Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
|||||||||||||||||||||
|
‘Talle geleenthede in weermag vir jeug’
Mnr. Mosiuoa Lekota, minister van verdediging, sê ’n wanbegrip oor wat militêre diens in die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) behels en die geleenthede wat daarmee gepaardgaan, is die grootste rede dat so min jong mense deesdae by die weermag aansluit. Hy meen voorts dat veral jong wit mense en hul ouers nog ’n “onakkurate, negatiewe indruk van die weermag” met hulle saamdra. “Daarom is dit ons plig om aan die publiek te verduidelik wat militêre diens behels en dat jong mense ongelooflike geleenthede in die weermag kan ontdek,” het Lekota gesê. Lekota het gister sowat 5 000 leerlinge van verskeie skole in en om Krugersdorp by die Olympia Park-stadion toegespreek. “As die meeste mense die woord ‘weermag’ hoor, dink hulle onmiddellik slegs aan die leër, aan gewere, oorlog en die doodmaak van mense,” het hy gesê. “Dit is die wanpersepsie waarteen ons moet veg. Die weermag bestaan immers uit die vloot, die lugmag, die leër én die militêre gesondheidsdienste. Binne dié vier vertakkings van die weermag is daar ’n ongelooflike verskeidenheid loopbaanrigtings wat ’n jong mens sou kon volg.” Lekota het gesê die negatiewe konnotasies wat aan die weermag gekoppel word, is een van die grootste oorsake dat die weermag sukkel om jong mense te werf. “Met die oorgang na demokrasie in 1994 het baie wit mense skrikkerig geraak vir die weermag en waarskynlik gedink dat hulle nie hul kinders weermag toe sal stuur om te gaan veg vir ’n regeringsbeleid waarin hulle nie noodwendig glo nie. “Ons sal hard moet werk om dié eertydse vrese teen te werk. “Aan die ander kant onthou baie swart ouers die weermag as ’n aggressiewe mag wat hulle in die townships bedreig en onderdruk het, en daarom is hulle huiwerig om hul kinders aan te moedig om by die weermag aan te sluit.” Lekota het gesê die hoofdoel van inligtingsessies soos gister s’n is om aan jong mense te wys dat basies alle loopbaanrigtings en vaardighede in die weermag verteenwoordig word. “Ons wil hê dat mense weer die woord ‘weermag’ as deels sinoniem vir ‘opvoeding’ sal sien. “Daar is plek in die weermag vir ingenieurs, dokters, verpleeg- sters, vlieëniers, tegnici, instrukteurs, regskenners en nog baie meer. “Daar is basies geen vaardigheid wat nié in die weermag benodig word en waarvoor die weermag nie opleiding bied nie.”
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|