Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
|||||||||||||||||||||
|
'Program oor moorde skend nie uitsaaikode'
Die beslissingsraad van die Uitsaaiklagtekommissie van Suid-Afrika (UKKSA) het gelas dat e.tv nie die uitsaaikode oortree het met die uitsending van ’n 3rd degree-program oor ’n reeksmoordondersoek in Modimolle (Nylstroom) nie. Die program “Modimolle – God has eaten”, is op 27 Mei uitgesaai. Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het ’n klagte by die UKKSA ingedien. Die hoofredakteur van die program was die bekende Debora Patta en die vervaardiger was Xolisile Moloi. Die polisie het onder meer in hul klagte gesê die program was bevooroordeeld en het die beeld van die polisie skade aangedoen. Die program het die polisie van traagheid in die beskerming van die plattelandse gemeenskap teen die betrokke reeksmoordenaar beskuldig. In sy uitspraak het prof. Kobus van Rooyen SC, voorsitter van die beslissingsraad, gesê die program bevat wel tekens van vooroordeel jeens die polisie. Die rede daarvoor, het Van Rooyen gesê, is omdat alle inligting nie aan die vervaardiger beskikbaar was nie. Hy het ook gesê die polisie se pogings is nie in die algemeen so negatief uitgebeeld soos wat die polisie in hul klagte aangevoer het nie. “Dit is nie te sê as ’n program wel elemente van vooroordeel bevat of selfs aanstoot gee, dat dit die uitsaaikode oortree nie,” het Van Rooyen in sy uitspraak gesê. – Sanri van Wyk
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|