Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
||||||||||||||||||||||
|
‘Wonderperdjie’ word 2 op skou
Danksy kunsmatige asemhaling wat by geboorte op haar toegepas is, het die miniatuurperdjie Stroptop Little Miracle gister haar tweede verjaardag op die Pretoriase skou gevier. Dié perdjie, wat op die skou gebore is, het gister haar verjaardag met ’n groen klapperkoek gevier. Haar perdemaatjies, Stroptop Spice Girl (9) en Stroptop La Belle (2), het in die vreugde gedeel. Hul eienaar, me. Nicolette de Klerk van die plaas Stroppan naby Migdol in Noordwes, sê Little Miracle is só genoem omdat sy feitlik dood gebore is. Die lewe is toe deur hartmassering en mond-tot-mond-asemhaling in haar geblaas. Daar was gister egter ’n traan by die lag omdat Early Spring, ’n ander perdjie wat Sondagaand gebore is, se gesondheid met die rit na Pretoria skielik versleg het. De Klerk het haastig met Early Spring by ’n veearts probeer uitkom. “Sy is dood terwyl die veearts nog die drup ingesit het,” het De Klerk gesê. Die perdjies gaan Saterdag op die skou om 12:00 en 17.30 vertonings hou. Vier kinderruiters van Vryburg gaan ’n formele ruitervertoning lewer. Hulle gaan die perdjies onder meer bloots oor hindernisse ry. Dié kinders is nege en tien jaar oud. Skougangers kan ook na die perdjies kom kyk en aan speletjies soos driebeen, sakspring en hinderniswedrenne deelneem. Volgens De Klerk word die miniatuurperdjies vir rylesse gebruik omdat kinders minder bang vir hulle is. Op plase word die perdjies en ruiters ook gebruik om ander perde, skape en beeste bymekaar te maak. De Klerk span ook die perdjies in om terapie aan kinders te gee.
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|