Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
|||||||||||||||||||||
|
Bybel op jou selfoon vandag op die spel
Dowe mense het spesiale behoeftes. Hul woordeskat is uiteraard baie meer beperk as dié van mense wat nie so ’n probleem het nie omdat taal hoofsaaklik deur gehoor aangeleer word. ’n Gewone Bybel, met baie abstrakte terminologie en passiewe vorme, is vreemd aan die taalgebruik van die gehoorgestremdes. Daarom is, op versoek van die Kerk dat daar in hul spesifieke Bybelbehoeftes voorsien moet word, in 1997 met so ’n vertaling begin. Op 3 Februarie vanjaar is dié splinternuwe vertaling – Die Afrikaanse Bybel vir Dowes – deur die Afrikaanse dowe-gemeenskap in gebruik geneem. Dit is die eerste sodanige Bybel wat direk uit die grondtale vertaal is. Die vertaalspan het bestaan uit proff. D.F. Tolmie, H.J.B. Combrink, J.P. Oberholzer, H.C. van Zyl, C.H.J. van der Merwe, dr. R.P. Hough en mej. E. Roux. Vandag se vraag: Wat word die spesiale Bybel vir dowes genoem? Hoe kan jy deelneem? SMS die woord “Bybel” en jou antwoord na 34595. ’n SMS kos R2. Wat is vandag op die spel? Twee “Bybel op selfoon”-krapkaarte wat toegang verleen tot die aflaai van die Bybel op jou selfoon. Woensdag se wenner: Mnr. Jan Viljoen van Germiston.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|