Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Aanklaers kry eindelik verhogings
Aug 28 2008 09:46:41:540PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Magdel Fourie


Die nasionale vervolgingsgesag (NVG) het toestemming gekry om “onmiddellik” staatsaanklaers se salarisse met die lang beloofde 10,5% te verhoog.

Dit kom nadat staatsaanklaers landwyd sedert verlede week stille protes aangeteken het oor beroepspesifieke bedelings (BSB) wat tot nou toe nog nie in werking gestel is nie – al is beloof dit sal op 1 Julie verlede jaar gebeur.

Ingevolge ’n ooreenkoms wat vakbonde en die regering verlede jaar onderteken het, behoort alle regslui se salarisse met 10,5% aangepas te word.

Nogtans is dié staatsaanklaers erg ontevrede dat me. Brigitte Mabandla, minister van justisie, dit steeds nie gedoen het nie.

Hulle het onder meer vandeesweek oor middagete buite die hooggeregshof en die landdroshof in Johannesburg betoog om hul misnoeë te wys.

Eergister het adv. Mokotedi Mpshe, waarnemende hoof van die NVG, ’n brief aan al hul werknemers gestuur wat lui dat die nodige geld gekry is vir die instelling van fase een vir almal in die departement van justisie.

Daarvolgens het Mabandla ingestem dat die NVG die salarisaanpassing “onmiddellik” in werking kan stel.

Mnr. Tlali Tlali, NVG-woordvoerder, het dit aan Beeld bevestig.

“Die NVG hét nou die nodige magtiging gekry om die salarisaanpassing in te stel. Dit beteken die nodige stappe daarvoor kan nou gedoen word.”

Dit impliseer onder meer dat dié aanpassing eers in die Staatskoerant gepubliseer moet word. Dit sal na verwagting volgende week gebeur, het hy gesê.

Ook verwys die brief na ’n “konsultasieproses” wat afgehandel moet word voordat die NVG fase een kan instel. Mpshe sê dit verwys na noodsaaklike gesprekke tussen Mabandla, mnr. Trevor Manuel, minister van finansies, en me. Geraldine Fraser-Moleketi, minister van staatsdiens en administrasie.

“Die vertraging tot dusver was weens kommer vanaf die departement van justisie en konstitusionele ontwikkeling dat die NVG nie die BSB moet instel voordat ander in die justisiefamilie in staat was om dit óók te doen nie.

“Terwyl die NVG die geld gehad het om minstens fase een in te stel, het ander dit nié gehad nie,” het Mpshe gesê.

Hy onderneem laastens dat die proses teen middel September afgehandel en in Oktober finaal ingestel sal wees.

’n Staatsaanklaer by die Johannesburgse hooggeregshof het aan Beeld bevestig hulle het die kennisgewing ontvang. “En, ás die geld nou daar is, hoekom kan die aanpassings nie nou dadelik gebeur nie? Waarom die verdere vertraging?”


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |