Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Vroue amper besteel nadat motor bots
Aug 27 2008 10:57:00:297PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Dries Liebenberg


Durban. – Oomblikke nadat twee vroue in ’n ongeluk uit hul voertuig geslinger is, het twee mans hulle gisteroggend probeer besteel.

’n Egpaar van Port Shepstone en ’n vrouepassasier, al drie van iets in die 60 jaar oud, het snye, asook vermoedelik rugbeserings opgedoen in die ongeluk wat omstreeks 6:45 op die Hans Dettman-hoofweg naby Pinetown gebeur het.

Volgens mnr. Derrick Banks, woordvoerder van ER24, het die motor die pad in ’n draai verlaat, teen ’n reling gebots en teen ’n helling afgeloop.

Die twee vroue is uit die motor geslinger.

Terwyl die vroue na die motor teruggekruip het, het twee mans probeer om hulle te besteel. Die bestuurder van ’n insleepvoertuig wat op pad werk toe was, het die diewe verwilder toe hy stilgehou het om die mense te help, het Banks gesê.

Die egpaar se hond, Tyson, ’n kruising tussen ’n Staffordshire terriër en ’n Dalmatiese hond, het in die geharwar weggeraak.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |