Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

DA en IVP hof toe oor verandering van dié name
Aug 28 2008 08:26:10:857PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Dries Liebenberg


Durban. – Die DA en IVP het die eThekwini-munisipaliteit hof toe geneem om die verandering van meer as 100 straatname wat verlede jaar hier ’n storm van protes ontketen het, tersyde te stel.

Die ANC het die naamsveranderings deurgedruk sonder om die publiek behoorlik te raadpleeg of op besware ag te slaan, voer die DA en IVP aan in hofstukke wat by die Durbanse hooggeregshof ingedien is.

Volgens hulle is van die nuwe name bedoel om kwetsend te wees en word daar gewaarsku dat dit geweld tussen ondersteuners van die ANC en IVP kan ontlok.

Die stortvloed van meer as 28 000 voorleggings aan die munisipaliteit wat van die naamsveranderings in Maart verlede jaar ontlok het, is die grootste reaksie wat enige raadsaangeleentheid al in dié stad ontlok het en oorskadu selfs die heftige teenkanting teen die nuwe eiendomsbelastingstelsel, het mnr. John Steenhuisen, DA-koukusleier in die raad, in ’n beëdigde verklaring gesê.

As gevolg van die heftige protes het pres. Thabo Mbeki verlede jaar dr. Pallo Jordan, minister van kultuur, en mnr. Sydney Mufamadi, minister van plaaslike regering, opdrag gegee om in die geskil te bemiddel.

Daar was egter geen vergadering tussen hulle en die DA en IVP nie en ook geen reaksie op die voorleggings van die partye nie, het me. Thembi Nzuza, IVP-koukusleier, in ’n verklaring gesê.

Die jongste hofaansoek kom nadat ’n vorige aansoek deur dié twee partye voordat die raad die veranderings deurgevoer het, van die hand gewys is. In hul jongste aansoek vra die DA en IVP dat twee fases van naamsveranderings tersyde gestel word en dat ’n naamsveranderingsproses van voor af begin.

Die munisipaliteit het tot 15 September om te reageer.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |