Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
|||||||||||||||||||||
|
'Drankverbod sal mense nie keer om dit elders, later te kry'
susan.cilliers@beeld.com ’n Verbod op drankverkope die dag wanneer mense welsyntoelaes of salarisse kry, gaan hulle nie keer om drank te kry nie en kan dalk juis ’n reusegaping in die swartmark skep. So meen me. Estelle van Schoor, direkteur van die Castle Carey-rehabilitasiesentrum in Pretoria, wat onder die Suid-Afrikaanse Raad vir Alkohol en Dwelmmisbruik (Sanra) resorteer. Ook dr. Irma Labuschagne, kriminoloog, meen “die mens is ’n slim ding wat net op ander plekke sal gaan koop” indien hy beperk word. Dit volg op ’n voorstel van me. Barbara Holtmann, navorsingsdirekteur van die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad (WNNR), dat beperkings op drankverkope en drankvrye gebiede kan help om misdaad te voorkom. Holtmann is een van die sprekers by die Aksie vir ’n veilige Suid-Afrika, ’n konferensie oor misdaadvoorkoming dié week in Midrand. Sy het aan Beeld gesê alkoholvrye gebiede kan skole insluit, ook wanneer ouers sosiale geleenthede daar bywoon. “Misdaad- en kindermishandelingstatistieke skiet Vrydae – wanneer baie mense geld kry – die hoogte in. Verbruikers bestee R16 uit elke R100 aan alkohol en dit sluit mense in wat welsyntoelaes kry. Sowat 47% van moordslagoffers is onder die invloed van drank en die polisie raam dis ook die geval met tot 50% van verkragtingslagoffers. “Drank kán onwettig bekom word, maar dis dalk die moeite werd om te toets wat die impak van koopbeperkings sal wees. Deur ’n vensterperiode te skep wanneer mense nie drank kan koop nie, word welsyntoelaes dalk eerder aan kos as drank bestee.” Alkoholverkope by groot drankwinkels soos Prestons in George in die Oos-Kaap verdubbel wel wanneer dit betaaldag is, het me. Madie Luke, bestuurder van dié winkel, gesê. Maar mnr. Gert Kruger, direkteur van die Aurora-alkohol-en-dwelmsentrum in Bloemfontein, sê iemand met ’n drankprobleem drink nie noodwendig elke dag nie. “Hulle sal net die volgende dag gaan koop. Dit sal onprakties wees om drankverkope op betaaldae te verbied. Sommige mense word weeklikse lone betaal. Hoe keer jy sjebiens?” Mnr. Adrian Botha, direkteur van die vereniging vir verantwoordelike alkoholgebruik, sê navorsing wys Holtmann se “haelgeweerbenadering”, soos hy dit noem, wat alle alkoholgebruikers pleks van die minderheid misbruikers teiken, is ondoeltreffend. “Teikengerigte maatreëls soos bloedalkoholperke vir voertuigbestuurders werk beter.”
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|