Gautrein in Beeld
Die Gautrein-projek vorder fluks. Loanna Hoffman het haar kamera byderhand gehad.
Beeld
Wie het wie verneder?
Weideman het dalk bietjie tee oor haar gekry voor 10 of 20 of 100 mense...

Leserskommentaar onderaan.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote


Verbied vuurwapens vir veiligheid, sê Graca
Aug 28 2008 09:46:30:840PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Mnr. Cyril Ramaphosa, sakeman, en sy vennoot en vriend, mnr. Roelf Meyer, by die Aksie vir 'n Veilige Suid-Afrika-konferensie. Foto: Loanna Hoffmann
Carien du Plessis


Midrand. – Vuurwapens moet verbied word.

So het mev. Graca Machel, president van Unesco se nasionale kommissie en vrou van oudpres. Nelson Mandela, gister gesê.

Sy het gesê sterker optrede moet kom “om mense se koppe te ontwapen”, en dít sluit in om met gewelddadige videospeletjies weg te doen.

“Sommige mense sê ons is ’n gemilitariseerde gemeenskap. Ons is nie gemilitariseerd nie, maar ons is gewapen en heeltyd op ons hoede.

“As ’n ouma wil jy hê jou kind moet veilig wees waar ook al hulle is, in hul skole en in hul werkplekke. Ons moet nie net praat oor dít wat in mense se koppe aangaan nie, maar ook die gevaarlike instrumente uit die hande van baie mense wegneem.”

Machel het gepraat tydens die laaste dag van die Aksie vir ’n Veiliger Suid-Afrika-konferensie, waar sowat 300 organisasies koppe bymekaar gesit het oor hoe misdaad voorkom kan word.

Vroeër tydens die konferensie het me. Barbara Holtmann van die Wetenskaplike Nywerheids- en Navorsingsraad (WNNR) gesê 62% van moorde word met vuurwapens gepleeg.

Altesame 66 vuurwapens word elke dag gesteel of verloor.

Machel het ook gesê mense moet kyk hoekom hul verhoudinge met mekaar so gewelddadig is.

Die familie, skole en kerke moet ’n sentrale rol speel om gemeenskappe te beveilig.

Mnr. Cyril Ramaphosa, bekende sakeman en gewilde ANC-leier, het die geweldsmisdaad in die land ’n “krisis” genoem.

Hy het egter steeds volle vertroue in Suid-Afrika se toekoms. Hier sal nie ’n staatsgreep wees nie, en Suid-Afrika sal ook nie gepootjie word deur dieselfde probleme as ander Afrika-lande nie, het hy gesê.

Suid-Afrikaners het dit in hulle gehad om teen apartheid te veg en oor die Grondwet te onderhandel, en só kan hulle dan ook teen misdaad stry en dit oorwin, het hy gesê.

Mnr. Roelf Meyer, Ramaphosa se sakevenoot en vriend van 15 jaar, het egter gesê dié geweldsmisdaad wat ons nou in die gesig staar, is “ingewikkelder” as die politieke geweld wat hulle in die vroeë 1990’s help bestry het.

Hoewel dit moeiliker gaan wees om dit te bestry kan die poging net so suksesvol soos 15 jaar gelede wees.

Die Vredesakkoord wat hy toe help meebring het, het onder meer na die onderliggende probleme in die gemeenskap gekyk.

Meyer het gesê nog raadpleging gaan binne die volgende 75 dae met ander rolspelers soos vakbonde, die departement van maatskaplike ontwikkeling (wat reeds aangedui het dat hulle wil saamwerk), akademiese instellings en sake-organisasies plaasvind.

Die bevindinge van dié raadpleging sowel as die konferensie sal gepubliseer en in werking gestel word. Die doelwit is om binne drie tot vyf jaar ’n verskil te sien.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |