Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
|||||||||||||||||||||
|
Man by eetplek geskiet
’n Man wat eergisteraand omstreeks 21:00 kos by die Steers in Wierdapark, Centurion, gaan koop het, is tydens ’n gewapende rooftog in die arm geskiet en personeellede van dié kitskos-eetplek is aangerand. Kapt. Agnes Huma van die polisie het gesê die rowers het verskeie ander kliënte met vuurwapens aangehou terwyl hulle die plek beroof het en is met ’n onbekende bedrag vort. Die man wat geskiet is, word nog in die Unitas-hospitaal in Centurion behandel. Hy wou nie gister met Beeld praat nie. Huma het gesê die personeellede wat aangerand en met vuurwapens teen die kop geslaan is, het ook hospitaalbehandeling ontvang. Die polisie ondersoek die voorval. – Virginia Keppler
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|