul vaardighede kan ontwikkel” wanneer veral agendas, verslae en notules ter sprake kom nie.

Dr. Sifiso Mbatha, Salga se hoof van vaardigheidsontwikkeling, het luidens mediaberigte toegegee dat die hoë ongeletterdheidsyfer onder raadslede ’n vername rede vir swak dienslewering is.

“Die ongeletterde raadslede verstaan nie plaaslike regeringskwessies nie. Hulle bly stil daaroor omdat hulle skaam is.”

Mbatha het gister aan Beeld gesê die media het die studie se bevindings effens uit verband geruk. Hy het wel erken dat dit ernstige tekortkominge uitgewys het.

Mnr. Mogomotsi Mogodiri, Salga-woordvoerder, sê die studie is onderneem om intern te probeer vasstel hoe groot die uitdaging onder munisipaliteite is en dat die bevindings nie doelbewus van die media en publiek weerhou is nie.

“Daar is baie persepsies en klagtes oor gebrekkige dienslewering. Ons wou ’n aanduiding kry van hoe bekwaam raadslede is.

“Die studie skets nie ’n bemoedigende prentjie nie, maar verskeie stappe is intussen gedoen en raadslede word deurgaans van die nodige opleiding voorsien.”

Mnr. Mathews Phosa, ANC-tesourier-generaal, het gesê die verlies aan wit mense het ’n vaardigheidsvakuum in die openbare sektor meegebring, berig Sapa. “Dit was ’n fout om ’n proses toe te laat wat daartoe gelei het dat soveel vaardige en patriotiese (wit) kenners met goeie bedoelings verlore gegaan het.”

Hy sê dit is “iets wat ons (die ANC) oor ’n tydperk wil regstel sodat daardie kenners wat steeds waardevolle bydraes kan lewer, ’n kans gegun word om terug te keer”.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |