Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Dooie (12) had glo deel aan moord
Aug 27 2008 10:56:57:547PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Buks Viljoen


Die 12-jarige seun wat ’n maand gelede in Marlothpark deur die polisie doodgeskiet is, was waarskynlik by die moord van mnr. Fanie Keyser (47) van Pretoria betrokke.

Dié seun en sy 14-jarige makker (wat tydens die skietery in hegtenis geneem is) was met ’n AK47-aanvalsgeweer gewapen toe hulle deur die polisie in ’n kampong by Marlothpark vasgekeer is.

Die twee word ook met minstens vier ander rooftogte in dié natuurpark verbind waarin ’n AK47 as roofwapen gebruik is, sê kapt. Manie van Zyl van die polisie se eenheid vir georganiseerde misdaad in Mpumalanga.

Keyser is op 29 Desember 2007 koelbloedig by sy vakansiehuis in Marlothpark doodgeskiet, ’n dag voordat hy saam met sy vrou, Annelize (42), en seun, JC (13), na hul huis in Elarduspark, Pretoria, sou terugkeer.

’n Spesiale taakspan, onder leiding van Van Zyl, is in Februarie aangestel om die vlaag van rooftogte en moorde in Marlothpark te ondersoek.

Sedertdien is minstens 19 verdagtes in hegtenis geneem. Daar word nog na ses van die bendelede gesoek.

Volgens Van Zyl skuil die verdagtes iewers in Mosambiek.

) ’n Maand voor die Keyser-moord is mnr. Rudolph (Rudi) Harris (50) van Robertson in die Noord-Kaap ten aanskoue van sy vrou, Susan, en vriende doodgeskiet.

Van Zyl sê die twee seuns word egter nie met dié moord verbind nie.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |