Gautrein in Beeld
Die Gautrein-projek vorder fluks. Loanna Hoffman het haar kamera byderhand gehad.
Beeld
Tim du Plessis se rubriek
Nzimande spel onheil vir SA se vernielde universiteite.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote


‘Name het g’n politieke bande; hoekom verander?’
Aug 28 2008 09:46:32:370PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Verwante Berigte
  • DA en IVP hof toe oor verandering van dié name
  • Marietie Louw-Carstens


    mlouw1@beeld.com

    Polokwane (Pietersburg). – Kulturele diefstal.

    Dit is waarop naamsverandering neerkom, sê mnr. Johan Willemse van die Afrikaner-kultuurgemeenskap in Limpopo.

    Willemse is hoogs ontstoke oor die beoogde naamsverandering van dorpe soos Groblersdal, Marble Hall en Jane Furse.

    Beeld het berig die Groter Distriksmunisipaliteit van Sekhukhune beplan om Groblersdal se naam na Se-thutlo, Mmitse of Monamodi te verander.

    Marble Hall se naam gaan moontlik na Nyaane verander.

    Mnr. Joseph Kempen, voorsitter van die Marble Hall-sakekamer, het gister gesê die munisipaliteit het hulle nooit eens oor die voorgenome naamsverandering geraadpleeg nie.

    “Die dorp se naam het ontstaan vanweë die marmer wat jare gelede hier ontgin is. Dit het geen politieke verbintenisse nie,” het Kempen gesê.

    Volgens Willemse is Groblersdal genoem na ’n boer, mnr. Willem Grobler, wat ’n gedeelte van sy plaas in die gebied in 1938 gegee het sodat die Olifantsrivier-besproeiingskema daar begin kon word. “Om die naam nou te wil verander is ’n miskenning van ons verlede,” het Willemse gesê.

    Nog ’n naam wat moontlik gaan verander, is Jane Furse. Dié gebied is hernoem na suster Jane Furse wat ’n sendingskool in die 1800’s hier gevestig het. Die plaaslike hospitaal is na haar hernoem.

    Willemse het gesê: “Jane Furse het gegroei uit ’n sendeling se onbaatsugtige werk; hoekom moet dit verander?” Die nuwe naam vir Jane Furse sal Mampuru wees.

    Mnr. Sizwe Yende, woordvoerder van die Groter Distriksmunisipaliteit van Sekhukhune, het gesê afbrekende name in die gebied gaan verander. ’n Studie is deur die munisipaliteit gedoen oor hoekom sekere dorpsname mense aanstoot gee.

    Burgersfort gaan moontlik na Thulare City verander. Nog name wat gaan verander, is Roossenekal, Monsterlus en Leeuwfontein.


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |