Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
|||||||||||||||||||||
|
Jeugkommissie in Gauteng mors geld, skrap hulle – DA
Die Demokratiese Alliansie (DA) in Gauteng het gister daarop aangedring dat die provinsie se jeugkommissie (GJK) geskrap moet word. Mnr. Khume Ramulifho, DA-jeugleier in Gauteng, sê die jeugkommissie mors geld wat elders benut kan word. Die GJK se begroting vir die huidige boekjaar is R60 miljoen – waarvan R60 000 maandeliks aan kantoorhuur bestee word. Hul hoofkantoor is in Marble Towers in die Johannesburgse middestad. “Dit is belaglik. Dié geld kan 6 000 studente, met beurse van R10 000 elk, help om te studeer,” het hy gesê. Die DA het gister die Universiteit van die Witwatersrand in Johannesburg besoek om ’n petisielys op te stel. Ramulifho sê hulle sal die res van die maand nog kampusse, townships, woonbuurte en landelike gemeenskappe in die provinsie besoek om hul petisielys aan te vul. “Die lys sal by die staande komitee oor petisies in die Gautengse wetgewer voorgelê word,” het mnr. Gana Maka-shule, DA-jeugleier in Gauteng-suid, gister gesê. Me. Barbara Creecy, LUR vir sport, kuns, kultuur en ontspanning in Gauteng, het in ’n onlangse vraag in die wetgewer gesê die GJK het 22 personeellede. Die GJK het gedurende die 2007-’08-boekjaar R168 226 aan drukwerk en R287 927 aan reise bestee, het Creecy gesê. “Die geld van die jeugkommissie is net ten bate van ’n klein groep jong mense van die regerende party (ANC),” het Ramulifho gesê. Mnr. Lebogang Maile, GJK-voorsitter, sê dié aantyging is onsin. Volgens hom het die GJK die afgelope twee jaar baie vermag. “Dit is net nie so duidelik sigbaar nie. Die jeugkommissie is nie ’n implementeringsagentskap nie; dit moet kyk of die provinsiale regering die belange van die jeug in ag neem.”
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|