Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Raak kreatief met laser
Aug 28 2008 09:46:51:060PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Hierdie patroon is binne minute op 'n stuk perspex gegraveer. Foto: Heléne Cilliers
Heléne Cilliers


Sedert die eerste laser 50 jaar gelede uitgevind is, het die toepassings vir dié tegnologie byna geen perke nie.

Die meubel- en binnenshuise ontwerpbedrywe is ook geen uitsondering nie.

Volgens me. Marí Sephton van StudioWorks in Queenswood, Pretoria, kan mens lasertegnologie gebruik om ’n wye verskeidenheid materiale te graveer of sny, en op materiale soos hout en leer kan mens selfs ’n brandeffek of driedimensionele kerf-effek kry.

Waar dit vroeër jare dae sou neem om byvoorbeeld ’n juweelkissie met die hand te sit en kerf, kan ’n laser die mees ingewikkelde ontwerpe binne ure of minute uitkerf of graveer.

’n Paar toepassings vir jou huis is:

  • Rubberstempels of stensils kan gesny word met jou eie ontwerpe en gebruik word om jou lap of mure mee te versier,

  • Graveer ’n ontwerp van jou keuse op ’n groot stuk perspex wat jy as ’n skerm kan gebruik,

  • Sny fyn patrone uit plastiek of leer en gebruik dit as lampskerms,

  • Graveer jou kinders se foto’s op hout en gebruik as muurversiering,

  • Kerf jou ontwerpe op jou kombuiskaste,

  • Graveer op glas om die effek van sandblaaspatrone te kry,

  • Graveer op sekere metale vir muurversierings.

    Sephton sê mens kan selfs op dikkerige lap soos denim graveer en dit maak weer allerlei idees moontlik vir individualistiese ontwerpe vir byvoorbeeld stoffering.

    Die tipe lasermasjien soos wat StudioWorks gebruik kan deur sekere soorte hout sny tot op ’n dikte van 6 mm wat dit dus ook moontlik maak om items soos byvoorbeeld fotorame, CD-kassies, asblikke, sneesdoekiehouers of pophuise te maak.

    Om verdere moontlike toepassings te bespreek, kontak Sephton by 079 877 7607.


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

  • vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |