Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Tlokwe oor kole gehaal oor 2de ongunstige oudit
Aug 28 2008 09:46:46:213PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Linda de Beer


Die burgemeester en senior amptenare van die Tlokwe-munisipaliteit is Woensdag deur Noordwes se openbare-rekeninge-komitee oor die kole gehaal oor die ouditeur-generaal (OG) se tweede agtereenvolgende ongunstige oudit-opinie van die munisipaliteit.

Tlokwe, toe nog die Potchefstroomse munisipaliteit, is een van net twee munisipaliteite in Noordwes wat vir die 2006-’07-boekjaar ’n algeheel ongunstige oudit-opinie gekry het.

Die OG het verskeie gevalle uitgewys waar die munisipaliteit finansiële wetgewing verontagsaam het en nie basiese finansiële reëls nagekom het nie. Ondersteunende dokumente van sake waaroor die OG navraag gedoen het, kon voorts nie altyd getoon word nie.

Mnr. Chris Hattingh, provinsiale DA-leier en komiteelid, het gesê mnr. Maphetle Maphetle, uitvoerende burgemeester van Tlokwe, en senior munisipale amptenare se antwoorde op vrae van komiteelede was ontwykend en onvolledig.

Die komitee het die munisipaliteit beveel om binne 14 dae ondersteunende dokumente te verskaf wat met aanstellingsbriewe en kontrakte verband hou. Maphetle het hierop die komitee se gesag bevraagteken om op toegang tot dié dokumente aanspraak te maak.

Altesame 32% of 466 poste in die munisipaliteit was ten tyde van die oudit vakant. Die OG het bevind dit veroorsaak onnodige stres op die bestaande amptenare en beïnvloed dienslewering en die munisipaliteit se finansiële funksies negatief.

Die komitee het bevind dit is sorgwekkend dat net 38% van die munisipaliteit se kapitaalbegroting van R66,7 miljoen vir die betrokke geldjaar bestee is. Altesame R42,4 miljoen is nie bestee nie.

Die bestaan, volledigheid en waardasie van eiendom, toerusting en gereedskap ter waarde van R218 miljoen kon nie deur die OG geverifieer word nie.

Hattingh het in sy kommentaar op die verhoor gesê rasgegronde beleid en politieke aanstellings die laaste jare het tot ’n uittog van kundigheid uit die munisipaliteit gelei.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |