Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Brandweervrou wéér op manslag-klagte voor
Aug 27 2008 10:56:48:310PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Gloria Edwards


’n Brandweervrou van Benoni wat in 2004 na bewering drie jongmense doodgery het, gaan ’n tweede keer verhoor word.

Die saak teen me. Priscilla Meisie Assegaai, wat in 2005 onskuldig bevind is aan strafbare manslag, word Maandag heropen en sy sal weer op drie aanklagte van strafbare manslag en een van roekelose en nalatige bestuur verhoor word.

Sy is daarvan aangekla dat sy op 5 Julie 2004 ’n brandweerwa bestuur het wat glo weens haar nalatigheid en roekelose bestuur teen die motor van mnr. Morgan Rees (18) van Springs gebots het.

Rees en me. Tanya Janse van Rensburg (19) van Boksburg is op slag dood. Kylie Steyn (8), Van Rensburg se suster, is ’n week later in die hospitaal dood.

Assegaai het na bewering op pad na ’n veldbrand versuim om by ’n stopteken stil te hou of spoed te verminder en om die brandweerwa se sirene as waarskuwing aan te skakel.

Sy is op 9 Desember 2005 onskuldig bevind. Die staat het teen dié uitspraak geappelleer en die saak op hersiening na die hooggeregshof gestuur, waar die hersieningsaansoek toegestaan en onskuldigbevinding tersyde gestel is.

Volgens ’n aanklaer moet die verhoor dus “begin asof daar nooit ’n verhoor was nie”.

Mnr. Geoff Rees, Morgan se pa, het gesê hy het gemengde gevoelens oor die verhoor. “Dit gaan ou wonde oopkrap.”

Assegaai sal Maandag in die Nigel-landdroshof verskyn, wanneer ’n verhoordatum bepaal sal word.

Intussen werk sy steeds as skofbestuurder by die Benoni-brandweer. ’n Interne verhoor is volgens ’n betroubare bron tot ná die hofsaak uitgestel.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |