Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Bulmonument gou ‘by die huis’
Aug 28 2008 09:46:34:963PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Phil Minnaar by die Blou Bul-bronsbeeld wat vanaand by Loftus Versfeld onthul sal word. Foto: Herman Verwey
Sylvia van Zyl


“Mense het my al baie gevra watter beesras die Blou Bul dan nou eintlik is.

“Eerlikwaar kon ek nog nooit vir hulle ’n antwoord gee nie, maar met die maak van hierdie beeld het ek besef dat die Blou Bul ’n gedierte is. Hy is ’n monster in elke Blou Bul ondersteuner se hart.”

Die bekende Pretoriase beeldhouer Phil Minnaar, wie se Blou Bul-bronsbeeld vanaand by Loftus Versfeld in Pretoria onthul gaan word, het gister aan Beeld die geleentheid gegee om voor die groot onthulling die kop van die beeld af te neem.

Die beeld, wat ongeveer twee maande geneem het om te voltooi en sowat 450 kg weeg, sal by die hoofingang van Loftus staanplek inneem.

Beeld het vroeër berig dat Minnaar 70 kleiner weergawes van die bul verkoop het teen R15 000 per beeldjie om geld in te samel vir die skep van die groot beeld.

“Ek het binne die eerste maand 64 van die 70 beeldjies verkoop. Een ou het tot gebel om te hoor hoe oud ek is.

“Toe ek vir hom sê dat ek 62 is, antwoord hy so ewe dat die beeldjie baie waardevol sal wees as ek die dag die emmer skop, so hy sal definitief een koop.

“Gelukkig steur ek my nie veel aan sulke ouens nie. Ek is ’n baie groot Blou Bul-ondersteuner en dit is ’n groot eer om hierdie beeld te kon maak.

“Dit is ’n monument vir die Noord-Transvaal-manne, maar veral vir die onbekende spelers en getroue ondersteuners van die Bulle. Ons sal hulle nooit vergeet nie.”


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |