Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Op hol oor ’n swartrugmeeu
Aug 27 2008 10:56:53:263PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Die kleinswartrugmeeu vlieg oor die water van Leeupan, suidwes van Leandra. Foto: Clive Kaplan
Neels Jackson


Skaars het voëlkykers se vreugde oor die een skaars meeu begin bedaar of die volgende maak sy verskyning.

Die jongste bron van opwinding onder Gautengse voëlliefhebbers is ’n kleinswartrugmeeu wat Saterdag by Leeupan, suidwes van Leandra, opgemerk is. Dis ’n ander Leeupan as dié in Benoni waar die Asiatiese snipgriet vier jaar gelede vir groot opgewondenheid gesorg het.

Die kleinswartrugmeeu volg kort op die hakke van die Franklinse meeu wat hom onlangs op die Centurion-meer tuisgemaak het.

Mnr. Martin Rudman van Johannesburg sê hy en twee vriende, mnre. Chris Dickens en Mike Krzychylkiewicz, was eintlik op ’n hengeluitstappie toe hulle dié meeu met sy swart rug opmerk. As gesoute voëlkyker het hy dadelik besef dis iets spesiaal.

Kleinswartrugmeeue migreer jaarliks van Europa en Asië na Afrika en terug, maar gewoonlik kom hulle nie sover as Suid-Afrika nie.

Van tyd tot tyd is daar egter een wat nie weet wanneer om op te hou suid vlieg nie en dan beland hy in Suid-Afrika.

Rudman sê hy kon eers Maandag ’n boodskap per e-pos uitkry na die voëlkykers toe.

Eergisteroggend was daar verskeie gesoute voëlkykers langs die water wat ’n nuwe regmerkie op hul lewenslyste kon maak.

Mnr. Trevor Hardaker, kenner van rariteite in die voëlwêreld, sê kleinswartrugmeeue maak soms langs die kus van Mosambiek en KwaZulu-Natal hul verskyning.

Hulle is ook bekend daarvoor dat hulle van groot lappe binnelandse water hou, maar daar was ’n klompie jare gelede laas een wat ’n ruk lank in dié omgewing op een dam gebly het sodat voëlkykers na hom kon gaan kyk.

Mnr. Clive Kaplan, een van die voëlkykers wat gister die meeu op sy lewenslys afgemerk het, sê mense wat Leeupan toe gaan, moet geduldig wees as hulle die meeu gaan soek, want dis ’n taamlike groot dam.

Hulle moet ook nie net op die water soek nie. Eergister het die meeu heelwat gevlieg en party mense wat hom op die water gesoek het, het hom nie opgemerk toe hy oor hul koppe vlieg nie.

Hoe lank hierdie een op Leeupan gaan bly, weet nugter. Dat hy reeds minstens sedert die naweek daar hou, laat voëlkykers egter moed skep dat hy nog ’n rukkie daar sal wees.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |